settings icon
share icon
Vraag

Was Judas Iskariot vergewe/gered?

Antwoord


Die Bybel is duidelik daaroor dat Judas nie gered was nie. Jesus Self het aangaande Judas gesê, “Die Seun van die mens gaan inderdaad sterwe soos daar oor Hom geskrywe staan; maar wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.” (Matt 26:24). Hier is ‘n duidelike beeld van die soewereiniteit van God en die wil van die mens wat saam werk. God het, eeue gelede, bepaal dat Christus deur Judas verraai sou word, aan die kruis sterwe vir ons sondes en weer opgewek sou word. Dit is wat Jesus bedoel het, toe Hy gesê het dat Hy sal gaan, soos dit van Hom geskryf is. Niks sou die plan van God stop om verlossing vir die mensdom te bring nie.

Alhoewel dit alles vooraf beplan was, is dit nie ‘n verskoning vir Judas of om hom vry te maak van straf vir sy aandeel in die drama nie. Judas het sy eie keuses gemaak en hulle was die bron van sy eie verdoemenis. Tog pas die keuses perfek in die soewereine plan van God in. God beheer nie net die goeie nie, maar ook die booshede van die mens om Sy eie planne te bewerk. Hier sien ons dat Jesus vir Judas veroordeel, maar as jy in ag neem dat Judas vir byna 3 jaar saam met Jesus beweeg het, weet ons dat Hy ook vir Judas ruim geleentheid gegee het vir redding en om sy sondes te bely. Selfs ná sy gruwelike daad, kon Judas op sy knieë val om vir god vergifnis te smeek vir sy verraad. Maar hy het nie. Hy mag ‘n angsgevoel van verwyt beleef het, wat gemaak het dat hy die geld terug geneem het na die Fariseërs, maar hy het nooit berou getoon nie, maar eerder verkies om selfmoord te pleeg, die ergste vorm van selfsugtigheid (Matt 27:5-8).

Joh 17:12 sê aangaande Judas, “Toe Ek by hulle was, het Ek hulle in U Naam bewaar, die Naam wat U My gegee het. Ek het hulle beskerm en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die een wat verlore moet gaan, sodat die Skrif vervul kan word.” Een keer egter het Judas geglo dat Jesus ‘n profeet was of moontlik selfs dat Hy die Messias was. Jesus het die dissipels uitgestuur om die evangelie te verkondig en wonders te doen (Luk 9:1-6). Judas was in hierdie groep ingesluit. Judas het geglo, maar dit was nie ‘n ware geloof van verlossing nie. Judas was nooit “gered” nie, maar vir ‘n tydlank was hy ‘n volgeling van Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Was Judas Iskariot vergewe/gered?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries