settings icon
share icon
Vraag

Was Johannes die Doper werklik Elia gereïnkarneerd?

Antwoord


Matt 11:7-14 verklaar, “Toe hulle weggaan, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: ‘Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na ‘n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word? Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ‘n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat deftig aantrek, kry ‘n mens in koninklike paleise. Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ‘n Profeet? Ja, Ek verseker julle, nog meer as ‘n profeet. Dit is hy van wie daar geskrywe staan: ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit; hy sal die pad vir jou regmaak.’ Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie en tog is die geringste in die koninkryk van die hemel groter as hy. Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself ‘n pad oop en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit. Al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer en as julle dit wil aanvaar: Johannes is die Elia wat sou kom. Wie ore het, moet luister.’” Hier haal Jesus aan uit Maleagi 3:1, waar die boodskapper voorkom as ‘n profetiese figuur wat gaan verskyn. Volgens Maleagi 4:5 is hierdie boodskapper “die profeet Elia,” wat Jesus identifiseer as Johannes die Doper. Beteken dit dat Johannes die Doper Elia gereïnkarneerd was? Nee, glad nie.

Eerstens, Jesus se aanvanklike hoorders (en Matteus se aanvanklike lesers) sou nooit vermoed het dat Jesus se woorde na reïnkarnasie verwys nie. Daarbenewens, het Elia nie gesterf nie; hy was opgeneem in die hemel in ‘n warrelwind saam met ‘n wa van vuur met perde (2 Kon 2:11). Om te argumenteer oor ‘n reïnkarnasie (of ‘n opstanding) van Elia, word daardie punt misgekyk. Indien enigiets volgens die profesie van Elia “moet kom” sou dit beskou word as Elia se fisiese terugkoms na die aarde vanuit die hemel.

Tweedens is die Bybel baie duidelik dat Johannes die Doper “Elia” genoem word, omdat hy voor die Here sal uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia (Luk 1:17), nie omdat hy Elia was in die letterlike sin nie. Johannes die Doper is die Nuwe Testament se voorloper wat die pad aangewys het vir die koms van die Here, soos Elia ook die rol vervul het in die Ou Testament en mag hy in die toekoms weer – sien Openbaring 11.

Derdens verskyn Elia self saam met Moses by Jesus se verheerliking op die berg na Johannes die Doper se dood. Dit sou nie gebeur het indien Elia sy identiteit verander het na dié van Johannes s’n nie (Matt 17:11-12).

Vierdens wys Markus 6:14-16 en 8:28 dat beide die mense en Herodus onderskei het tussen Johannes die Doper en Elia.

Laastens, die bewys dat Johannes die Doper nie Elia gereïnkarneerd was nie, kom van Johannes self. In die eerste hoofstuk van die apostel Johannes se evangelie, identifiseer Johannes die Doper homself as die boodskapper van Jes 40:3, nie as die Elia van Maleagi 3:1 nie. Johannes die Doper gaan selfs so ver om spesifiek te ontken dat hy Elia was (Joh 1:19-23).

Johannes het vir Jesus gedoen wat Elia gedoen het vir die koms van die Here, maar hy was nie Elia gereïnkarneerd nie. Jesus het Johannes die Doper geïdentifiseer as Elia, terwyl Johannes die Doper daardie identifikasie verwerp het. Hoe versoen ons hierdie twee met mekaar? Daar is ‘n sleutelfrase in Jesus se identifikasie van Johannes die Doper wat nie misgekyk moet word nie. Hy sê in Matt 11:14,”en as julle dit wil aanvaar: Johannes is die Elia wat sou kom.” Met ander woorde, Johannes die Doper se identifikasie as Elia was nie voorspel dat hy in wese Elia was nie, maar volgens mense se optrede ten opsigte van sy rol. Vir hulle wat gewillig was om in Jesus te glo, het Johannes die Doper gefunksioneer as Elia, want hulle het geglo in Jesus as Here. Vir die godsienstige leiers wat Jesus verwerp het, het Johannes die Doper nie hierdie funksie volgestaan nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Was Johannes die Doper werklik Elia gereïnkarneerd?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries