settings icon
share icon
Vraag

Wat is Jainisme?

Antwoord


Jainisme het gedurende die 6de eeu begin as ‘n hervormingsbeweging binne Hindoeïsme. Dit is gebaseer op die leringe van die stigter, Mahavira. Deur te glo dat ‘n lewe van selfverloëning die weg was om “enlightenment” te verkry, het Mahavira vir 12 jare naak en stom deur Indië gewandel, met swaarkry en mishandeling. Hierna het hy dissipels gebruik om sy nuutgvonde oortuiging te predik. Mahavira was hartstogtelik gekant teen die idee van erkenning of aanbidding van ‘n opperwese. Alhoewel Mahavira ontken het dat enige God of gode bestaan het en aanbid moes word, was hy, soos ander godsdienstige leiers, vergoddelik deur sy latere volgelinge. Hy was genoem die 24ste Tirthankara, die laaste en grootste van die verlosserwesens. Volgens die Jain geskrifte, het Mahavira vanaf die hemel gekom, homself verbind tot geen sonde en deur middel van meditasie en homself van alle aardse begeertes bevry.

Jainisme is ‘n godsdiens van uiterste wettisisme, want iemand verkry sy eie verlossing deur die pad van asketisme (onbuigsame selfverloëning). Daar is geen vryheid in hierdie godsdiens nie, net reëls, primêr die “Five Great Vows”, die afswering van: 1) om lewende dinge dood te maak, (2) leuens te vertel, (3) hebsug, (4) seksuele plesier en (5) wêreldse aanhangsels. Vroue moet dit heeltemal vermy, omdat hulle beskou word as die oorsaak van enige soort boosheid.

Soos alle valse godsdienste, is Jainisme nie versoenbaar met bybelse Christelikheid nie. Eerstens veroordeel die Bybel die aanbidding van enige ander god anders as Jehova, die ware en lewende God. “ Ek is die Here jou God….Jy mag naas My geen ander gode hê nie” (Eks 20:2,3). “Ek is die Here, daar is geen ander nie” (Jes 45:5). Mahavira was geen god nie, maar ‘n mens. Soos alle mense is hy gebore, het hy gesondig en gesterwe. Hy het nie volmaakte sondeloosheid bereik nie. Slegs een Mens het volmaak gelewe, die Here Jesus Christus, Hy was “immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie” (Heb 4:15).

Tweedens, die Bybel maak dit duidelik dat om wette en leringe te volg, selfs daardie van die ware en lewende God, sal nooit uitloop op regverdigmaking wat vir verlossing nodig is nie. “En tog weet ons dat ‘n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo” (Gal 2:16). Die Bybel leer dat redding verkry word uit genade deur geloof in die gestorte bloed van Jesus Christus (Ef 2:8-9), wat ons sonde aan die kruis gedra het, sodat ons Sy regverdigheid kon verwerf. “ Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel, sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Kor 5:21). Jesus verlig die laste van mense, terwyl Jainisme net nog daartoe byvoeg.

Ten einde, twee van Jainisme se “groot geloftes” weerspreek direk die geopenbaarde Woord van God. Alhoewel die vermyding van hebsug, leuens vertellery en wêreldse aanhangsels aan te beveel is,is die vermyding van seksuele plesier, as dit tot die uiterste geneem word, die einde van die mensdom se bestaan. Om die voortbestaan van die menslike generasies op aarde te verseker, het God die gawe van seksuele drang aan ons gegee. Binne die grense van die heilige huwelik, vind die seksuele drang volkome vervulling en die toekoms van ons spesies is verseker (Gen 1:28, 2:24, 9;1). As byvoeging, een van die doktrines van Jainisme is ahimsa, die beletting om enige vorm van lewe te neem. Hierdie weerspreek beide die Ou en Nuwe Testamente waar God diere as voedsel aan die mensdom gegee het (Lev 11 en Hand 10).

Soos alle valse godsdienste, is Jainisme ‘n ander leuen van Satan, wie se begeerte dit is om ons in ‘n stelsel te verstrik wat ons aandag op onsself fokus, ons verstand en gees na binne draai in ‘n poging om onsself waardig te maak deur selfverloëning en die nakom van reëls. Jesus se opdrag is om aan onsself te sterf, vir Hom te lewe en deur Hom, vir ander. Die mislukking van Jainisme om uit te brei na sekere areas van Indië, is die feit dat dit nie die universele nood van die mensdom aanspreek nie. Dit is in sterk kontras met Jesus Christus, wat Sy fokus plaas op universele impak.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Jainisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries