settings icon
share icon
Vraag

Ek is ‘n Hindoe, waarom moet ek dit oorweeg om ‘n Christen te word?

Antwoord


Om Hindoeïsme en Christenskap te vergelyk, is gedeeltelik moeilik, omdat Hindoeïsme ‘n moeilike godsdiens vir Westerlinge is, om aan te gryp. Dit verteenwoordig ‘n ryke geskiedenis en ‘n fyn uitgewerkte teologie. Daar is dalk geen godsdiens in die wêreld wat meer veelkleurig of versier is nie. Om Hindoeïsme en Christendom te vergelyk, kan maklik die proeftyd van mededingende godsdienste oorweldig. Dus moet die voorgestelde vraag versigtig en nederig oorweeg word. Die antwoord wat hier gegee word, gee nie voor om uitgebreid of selfs ‘n “in-diepte”-verstaan van Hindoeïsme op enige spesifieke punt te wees nie. Hierdie antwoord vergelyk ‘n paar punte tussen die twee godsdienste in ‘n poging om te wys hoe Christelikheid spesiale oorweging verdien.

Eerstens, die Christelike godsdiens moet oorweeg word vir sy historiese lewensvatbaarheid. Die Christelikheid het historiese gewortelde karakters en gebeure binne-in sy ontwerp, wat identifiseerbaar is deur forensiese wetenskappe soos argeologie en tekstuele kritisisme. Hindoeïsme het sekerlik ‘n geskiedenis, maar sy teologie, mitologie en geskiedenis is dikwels so saam verdoesel dat dit moeilik word om te identifiseer waar die een stop en die ander begin. Mitologie is openlik verbind met Hindoeïsme, wat fyn uitgewerkte mites bevat en gebruik word om die persoonlikhede en nature van die gode te verduidelik. Hindoeïsme het ‘n sekere buigsaamheid en aanpasbaarheid deur middel van die historiese dubbelsinnigheid. Maar waar ‘n godsdiens nie histories is nie, is dit soveel minder toetsbaar. Dit mag op daardie punt nie vervals voorkom nie, maar dit is ook nie bewysbaar nie. Dit is die letterlike geskiedenis van die Joodse en uiteindelik Christelike tradisie wat die teologie van die Christendom bewys. As Adam en Eva nie bestaan het nie, as Israel nie uit Egipte getrek het nie, as Jona net maar ‘n sinnebeeldige voorstelling was of as Jesus nie op aarde rond gestap het nie, dan kan die algehele Christelike godsdiens potensieel op daardie punte verkrummel. Vir die Christendom sou ‘n bedrieglike geskiedenis ‘n poreuse teologie beteken. Sulke historiese geworteldheid kon ‘n swakheid van die Christelikheid wees, behalwe dat die histories toetsbare dele van die Christelike tradisie so dikwels geldig is, dat die swakheid die sterkte word.

Tweedens, aangesien beide Christelikheid en Hindoeïsme sleutel historiese figure het, is dit net Jesus wat liggaamlik opgestaan het uit die dood. Baie mense in die geskiedenis was wyse leerkragte of het godsdienstige bewegings begin. Hindoeïsme het sy deel van wyse geleerdes en aardse leiers, maar Jesus staan uit. Sy geestelike leringe word bevestig met ‘n toets wat slegs goddelike mag kon deurstaan, sterwe en liggaamlike opwekking – ‘n feit wat Hy geprofeteer het en in Homself vervul het (Matt 16:21; 20:18-19; Mark 8:31; Luk 9:22; Joh 20-21; 1 Kor 15).

Meer nog, die Christelike doktrine van opstanding staan apart van die Hindoe-doktrine van reïnkarnasie. Hierdie twee gedagtes is nie dieselfde nie en dit is slegs die opstanding wat met oortuiging van historiese en bewysende studie afgelei kan word. Die opstanding van Jesus Christus in besonder het aansienlike regverdiging deur eenderse sekulêre en godsdienstige vakkundigheid. Die verifikasie bevestig nie die Hindoe-doktrine of reïkarnasie nie. Let op die volgende verskille:

Opstanding sluit een sterwe, een lewe, een sterflike liggaam en een nuwe onsterflike verheerlikte liggaam in. Opstanding gebeur deur goddelike ingryping, dis monoteïsties, dis ‘n vrymaking van sonde en uiteindelik gebeur dit slegs in die eindtyd. Reïnkarnasie, aan die ander kant, sluit in veelvoudige sterftes, veelvoudige lewens, veelvoudige sterflike liggame en geen onsterflike liggaam nie. Verderaan gebeur reïnkarnasie deur ‘n natuurlike wet, dit is gewoonlik panteïsties (God is alles), opereer op die basis van karma en is altyd werksaam. Natuurlik, deur ‘n lys te maak van die verskille, bewys nie die waarheid van een van die twee verklarings nie. Tog, indien die opstanding histories bewysbaar is,deur dan hierdie twee opsies van lewens hiernamaals van mekaar te onderskei, skei die geregverdigde verklaring van die onregverdige. Die opstanding van Christus en die groter Christelike doktrine van opstanding verdien beide oorweging.

Derdens, die Christelike Skrif is histories uitstaande en verdien ernstige oorweging. In verskeie toetse oortref die Bybel die Hindu Vedas en alle ander antieke boeke van daardie aard. ‘n Mens kon selfs sê dat die geskiedenis van die Bybel so kompeterend is dat, om die Bybel te betwyfel, is om die geskiedenis te betwyfel, want dit is die mees geskiedkundige bewysbare boek van alle antieke tye. Die enigste boek wat histories meer bewysbaar is as die Ou Testament (die Hebreeuse Bybel), is die Nuwe Testament. Let op die volgende:

Meer manuskripte bestaan vir die Nuwe Testament as vir enige ander oudheid – 5000 antieke Griekse manuskripte, 24,000 tesame, insluitende ander tale. Die menigte manuskripte maak ruimte vir reusagtige navorsingsbasis, waarby ons die tekste met mekaar kan vergelyk en identifiseer wat die oorspronklikes gesê het.

Die manuskripte van die Nuwe Testament is nader aan ouderdom ten opsigte van die oorspronklikes, as wat enige ander antieke dokument is. Al die oorspronklikes was geskrywe binne die tyd van ooggetuies, in die eerste eeu nC en ons het tans dele van die manuskrip so oud as 125 nC. Volledige boekkopieë verskyn teen 200 nC en die volledige Nuwe Testament dateer terug tot 250 nC. Deur al die boeke van die Nuwe Testament aanvanklik te skryf binne die tye van ooggetuies, beteken dat hulle nie tyd gehad het om in mite en volksoorleweringe te verval nie. Plus, hul getroue bewerings was as toerekenbaar gesien, deur kerklidmate, wat as persoonlike getuienisse van die gebeure opgetree het en die feite kon kontroleer.

Die Nuwe Testamentiese dokumente is meer akkuraat as enige ander antiekheid. John R. Robinson in “Honest to God” rapporteer dat die Nuwe Testamentiese dokumente 99.9% akkuraat is (meer akkuraat as enige volledige antieke boek). Bruce Metzger, ‘n deskundige in die Griekse Nuwe Testament, stel ‘n meer matige 99.5%.

Vierdens, het Christelike monoteïsme voordele oor panteïsme en politeïsme. Dit sou nie regverdig wees om Hindoeïsme as slegs panteïsties (“God is alles”) of slegs politeïsties (om baie gode te hê) te karakteriseer nie. Afhangende van die stroom van Hindoeïsme ten opsigte van wat toegeskryf word, kan ‘n mens panteïsties, politeïsties, monisties (“alles is een”), monoteïsties of ‘n klomp ander opsies wees. Daar is egter twee sterk strome binne-in Hindoeïsme: politeïsme en panteïsme. Christelike monoteïsme het voordele getoon oor beide van hierdie. As gevolg van ruimtelike oorwegings, word hierdie 3 wêreldsienings hier vergelyk ten opsigte van slegs een punt, etiese waardes.

Beide politeïsme en panteïsme het ‘n basis waarvan hul etiek bevraagteken word. Met politeïsme, waar daar baie gode is, watter god het dan die hoogste etieke standard wat die mens moet onderhou? Waar daar meervuldige gode is, bring hul etiese stelsels óf nie konflik óf bestaan nie. As hulle nie bestaan nie, dan is etieke waardes uitgedink en ongegrond. Die swakheid van daardie posisie is klaarblyklik. Indien die etiese stelsels nie in konflik is nie, op watter beginsel stem hul ooreen? Wat ookal daardie opgestelde beginsel is, sou meer uitstaan as die gode. Die gode is nie primêr nie, aangesien hulle aan ‘n ander soort outoriteit beantwoord. Dus is daar ‘n hoër realiteit wat ‘n mens moet aanhang. Hierdie feit laat lyk politeïsme vlak, indien nie leeg nie. Die derde opsie, indien die gode in konflik staan met hul standaarde van reg en verkeerd, beteken dit om een God te gehoorsaam en om ‘n ander ongehoorsaam te wees, riskant is en straf in die gesig staar. Etiek sou relatief wees. Wat vir een god goed is, sou nie noodwendig “goed” wees in ‘n objektiewe en universele sin nie. Byvoorbeeld, om jou kind aan Kali te offer, sal vir een stroom van Hindoeïsme aanvaarbaar wees, maar onversoenbaar vir baie ander. Maar sekerlik, kinderofferande, as sulks, is verwerplik, ongeag. Sommige dinge vir watter rede of skyn ookal, is reg of verkeerd, ongeag.

Panteïsme doen nie veel beter as politeïsme nie, aangesien dit verklaar dat daar slegs een ding is – een goddelike realiteit – sodoende word enige uitstaande onderskeidings van “goed” en “kwaad” nie toegelaat nie. As “goed” en “kwaad” regtig verskil het, dan sou daar net een enkele, ondeelbare realiteit wees. Panteïsme by uitstek laat geen morele onderskeidings van “goed” en “kwaad” toe nie. Goed en kwaad ontbind in dieselfde ondeelbare realiteit. En selfs as sulke onderskeidings soos goed en kwaad gemaak kon word, sal die konteks van karma die morele konteks van daardie onderskeiding ongeldig maak. Karma is ‘n onpersoonlike beginsel, baie soos ‘n natuurlike wet soos gravitasie of bewegingloosheid. As karma enige sondige siel beïnvloed, is dit nie ‘n goddelike vergelding wat straf bring nie, eerder ‘n onpersoonlike reaksie uit die natuur. Maar moraliteit benodig persoonlikheid – persoonlikheid wat karma nie kan gee nie. Byvoorbeeld, ons blameer nie ‘n stok wat gebruik word om mee te slaan nie. Die stok is ‘n voorwerp met geen morele kapasiteit of plig nie. Ons blameer eerder die persoon wat die stok gebruik het vir mishandeling. Daardie persoon het ‘n morele kapasiteit en ‘n morele plig. Soortgelyk, as karma grootliks ‘n onpersoonlike natuur het, dan is dit immoreel (“sonder moraliteit”) en dit is nie ‘n voldoende basis vir etiese waardes nie.

Christelike monoteïsme egter se etiek is gewortel in die persoon van God. God se karakter is goed en wat na Hom gekonformeer is en Sy wil is goed. Wat van God afwyk, Sy wil is boos. Dus, die een wat God dien as die absolute basis vir etiek, laat ‘n persoonlike basis vir moraliteit en objektiewe kennis oor goed en kwaad toe, deur dit te regverdig.

Vyfdens bly die vraag: “Wat doen jy met jou sonde?” Die Christendom het die sterkste antwoord vir hierdie probleem. Hindoeïsme, soos Boedhisme, het ten minste twee gedagtes aangaande sonde. Sonde word soms verstaan as onkunde. Dit is sonde as jy nie realiteit sien of verstaan soos Hindoeïsme dit definieer nie, maar daar bly ‘n siening van ‘n morele oortreding in terme van “sonde.” Om met opset sonde te doen, om ‘n geestelike of aardse wet te oortree of om verkeerde goed te begeer, sou sonde wees. Maar daardie morele definisie van sonde wys na ‘n morele oortreding wat ware versoening vereis. Vanwaar kan versoening kom? Kan dit kom deur te klou aan karmiese beginsels? Karma is onpersoonlik en immoreel. Jy kan goeie werke doen om die “balans gelyk” te maak , maar jy kan nie vir ewig sonde afskud nie. Karma voorsien nie eers ‘n konteks waar morele oortredings moreel raak nie. Vir wie het ons beledig as ons in privaatheid sondig, byvoorbeeld? Karma gee geensins om, want dit is nie ‘n persoon nie. Bv., iemand maak ‘n ander man se seun dood, dan kan hy geld aanbied, eiendom of selfs sy eie seun, maar hy kan nie die jong man weer lewendig teruggee nie. Geen bedrag van vergoeding kan vir daardie sonde opmaak nie. Kan versoening verkry word deur gebed of toewyding aan ‘n Shiva of Vishnu? Selfs al bied daardie karakters vergifnis, sal dit steeds sonde bly - onbetaalde skuld. Hul sou sonde vergewe asof dit verskoonbaar is en dan mense so lei deur die hekke van saligheid.

Christelikheid egter, handel met sonde as ‘n morele oortreding teen ‘n enkele, allerhoogste en persoonlike God. Sedert Adam se tyd is die mensdom sondige wesens. Sonde is waar en dit plaas ‘n eindelose gaping tussen die mens en saligheid. Sonde vra vir geregtigheid. Dit kan nie “uitgebalanseer” word met goeie werke nie. As iemand tien keer meer goeie werke as slegte werke het, dan het daardie een steeds kwaad op haar of sy gewete. Wat gebeur met hierdie oorblywende sondige werke? Word dit vergewe asof dit nooit belangrik was nie? Word hul toegelaat in die saligheid? Is hulle merendeels illusies en geen probleem hoegenaamd nie? Nie een van hierdie opsies pas nie. Rakende illusie, sonde is waar en kan nie as illusie bestempel word nie. Rakende sondigheid, as ons eerlik met onsself is, weet ons dat ons sondig. Rakende vergifnis, om eenvoudig sonde te vergewe teen geen koste nie, lyk asof sonde geen gevolge het nie. Ons weet dat dit vals is. Rakende verlossing (saligheid), dit is nie goed as sonde steeds ingesmokkel word nie. Dit wil voorkom asof karma ons laat met sonde in ons harte en ‘n suspisie dat ons ‘n hoë standaard van reg en verkeerd oortree. En die saligheid kan ons ook nie verkry nie of saligheid moet volmaaktheid verwerp, sodat ons kan ingaan.

Met die Christendom is dit so, dat alle sonde egter gestraf word. Daardie straf is egter afgehandel deur Christus se persoonlike offerdood aan die kruis. God word mens, het ‘n volmaakte lewe gelei en het die dood gesterf, wat ons verdien het. Hy word as ons gekruisig, in ons plek, en ‘n versoening vir ons sondes. En Hy is opgewek en daardeur het Hy bewys dat selfs nie die dood Hom kon oorwin nie. Verderaan, Hy beloof dieselfde opstanding tot die ewige lewe vir almal wat in Hom glo, as hul eie Heer en Verlosser (Rom 3:10, 23; 6:23; 8:12; 10:9-10; Ef 2:8-9; Fil 3:21).

Ten slotte, as geredde kinders van God, weet ons dat ons verlos is. Ons hoef nie te steun op enige soort gebeurlikheid nie, ook hoef ons nie staat te maak op ons goeie werke of ywerige meditasie nie, ook plaas ons nie ons geloof in ‘n valse god, wat ons probeer glo, iewers bestaan nie. Ons het ‘n lewende en ware God, ‘n geankerde geloof, ‘n blywende en toetsbare openbaring van God (Die Skrif), ‘n teologiese bevredigende fondament vir ‘n etiese leefwyse en ‘n gewaarborgde woning in die hemel saam met God.

Dus, wat beteken dit vir jou? Jesus is die hoogste realiteit! Jesus was die volmaakte offer vir ons sondes. God skenk aan ons almal vergifnis en redding as ons net eenvoudig Sy geskenk wil aanvaar (Joh 1:12), om te glo dat Jesus die Verlosser is, wat Sy lewe vir ons afgelê het – ons, Sy vriende. As jy jou geloof in Jesus plaas as jou eie Verlosser, sal jy volkome sekerheid hê van die ewige saligheid in die Hemel. God sal jou sondes vergewe, jou reinig, jou gees nuut maak, jou oorvloedige lewe in hierdie wêreld gee en ewige saligheid in die lewe hierna. Hoe kan ons so ‘n kosbare geskenk verwerp? Hoe kan ons ons rug draai op God wat ons só liefgehad het om Homself vir ons as offerande te gee?

As jy onseker is oor wat jy glo, nooi ons jou om die volgende gebed tot God te bid: “Here God, help my om te weet wat die waarheid is. Help my om te onderskei wat verkeerd is. Help my om die regte pad na verlossing te ken.” God sal altyd so ‘n gebed eer.

As jy vir Jesus as jou Verlosser wil aanneem, praat net met God, in woorde of saggies en vertel Hom dat jy die geskenk van verlossing deur Jesus aanvaar. As jy ‘n gebed wil bid, hier is ‘n voorbeeld: “Here God, dankie vir U liefde vir my. Dankie vir U offerande vir my. Dankie vir U voorsiening vir my vergifnis en redding. Ek aanvaar die geskenk van verlossing deur Jesus Christus. Ek neem Jesus aan as my Verlosser. Amen!”



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Ek is ‘n Hindoe, waarom moet ek dit oorweeg om ‘n Christen te word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries