settings icon
share icon
Vraag

Hoe lyk God?

Antwoord


"God is Gees" (Joh 4:24) en dus is Sy voorkoms nie iets wat ons kan beskryf nie. Eks 33:20 sê, "Vir My kan jy nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie." As sondige menslike wesens, is ons nie by magte om God in al Sy heerlikheid te sien nie. Sy voorkoms is heeltemal onbegryplik en te wonderbaarlik om met gerusstellendheid deur 'n sondige mens verwerk te word.

Die Bybel beskryf God se voorkoms aan mense, by verskeie geleenthede. Hierdie oomblikke moenie verstaan word as beskrywend van wat God se voorkoms presies is nie, maar eerder hoe God Homself op 'n sekere wyse openbaar, sodat ons kan verstaan. Hoe God lyk, is nie binne ons vermoë om te verstaan of te beskryf nie. God gee vlugtige kyke na hoe Hy lyk, om vir ons waarhede oor Homself te leer, nie noodwendig dat ons 'n beeld van Hom in ons kan dra nie. Twee gedeeltes wat God se ongelooflike voorkoms kragtig beskryf, is Eseg 1:26-28 en Openbaring 1:14-16.

Eseg 1:26-28 verklaar, "Bokant die gewelf bo hulle koppe was daar iets soos saffier met die vorm van 'n troon en daarop was 'n gestalte met die voorkoms van 'n mens, hoog daarbo. Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan boontoe, het dit vir my gelyk na die glans van gloeiende metaal, na iets soos vuur met 'n rand rondom en van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, het dit vir my gelyk na vuur met 'n helder glans rondom. Die glans rondom was soos dié van die reënboog in 'n wolk na die reën. Dit was soos die magtige verskyning van die Here." Openbaring 1:14-16 beweer, "Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu en sy oë het soos vuur gevlam. Sy voete was soos geelkoper wat in 'n smeltoond gloei en sy stem soos die gedruis van 'n groot watermassa. In sy regterhand het hy sewe sterre gehad en 'n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom. Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn."

Hierdie gedeeltes verteenwoordig Esegiël en Johannes se beste pogings as dit kom by die beskrywing van God se voorkoms. Hulle moes simboliese taal gebruik, aangesien menslike taal nie oor daardie regte woorde beskik nie: "wat voorgekom het soos," "soos die voorkoms," "hy het gelyk soos," ens. Ons weet dat wanneer ons in die hemel kom, ons Hom werklik sal sien: 1 Joh 3:2: "Ons sal Hom sien soos Hy werklik is." Daar sal nie meer sonde wees nie en ons sal in staat wees om God in al Sy heerlikheid te kan aanskou.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe lyk God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries