settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat God ewig is?

Antwoord


Die word "ewig" beteken "ewigdurend, sonder begin en geen einde." Ps 90:2 praat van God se ewigdurendheid: "Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!" Vandat mense alles in terme van tyd meet, is dit vir ons baie moeilik om iets te begryp wat geen begin gehad het nie, maar vir altyd daar was en vir ewig sal bestaan. Tog probeer die Bybel nie om God se bestaan of Sy ewigdurendheid te bewys nie, maar dit begin slegs met dié stelling, "In die begin het God…" (Gen 1:1). Dit dui aan dat aan die begin, vandat tyd gedokumenteer is, God alreeds daar was. Vanaf voortduring wat terugwys, sonder beperking tot voortduring wat vorentoe strek, sonder beperking, van ewige eeue tot ewige eeue, was God en is vir ewig.

Toe Moses deur God afgevaardig is om na die Israeliete te gaan met 'n boodskap van Hom af, het Moses gewonder wat hy vir hulle sou sê, indien hulle sou vra wat God se Naam was. God se antwoord openbaar alles: "Toe sê God vir Moses: EK IS WAT EK IS. Jy moet vir die Israeliete sê: EK IS het my na julle toe gestuur" (Eks 3:14). Hierdie onderstreep die ware wese van God, Sy selfbestaan en dat Hy die Wese van wesens is. Dit beskryf ook Sy onverganklikheid en onveranderlikheid, sowel as Sy standvastigheid en getrouheid in die vervulling van Sy beloftes, omdat dit alle tye insluit, verlede, hede en toekoms. Die sin daarvan is, Ek is nie net wat Ek is op hierdie oomblik nie, maar Ek is wat Ek was en Ek is wat Ek sal wees en sal wees wat Ek is. God se eie woorde aangaande sy onverganklikheid praat met ons vanuit die Skrif.

Jesus Christus, vleesgeworde God, het ook Sy goddelikheid en Sy onverganklikheid aan die mense van Sy tyd gestand gedoen, deur te verklaar, "Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat EK IS" (Joh 8:58). Dit is duidelik dat Jesus verklaar het dat Hy God in die vlees is, omdat die Jode, na aanhoor van hierdie stelling, probeer het om Hom dood te maak . Volgens die Jode was dit godslastering en die dood waardig, deurdat iemand beweer dat hy God was (Lev 24:16). Jesus het daarop aanspraak gemaak dat Hy ewig is, netsoos Sy Vader. Die apostel Johannes het ook hierdie waarheid aangaande die natuur van Christus verklaar: "In die begin was die Woord daar en die Woord was by God en die Woord was self God" (Joh 1:1). Jesus en die Vader is een in wese, hulle bestaan is tydloos (sans time) en hulle deel gelykop in die eienskap van onverganklikheid.

Rom 1:20 sê dat God se ewige natuur en Sy ewige mag aan ons openbaar word deur Sy skepping. Alle mense sien en verstaan hierdie aspek van God se natuur, deur die verskeie aspekte van die skeppingsorde waar te neem. Die son en die hemelliggame gaan eeu na eeu voort in hul bane. Die seisoene kom en gaan volgens hul spesifieke tye; die bome produseer blare in die lente en verloor dit in die herfs. Jaar na jaar gaan hierdie dinge voort en niemand kan hulle stop of God se plan verander nie. Al hierdie dinge getuig van God se ewige mag en plan vir die aarde. Eendag sal Hy 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep en hulle sal, soos Hy, voortgaan tot in ewigheid. Ons wat aan Christus behoort deur geloof, sal ook tot in ewigheid aangaan en van die onverganklikheid van God, na Wie se beeld ons geskep is, deel word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat God ewig is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries