settings icon
share icon
Vraag

Is die Doodskleed van Turyn outentiek?

Antwoord


Die Doodskleed van Turyn is ‘n linnekleed en sommige mense glo dat dit die kleed van Jesus Christus is, waarin Hy begrawe was. Elkeen van die vier Evangelies noem dat Jesus toegedraai en begrawe was in linne (Matt 27:59, Markus 15:46, Lukas 23:53, Joh 19:40). Die Doodskleed van Turyn was “ontdek” of ten minste bekend gemaak gedurende die 14de eeu nC. Die Doodskleed van Turyn is vernoem na die stad waar dit gehou word – Turyn, Italië.

Hier is ‘n webblad waar ‘n paar foto’s gesien kan word: http//www.shroud.com/examine.htm.

Volgens ondersoeke lyk dit asof die Doodskleed van Turyn wel dié van ‘n gekruisigde was. Daar is merke in die hande en voete wat ooreenstem met die wonde wat veroorsaak is as gevolg van kruisiging. Daar is ook wonde wat lyk asof dit ooreenstem met wat beskryf word in Jesus se marteling, rondom die kop, rug en bene. Is die Doodskleed van Turyn die kleed waarin Jesus Christus begrawe was? Daar is baie debat rondom die outentiekheid daarvan. Sommige is absoluut oortuig dat dit die begrafnisdoek van Christus is. Ander glo dat dit ‘n versinsel of ‘n kunswerk is. Daar was ‘n paar toetsdatums wat die Doodskleed van Turyn dateer in die 10de eeu vC of later. Ander toetse vind spore/stuifmeel wat algemeen aan Israel is en wat kon dateer in die eerste eeu nC. Maar daar is geen afdoende datum aan enige kant nie.

Saam met die arumentering teen die outentiekheid van die Doodskleed van Turyn is die Bybel se tekort aan getuienis vir so ‘n begrafniskleed. Soos vroeër genoem, praat die Bybel van ‘n hele stuk linne wat gebruik was om Jesus se liggaam van die kruis af te haal. Hierdie linne was waarskynlik ook gebruik om die liggaam te vervoer na Josef van Arimathea se nabye graf. By die graf was daar haastige voorbereidings getref vir die begrafnis; dit sou insluit die was van die liggaam en die finale toedraai daarvan. Lukas 24:12 praat van “doeke.”Hierdie doeke (meervoud) word twee maal in Joh 20:5-6 genoem. En Joh 20:7 noem “ook die doek wat om Jesus se kop was.” Hierdie beskrywing van die begrafnisklere – “doeke” van linnelap, eerder as een groot stuk; en ‘n aparte doek vir die kop – lyk asof dit die egtheid van die Doodskleed van Turyn bevraagteken.

Dus, wat maak ons met die bevinding rakende die Doodskleed van Turyn? Dit mag moontlik die doodskleed wees van ‘n gekruisigde man, maar dit is nie waarskynlik dat dit enige verband hou met die dood van Christus nie. Selfs al was dit die oorspronklike doodskleed van Christus, moet die Doodskleed van Turyn nie aanbid word of bewonder word nie. As gevolg van die twyfelagtige aard van die Doodskleed van Turyn, kan dit nie gebruik word as bewysstuk vir die opstanding van Christus nie. Ons geloof word nie geanker op hierdie kleed nie, maar op die geskrewe Woord van God.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die Doodskleed van Turyn outentiek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries