settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor prostitusie? Sal God ‘n prostituut vergewe?

Antwoord


Prostitusie word dikwels gesien as die “oudste professie.” Dit is wel so dat dit altyd nog die algemeenste manier vir vroue was om geld te maak, selfs in Bybelse tye. Die Bybel sê vir ons dat prostitusie onsedelik is. Spreuke 23:27-28 sê, “’n slegte vrou is soos ‘n gevaarlike afgrond, ‘n ander man se vrou is soos ‘n put waaruit jy nie kan kom nie; sy lê op die loer soos ‘n rower, sy laat die een man na die ander ‘n egbreker word.”

God verbied betrokkenheid met prostitute, omdat Hy weet dat dit nadelig is vir beide mans en vrouens. “Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie, maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard. Haar pad is dié van die dood, elke stap saam met haar bring die ondergang nader” (Spreuke 5:3-5).

Prostitusie verwoes nie net huwelike, families en lewens nie, maar vernietig die gees en siel op ‘n wyse wat lei na fisiese en geestelike dood. God se begeerte is dat ons rein bly en ons liggame gebruik as werktuie tot Sy eer en in Sy diens (Rom 6:13). 1 Kor 6:13 sê, “’n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is.”

Alhoewel prostitusie ‘n sonde is, is prostitute nie benede God se omvang van vergifnis nie. Die Bybel vertel van Sy gebruik van die prostituut, Ragab, om Sy plan verder te vervul. As gevolg van haar gehoorsaamheid, is sy en haar familie beloon en geseënd (Jos 2:1; 6:17-25). In die Nuwe Testament het ‘n vrou, wat bekend was as ‘n seksuele sondaar - voordat Jesus haar vergewe en van sonde gereinig het – ‘n geleentheid gegun om Jesus te dien, terwyl Hy in die huis van ‘n Fariseër gekuier het. Die vrou wat Christus erken het vir wie Hy is, het ‘n bottel met duur parfuum na Hom gebring. In rou en belydenis het die vrou gehuil en die parfuum op Sy voete uitgegooi en dit met haar hare afgedroog. Toe die Fariseërs Jesus kritiseer omdat Hy die liefdesdaad van die “sedelose” vrou aanvaar het, het Hy hulle bestraf en die vrou se aanbidding aanvaar. As gevolg van haar geloof, het Christus al haar sondes vergewe en sy is in Sy Koninkryk verwelkom (Luk 7:36-50).

Wanneer Jesus met hulle, wat geweier het om die waarheid oor Homself te glo, gepraat het, het Jesus Christus gesê, “Dit verseker Ek julle: Tollenaars en prostitute gaan eerder as julle in die koninkryk van God in. Johannes het gekom om julle die regte pad te wys en julle het hom nie geglo nie, maar tollenaars en prostitute het hom geglo. Maar selfs toe julle dit sien, het julle nie agterna berou gekry en hom geglo nie” (Matt 21:31-32).

Netsoos enigiemand anders het prostitute die kans om redding te ontvang en die ewige lewe van God, om gereinig te word van hul ongeregtigheid en ‘n nuwe lewe te ontvang! Al wat hulle moet doen, is om weg te draai van hul sondige leefstyl en na die lewende God te kom, Wie se genade en barmhartigheid geen perke ken nie. “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom! (2 Kor 5:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor prostitusie? Sal God ‘n prostituut vergewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries