settings icon
share icon
Vraag

Wie was Asjera?

Antwoord


Asjera of Astarte was die naam van die hoof vroulike godheid wat in die antieke Sirië, Fenisië en Kanaän aanbid was. Die Fenisiërs het haar Astarte genoem, die Assiriërs het haar aanbid as Ishtar en die Fillistyne het ‘n tempel vir Asjera (Astarte) gehad (1 Sam 31:10). As gevolg van Israel se onvoltooide verowering van die land Kanaän, het Asjera-aanbidding oorleef en Israel geteister, wat kort na Josua se dood begin het (Rigters 2:13).

Asjera was voorgestel deur ‘n boomstomp sonder ledemate, geplant in die grond. Die stomp was gewonlik gekerf in ‘n simboliese voorstelling van die godin. As gevolg van die assosiasie met uitgekerfde bome, was die plekke van Asjera-aanbidding gewoonweg “groves”(bosse) genoem en die Hebreeuse woord “asherah” (meervoud, “asherim”) kon verwys na die godin of na ‘n bos van bome. Een van koning Manasse se bose dade was dat hy “die Asjerabeeld laat maak het” en dit “opgestel binne- in die tempel” (2 Kon 21:7). ‘n Ander vertaling van “carved Asherah pole” is “graven image of the grove” (KJV).

Beskou as die maangodin, was Asjera dikwels uitgebeeld as ‘n metgesel van Baäl, die songod (Rigters 3:7, 6:28, 10:6, 1 Sam 7:4, 12:10). Asjera was ook aanbid as die godin van liefde en oorlog en was soms verbind met Anat, ‘n ander Kanaänitiese godin. Aanbidding van Asjera was bekend vir die sensualiteit en daarmee saam die rituele prostitusie. Die priesters en priesteresse van Asjera het ook waarsêery en fortionvertellery beoefen.

Die Here God het deur middel van Moses die aanbidding van Asjera verbied. Die Wet het gespesifiseer dat ‘n gewyde paal nie naby die altaar van Jehova toegelaat word nie (Deut 16:21). Ten spyte van God se duidelike instruksies was Asjera-aanbidding ‘n aanhoudende probleem in Israel. Toe Salomo in afgodsdiens verval het, was een van die heidense gode wat hy in die koninkryk van Asjera ingebring het, genoem “die godin van die Sidoniete” (1 Kon 11:5,33). Later het Isebel die Asjera-aanbidding selfs meer heersend gemaak, met 400 profete van Asjera op die koninklike betaallys (1 Kon 18:19). By tye het Israel herlewing getoon en merkwaardig te velde getrek teen teen Asjera-aanbidding, gelei deur Gideon (Rigters 6:25-30), koning Asa (1 Kon 15:13), en Koning Josia (2 Kon 23:1-7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was Asjera?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries