settings icon
share icon
Vraag

Wat is die betekenis van “yster slyp yster”?

Antwoord


Die frase “yster slyp yster” word gevind in Spreuke 27:17: “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.” Daar is wedersydse voordeel as twee lemme saam geskuur word; die lemme raak skerper en dit maak die messe meer effektief in hul taak om te sny. Netsoos die Woord van God ook “‘n swaard met twee snykante” (Heb 4:12) en dit is waarmee ons mekaar moet slyp – gedurende tye van byeenkoms, geselskap of enige ander interaksie.

Die Spreukeskrywer dui ook die behoefte aan om met mekaar te kuier. Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie, want die Here God het dit gesê al voor die val in die tuin van Eden (Gen 2:18). Hoeveel te meer dan, ná die val van die mens, is dit nie nodig dat ons as broers en susters in Christus bymekaar moet kom vir seisoene van interaksie en gebed nie. Duidelik was dit erken deur die heiliges van die vroeë kerk (Hand 2:42-47). Hulle het hulself toegewy aan onderrig, byeenkomste, Nagmaalsviering en gebed – alle korporatiewe aktiwiteite wat voorsiening gemaak het vir geleenthede om mekaar te slyp. Die resultaat was dat hulle met “verbasing gevul” was en as hulle bymekaargekom het, het hulle God geloof vir die guns om mekaar so te ontmoet.

Daar is twee punte om te maak in verband met die bostaande spreuk. Eerstens is die ontmoeting van twee in die Here se naam altyd ‘n gewaarborgde seën. Dit is ‘n genadegawe wat die Here Self belowe het – waar twee of meer in Sy Naam vergader, daar sal Hy tussen hulle wees (Matt 18:20). Ook in Maleagi sien ons soortgelyke betekenis:hulle wat die Here gevrees het, het met mekaar gepraat en die Here het geluister (Maleagi 3:16). As ons in Christelike byeenkomste mekaar slyp, sal die Here luister vanuit die hemel en dit maak Hom bly. Nie een woord aangaande Hom wat tot Sy eer is, ontglip Hom nie.

Die geure van goddelike “eenheid” kom die beste na vore in die verhouding van Dawid en Jonatan, seun van Saul. Toe Dawid deur Saul vervolg word, het Jonatan vir Dawid gesoek “en hom bemoedig in sy vertroue op God” (1 Sam 23:16), wat ons tot die tweede punt lei: Yster wat yster slyp is ‘n geleentheid om die Wet van Christus te vervul. Paulus sê dat ons die laste wat ons daagliks in die gesig staar moet dra en deel, berou hê oor persoonlike sonde, advies vind oor hoe om die beste daaroor te treur en oor die oorwinning ons te verbly. Dit is dieselfde “koninklike wet” wat in Jak 2:8 genoem word, waar ons aangespoor word om mekaar lief te hê.

Om terug te keer na die analogie: as ‘n mes stomp is, bly dit nog steeds ‘n mes, alhoewel dit minder effektief en bruikbaar is. Laat ons dus bemoedig wees om meer tyd saam te spandeer, vermaan, bemoedig, saam bid, teregwys, God se Woord deel, bid oor God se Woord en die behoeftes in ons plaaslike kerk, sodat ons skerper word in die bediening wat die Here aan elkeen van ons toebedeel het. Té dikwels, wat deurgaan as geestelike samekomste in die modern kerk, is gesentreer rondom voedsel en genot, nie om mekaar te slyp nie

Uitendelik is dit so dat ‘n mes wat geslyp is, meer sal blink, aangesien die dofheid van die oppervlak afgeskuur is. So sal ons ook meer skyn vir ons Here, as ons die bogenoemde dinge aanhou doen, wat ons in harmonie sal saam snoer. “Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon” (Ps 133:1). Dus, as die skrywer van Hebreërs sê, : “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom” (Hebr 10:24-25).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die betekenis van “yster slyp yster”?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries