settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek meer soos Christus word?

Antwoord


Om al meer soos Christus te word, is die begeerte van elke gelowige en dit is bemoedigend om te weet dat God dieselfde vir ons begeer. Dit is ‘n feit dat die Bybel sê dat God “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun” (Rom 8:29). Om ons soos Christus te maak, is God se werk en Hy sal dit deurvoer tot die einde toe (Fil 1:6).

Die feit dat God ons egter wil verander om soos Christus te wees, beteken nie dat ons gemaklik terug kan sit en in die hemel ingedra word nie. Die proses vra ons vrywillige samewerking saam met die Heilige Gees. Dit vereis beide goddelike krag en die vervulling van die menslike verantwoordelikheid.

Daar is drie dinge wat bydra tot ons begeerte om meer soos Christus te wees: ons oorgawe tot God, ons bevryding van sonde en ons geestelike groei.

1) Om meer soos Christus te word, is die resultaat van oorgawe aan God. Rom 12:1-2 sê dat aanbidding ‘n totale self-toewyding aan God behels. Ons liggame word gewy as “lewende offerandes,” en ons denke word vernuwe en getransformeer.

Toe Jesus gesê het, “Volg My,” het Levi sy geldtafels onmiddellik gelos (Mark 2:14); sodoende gee ons alles wat ons het, oor vir die saak, om die Here te volg. Soos Johannes die Doper gesê het, “Hy moet meer word en ek minder” (Joh 3:30), dus fokus ons meer en meer op Jesus en Sy verering, deur onsself in Sy wil te verloor.

2) Om al meer soos Christus te word, is die resultaat daarvan om vrygemaak te wees van sonde. Aangesien Jesus sonder sonde was, hoe meer beskou ons onsself as “dood vir die sonde” (Rom 6:11) en lewe ‘n rein lewe, al meer soos Jesus. Soos ons onsself aan God toewy, is sonde nie langer ons baas nie en is ons duideliker met Christus geïdentifiseer (Rom 6:1-14).

Jesus nooi ons om Hom te volg en ons het Sy voorbeeld van gehoorsaamheid (Joh 15:10), opofferende liefde (Joh 15:12-13) en geduldige lyding (1 Pet 2:19-23). Ons het ook die voorbeeld van die dissipels, wat Christus nagevolg het (1 Kor 11:1).

As dit kom by weerhouding van sonde in ons lewens, het ons goddelike hulp: loof die Here vir God se Woord (Ps 119:11), die intersessie van Christus (Rom 8:34; Heb 7:25), en die krag van die Gees wat in ons woon (Rom 8:4; Gal 5:16)!

3) Om meer soos Christus te word, is die resultaat van Christelike groei. Toe ons die eerste keer gered is, is ons onvolwasse in wysheid en kennis en ongeoefen in genade en liefde. Maar toe groei ons. In elkeen van hierdie dinge, is ons aanval om sterker te word – en meer soos Christus. “Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus” (2 Pet 3:18). “En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak” (1 Tess 3:12).

Op hiérdie oomblik werk God in ons: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is” (2 Kor 3:18). Eendag sal die proses egter voltooi wees: “maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees” (1 Joh 3:2). Die belofte om in die toekoms ten volle soos Christus te wees, is op sigself ‘n motivering om nou meer soos Christus te word: “Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is” (1 Joh 3:3).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek meer soos Christus word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries