settings icon
share icon
Vraag

Ontvang ons wonings in die hemel?

Antwoord


Die nag voordat Jesus gekruisig was, het Hy Sy dissipels vertel dat Hy hulle sou velaat en dat hulle nie saam met Hom kon gaan nie (Joh 13:33). Petrus het gevra waarheen Hy gaan en waarom hulle nie kon saamgaan nie en Jesus het hulle verseker dat hulle uiteindelik kon volg waarheen Hy gaan (Joh 13:36-37). Jesus het gesê, “In die huis van My Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh 14:2-3).

Dit wat Jesus gesê het, het baie mense verwar, as gevolg van die King James Version se gebruik van die woorde “house” en “mansions.” Die Griekse woord word vertaal as “huis” en beteken “’n woonplek,” letterlik of figuurlik, en indirek “’n familie.” Die woord vertaal as “wonings” of “kamers” beteken letterlik “om te bly of te woon.” Dus, deur die Grieks saam te voeg, sê Jesus dat in God se huis (hemel) daar baie mense as God se familie almal saam sal woon. In God se hemelse huis, sal Christene in die teenwoordigheid van God lewe. Dit is heeltemal verskillend van die idee van rye wonings op goue strate, wat die beeld is wat baie mense vorm van wat Jesus gesê het.

Jesus Christus berei ‘n plek in die hemel voor vir Sy eie mense, hulle wat na Hom in geloof gekom het en die Heilige Gees berei die verlostes op aarde voor vir hul plek in die hemel. Openbaring 7:9 vertel ons dat daar “‘n groot menigte…….wat niemand kon tel nie” almal staande voor die troon. Hier weer die beeld van menigtes wat saam is, nie apart in verskillende wonings nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Ontvang ons wonings in die hemel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries