settings icon
share icon
Vraag

Moet die wonderwerke in die Bybel letterlik opgeneem word?

Antwoord


Ja, die wonderwerke in die Bybel moet letterlik opgeneem word. Alles in die Skrif moet letterlik opgeneem word, behalwe daardie gedeeltes wat duidelik bedoel word as simboliek. 'n Voorbeeld van simbolisme is Ps 17:8: ons is nie letterlik oogappels in God se oog nie, en God het ook nie werklik vlerke nie, maar die wonderwerke is nie simboliese gebeure nie; hulle is ware gebeurtenisse. Elke wonderwerk in die Bybel het gedien as 'n doel en het iets bereik wat op geen ander manier bereik kon word nie.

Die vroegste en mees uitstaande wonderwerk van almal was dié van die skepping. God het alles geskep "ex nihilo" – vanuit niks – en elke opvolgende wonderwerk het sy ongelooflike almag bevestig. Die boek Eksodus is gevul met wonderwerkende gebeure wat God gebruik het om Sy wil te volbring. Die plae oor Egipte wat begin het met die Nyl wat in bloedwater verander is (Eks 7:17) en wat geëindig het met die dood van die eersgeborenes in Egipte (Eks 12:12), was letterlik gebeure wat uiteindelik veroorsaak het dat Farao die Israeliete bevry het van die slawejuk. Indien die plae nie gebeur het nie, hoekom het Farao die mense laat gaan? En indien die dood van die eersgeborenes nooit gebeur het nie, sou God nie daardie nag deur Egipte beweeg het nie en was daar ook geen rede vir die Israeliete om bloed aan die deurkosyne te smeer nie. As dit die geval was, dan is die voorafskadubeeld van Jesus se bloed wat aan die kruis gevloei het, waardeloos, wat op sy beurt weer die kruisiging opsigself betwyfel. As ons eers begin om die werklikheid van enige wonderwerk te betwyfel, moet ons alles wat die Bybel sê wat voortvloei uit daardie wonderwerk, onderskat, wat uiteindelik dan alles in die Skrif onder verdenking plaas.

Onder die bekendste Ou Testamentiese wonderwerke is die verdeling van die Rooi See (Eks 14), waartydens Farao en die meeste van sy weermag verdrink het. Indien dié insident simbolies is, kan ons dan enigiets van die res van dié storie vertrou? Het die Israeliete regtig Egipte verlaat? Het Farao se leërmag hulle regtig agtervolg en indien so, hoe het die Israeliete ontkom? Ps 78 is een van die gedeeltes waar God die Israeliete herinner aan die wonderwerke wat Hy gedoen het om hulle te bevry uit Egipte. Hierdie wonderwerke het hulle ook bewus gemaak van die omringende volke en God Jehowa het bewys dat Hy die enigste ware God is(Josua 2:10). Hulle heidense afgode van hout en klip was nie by magte om sulke wonderwerke te doen nie.

In die Nuwe Testament het Jesus menigvuldige wonderwerke gedoen. Dit het begin met die een by die troue in Kana, waar Hy water in wyn verander het (Joh 2:1-10). Sy bewonderenswaardigste wonderwerk was waarskynlik die opwekking van Lasarus, nadat hy vir vier dae dood was (Joh 11). Al die wonderwerke wat Jesus gedoen het, was om te bewys dat Hy inderdaad was wie Hy gesê het, Hy was – die Seun van God. Toe Hy die storm in Matt 8 stilgemaak het, was selfs die dissipels verbaas: "Die mense het hulle verwonder en gesê: 'Watter soort mens is Hy dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?'" (v 27). Indien Jesus se wonderwerke nie regtig was nie, dan is die weergawes van Jesus se genesings net mooi stories en daardie mense het aangetas gebly deur siektes, deurdat hulle Sy barmhartigheid in twyfel getrek het (Matt 14:14; 10:24; Markus 1:41). As Hy nie waarlik duisende mense gevoed het met 'n paar broodjies en vissies nie, het daardie mense honger gebly en het Jesus se woorde "Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig gword het" ( Joh 6:26) geen betekenis gehad nie. Maar Jesus het genees, Hy het voedsel vir duisende voorsien, Hy het water in wyn verander en Hy het Lasarus uit die dood opgewek. Joh 2:23 vertel ons dat baie in Hom geglo het, as gevolg van die wonderwerke.

Al die wonderwerke het 'n doel – om te bewys dat God is soos geen ander nie, dat Hy volkome beheer oor die skepping het en dat , indien Hy al hierdie wonderwerkende dinge kan doen, niks in ons lewe te erg is vir Hom om te hanteer nie. Hy wil hê dat ons Hom moet vertrou en dat Hy wonderwerke in ons lewens ook kan doen. As die wonderwerke nie plaasgevind het nie, hoe kan ons dan enigiets glo wat die Bybel ons vertel? Hoe kan ons die Bybel se Goeie Nuus van ewige lewe deur Christus glo? As ons begin om enige gedeelte van die Skrif in twyfel te trek, is alles in God se Woord suspisieus en maak ons die deur oop vir leuens en verwarring deur Satan, soos hy poog om ons geloof te vernietig (1 Pet 5:8). Die Bybel is daar om gelees en letterlik verstaan te word, insluitende die weergawes aangaande die wonderwerke.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet die wonderwerke in die Bybel letterlik opgeneem word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries