settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Bybel se siening oor wit toordery?

Antwoord


Wit toordery word beskryf as “goeie” toordery, die teenoorgestelde van swart toordery, wat die kragte van bose wesens aantrek. Opinies varieer ten opsigte van die verskille tussen swart en wit toordery, komende van die idee dat dit twee name is vir presies dieselfde ding is, teen die opvatting dat hulle heeltemal verskil, veral in doelwitte en oogmerke. Die Bybel differensieer nie tussen “goed” en “kwaad” towerkuns nie. Towerkuns is towerkuns in soverre dit die Bybel betref. Die Skrif onderskei nie of die towerkuns veronderstel is om ten gunste van goed of kwaad te wees nie; dit is alles verbode, omdat dit voorkom as ‘n bron van krag, anders as God.

Hulle wat wit toordery beoefen, dikwels ook genoem Wicca, aanbid die skepping eerder as die Skepper, en terwyl hulle nie hul beroep op die duiwel of bose geeste nie, beroep hulle hul dikwels op “moerderaarde” of engele en/of die elemente. Die sentrale “Wiccan theme” is, “if it does no harm, do your own will.” Baie wat hul bemoei met wit toordery, noem hulself Wiccans, of hulle dit werklik is of nie. Alhoewel Wicca oop is vir ander denominasies en teologiese posisies binne in die geloof, is daar sekere gelowe, praktyke en tradisies wat navolgers van wit towerkuns verbind met Wicca.

Wat ookal die intensie is om “moederaarde”, die elemente of die engele te vereer en jy poog om net goed te doen, is die realiteit dat daar uiteindelik geen onderskeid tussen wit en swart towerkuns is nie, omdat hulle beide iets anders as God aanbid. Dit is angswekkend om te dink dat navolgers van wit toordery onwetend tot dieselfde god bid en smeek as wat die volgelinge van swart toordery ook aanbid – Satan.

Regdeur die Skrif, in beide die Ou en Nuwe Testamente, is alle vorme van heksery oortreding van God se wet en word veroordeel (Deut 18:10-16; Lev 19:26, 31, 20:27; Hand 13:8-10). Farao se towenaars het probeer om die wonderwerke wat deur Moses en Aäron gedoen was, te dupliseer deur “geheime kunste” te gebruik, wat verwys na “the ceremonies or rituals sorcerers and magicians use to accomplish their ends: incantations, spells, magic words, wearing of charms, amulets,” ens. (Eks 7:11, 8:7). Die apostel Paulus het vir Elimas, die towenaar veroordeel en hom genoem: “Duiwelskind! Deurtrapte skelm en bedrieër! Vyand van alles wat reg is! Sal jy ophou om in die pad van die Here te staan! (Hand 13:10). Nêrens in die Bybel is enige duiwelskunstenaar of towenaar in ‘n positiewe lig geplaas nie. Almal is deur God veroordeel.

Die Skrif verklaar dat God alle towerkuns haat. Hoekom? Omdat dit nie van God afkomstig is nie. Die Satan verlei mense deur hulle te laat dink dat wit toordery voordelig is. Hy kan dit doen, omdat hy voorgee dat hy ‘n engel van die lig is (2 Kor 11:14), maar sy begeerte is om die siele van soveel mense hy kan, te verlei. Die Bybel waarsku teen hom en sy bose speletjies. “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind” (1Pet 5:8).

“Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van duiwels aanhang” (1 Tim 4:1). Ware geestelike krag kom slegs van God af, deur ‘n opregte verhouding met Hom, deur geloof in Jesus Christus en van die Heilige Gees wat in die harte van gelowiges woon.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Bybel se siening oor wit toordery?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries