settings icon
share icon
Vraag

Wie is Satan?

Antwoord


Mense se begrip van Satan strek van verspot tot abstrak – van ‘n klein rooi mannetjie met horings wat op jou skouer sit en jou aanhits om te sondig, tot ‘n uitdrukking van personifikasie van euwel. Die Bybel gee ons egter ‘n baie duidelike beskrywing van wie Satan is en hoe hy ons lewe beinvloed. Om te vereenvoudig, die Bybel definieer Satan as ‘n engelwese wat uit die hemel geval het omrede hy gesondig het en is nou geheel en al teenstrydig met God, hy gebruik sy krag en doen alles in sy vermoë om God se doelwitte te dwarsboom.

Satan was geskape as ‘n heilige engel. Jesaja 14:12 gee Satan se naam voor sy val as Lucifer (net in Engelse vertaling). Eselgiël 28:12-14 beskryf Satan as ‘n gerubyn, klaarblyklik die hoogste geskape engel. Hy het arrogant begin word oor sy skoonheid en status en het besluit om ‘n troon hoër as God natejaag (Jesaja 14:13-14; Esegiël 28:15; 1 Timoteus 3:6). Satan se trots het aanleiding gegee tot sy val. Neem kennis van hoeveel “ek” stellings daar in Jesaja 14:12-15 voorkom. Omrede hierdie sondes van Satan het God hom verban uit die hemel.

Satan het die heerser oor die wereld geword en die “krag” prins in die lug (Johannes 12:31; 2 Korintiërs 4:4; Effesiërs 2:2). Hy is ‘n aanklaer (Openbaring 12:10), ‘n verleier (Matteus 4:3; 1 Tessalonissense 3:5) en ‘n bedrieër (Genesis 3; 2 Korintiërs 4:4; Openbaring 20:3). Sy naam beteken “opponent” of “die een wat teenstaan”. Nog ‘n ander naam vir hom is die duiwel wat beteken “kwaadprater” (lasterlik).

Alhoewel hy uit die hemel verban was poog hy nog steeds om meer belangrik as God te word. Hy vervals alles wat God doen en hoop daarmee om die wereld se aanbidding te wen, hy moedig teenstrydigheid teen God aan. Satan is die mag agter elke valse okkult beweging asook alle valse geestelike leringe. Satan sal alles in sy mag doen om teen God gekant te wees en die sal ook geld vir almal wat God volg. Maar, Satan se lot is beslis – ‘n ewige lewe in hel (Openbaring 20:10).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is Satan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries