settings icon
share icon
Vraag

Wie is God? Wat is God? Hoe kan ons God ken?

Antwoord


Wie is God? — Die Feit
Die feit van God se bestaan is so opvallend, beide deur die skepping en deur die mens se gewete, dat die Bybel die ateïs 'n "dwaas" noem (Ps 14:1). Ooreenkomstig die Bybel, word daar nooit gepoog om God se bestaan te bewys nie; dit veronderstel Sy bestaan reg van die begin af (Gen 1:1). Wat die Bybel doen, is om die natuur, karakter en werk van God te openbaar.

Wie is God? — Die Definisie
Om reg te dink oor God is uiters belangrik, omdat 'n vals idee oor God afgodediens is. In Ps 50:21 bestraf God die sondaar met hierdie beskuldiging: "Dan sal jy dink Ek het soos jy geword". Om mee te begin is 'n goeie samevattende definisie van God, "die Opperste Wese; die Skepper en Heerser oor alles wat bestaan; die Selfbestaande Een wat volmaak is in sterkte, goedheid en wysheid."

Wie is God? — Sy Natuur
Ons weet sekere dinge wat waar is van God, vir een rede: in Sy genade het Hy neergebuig om sommige van Sy kwaliteite aan ons te openbaar. God is gees, van nature ontasbaar (Joh 4:24). God is Een, maar Hy bestaan as drie Persone — God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees (Matt 3:16-17). God is ewig (1 Tim 1:17), onvergelyklik (2 Sam 7:22), en onveranderlik (Maleagi 3:6). God bestaan oral (Ps 139:7-12), weet alles (Matt 11:21) en het alle mag en outoriteit (Ef 1; Openbaring 19:6).

Wie is God? — Sy Karakter
Hier is sommige van God se karaktertrekke soos in die Bybel geopenbaar: God is regverdig (Hand 17:31), liefdevol (Ef 2:4-5), betroubaar (joh 14:6, en heilig (1 Joh 1:5). God betoon ontferming (2 Kor 1:3), barmhartigheid (Rom 9:15), en genade (Rom 5:17). God straf sonde (Ps 5:5), maar bied ook vergifnis (Ps 130:4).

Wie is God? — Sy Werk
Ons kan God nie verstaan sonder om Sy werke in ag te neem nie, omdat dit wat God doen, vloei vanuit wie Hy is. Hier is 'n verkorte lys van God se werke, verlede, teenwoordig en toekoms: God het die wêreld geskep (Gen 1:1; Jes 42:5); Hy onderhou aktief die wêreld (Kol 1:17); Hy voer Sy ewigheidsplan uit (Ef 1:11), insluitend, die verlossing van die mens van die vloek van sonde en dood (Gal 3:13-14); Hy trek mense na Christus (Joh 6:44); Hy dissiplineer Sy kinders (Heb 12:6); en hy sal die wêreld oordeel (Openbaring 20:11-15).

Wie is God? — 'n Verhouding met Hom
In die Persoon van die Seun, het God mens geword (Joh 1:14). Die Seun van God het die Seun van die mens geword en is daarom die "brug" tussen God en die mens (Joh 14:6; 1 Tim 2:5). Dit is alleenlik deur die Seun dat ons vergifnis van sonde kan kry (Ef 1:7), versoening met God (Joh 15:15; Rom 5:10) en ewige verlossing (2 Tim 2:10). In Jesus Christus "is die volle wese van God beliggaam" (Kol 2:9). Om dus waarlik te weet wie God is, is al wat ons nodig het om te doen: om na Jesus te kyk.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is God? Wat is God? Hoe kan ons God ken?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries