settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet Christene optree teenoor wêreldwye armoede en hongerte?

Antwoord


Volgens die jongste statistieke, is 840 miljoen mense wêreldwyd kronies ondervoed. Elke dag sterf 26 000 kinders as gevolg van armoede, hongerte en voorkombare siektes. Met so baie van die wêreld se populasie in sulke betreurenswaardige toestande, wat staan ‘n Christen te doen? Hoe moet die kerk reageer?

Christene moet reageer teenoor wêreldwye armoede en hongerte met ontferming. Deur opregte medelye vir die behoeftige te hê, soos Jesus in Mark 8:2, beteken dit ons is bewus van die nood, ons gee om vir die mense betrokke en ons is gereed om op te tree in hulle belang. Om medelye te hê vir ‘n behoeftige broer is bewys van God se liefde in ons (1 Joh 3:17). Ons eer God wanneer ons goed doen aan behoeftiges (Spreuke 14:31).

Christene moet optree teenoor die wêreld se armoede en hongerte met aksie. Natuurlik is gebed nodig en elke Christen kan dit doen. Behalwe dit, moet Christene alles doen wat hulle kan om die lyding te verlig wat deur wêreldwye armoede en honger veroorsaak word. Jesus het gesê, “Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes….. waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” (Luk 12:33-34). Soos Tabita in Hand 9:36 moet ons altyd besig wees om goed te doen en die armes te help. Die gelowige wat onselfsugtig gee aan die armes, sal deur God geseën word. Spreuke 19:17, “Wie hom oor ‘n arm mens ontferm, gee ‘n lening aan die Here en Hy sal hom ten volle vergoed.” Hierdie goddelike seëninge kan geestelik wees, eerder as materieël, maar ‘n vergoeding is definitief gewaarborg – om aan die armes te gee, is ‘n belegging in die ewigheid.

Daar is verskeie Christelike organisasies wat nie slegs werk om armoede en honger te bekamp regoor die wêreld nie, maar ook om die evangelie van Jesus Christus uit te dra. Groepe soos “Compassion International” streef daarna om die nood van die hele persoon, beide fisies en geestelik, aan te spreek. Christene moet optree teenoor armoede en hongerte regoor die wêreld, met hoop. Gelowiges kan handel ten behoewe van die armes met oortuiging dat hulle God se werk verder in die wêreld indra: “Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme” (Ps 140:13). Gelowiges werk met die hoop dat Jesus weer sal kom en “Hy sal die armes billik verhoor en die ootmoediges in die land regverdig oordeel” (Jes 11:4).

Tot op die dag van uiteindelike regverdigheid, het Jesus gesê, “Die armes het julle altyd by julle” (Matt 26:11). Met die wete dat dit die geval is, het ons onbeperkte geleenthede – en die dringende verpligting – om die Here te dien deur ook ander te dien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet Christene optree teenoor wêreldwye armoede en hongerte?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries