settings icon
share icon
Vraag

Wat is die mees algemene godsdienste in die wêreld?

Antwoord


Daar is talle godsdienste in die wêreld, terwyl die meeste godsdienste sub-sektes binne-in hul kern het. In die algemeen poog alle godsdienste om mense te help om sin te maak van hul doel en bestaan in hierdie wêreld, verduidelik wat in die lewe hierna plaasvind en verklaar óf daar ‘n godheid is óf nie en indien dit so is, hoe ons tot hierdie godheid verbind is. Die 7 wêreldgodsdienste wat hier onder gelys is, sluit 95% van die wêreld se godsdienstige aanhangers in:

Rooms Katolisisme en die Christendom
Daar is ongeveer 1,2 biljoen belydende Rooms Katolieke wêreldwyd. Alhoewel die Rooms Katolieke Kerk altyd met die Christendom geïdentifiseer is, is daar fundamentele verskille tussen die 2. Rooms Katolieke identifiseer hulself gewoonlik as Christene, maar vir die doel om die 2 afdelings van die Christelike geloof te onderskei, word na die aanhangers van die Rooms Katolieke verwys as Katolieke, terwyl nie-Katolieke volgelinge van die Christelike geloof as Christene beskou word. Daar is ongeveer 900 miljoen mense wêreldwyd wat verklaar dat hul nie-Katolieke Christene is nie. Die naam is afgelei van die feit dat vroeë volgelinge van Jesus van Nasaret, Christene genoem is (Hand 11:26), wat letterlik “little Christs” beteken. “Christus” is die Griekse woord vir die Hebreeuse Messias, die “gesalfde een.” Alhoewel Christene menigmaal identifiseer met spesifieke denominasies soos Baptiste, Metodiste. Presbiteriane, Lutherane, Pinksterkerke en Nasareners, neem hulle universeel die naam Christen vir hulself aan. Christene word dikwels kollektiewelik “die kerk” genoem. Dit is ‘n onduidelike term, aangesien die woord ook gebruik word vir plaaslike gemeentes en geboue, sowel as vir spesifieke denominasies.

Islam
Die woord “Islam” beteken letterlik “onderwerping” en soos dit wel is, ‘n Moslem is “een wat aan God onderdanig is.” Islam is hoofsaaklik gebaseer op die geskrifte van Mohammed, soos saamgevat in die Qur’an. Daar is ongeveer 1.3 biljoen Moslems in die wêreld van vandag. Islam word oor die hele wêreld verteenwoordig. Alhoewel dit meestal geassosieer word met die Midde Ooste, is die grootste Moslem populasies in Asië. Indonesië, Maleisië, Pakistan, Bangladesh en Indië het ook aansienlike populasies.

Hindoeïsme
Hindoeïsme is ‘n woord wat deur die Westerse wêreld geskep is om die dominante godsdienstige en sosiale stelsel van Indië in te sluit. Tradisioneel is dit so, dat diegene wat van Hindoes praat, verwys na hul godsdiens as die “dharma,” wat “die weg” of “die religie” beteken. Daar is ongeveer 900 miljoen Hindoes in die wêreld. Dit is voor die hand liggend dat die grootste getal Hindoes in Indië voorkom. Aangesien Indiërs oor die hele wêreld versprei het, is daar tog baie Hindoe-gemeenskappe in ander lande. Die totale getal Hindoes in Indië is onderwerp aan ‘n twispunt, want dit sluit in 300 miljoen “onaantasbares” (dalits), wat amptelik getel word as deel van die Hindoe se sosiale struktuur, maar wat weerhou word van volle deelname in Hindoeïsme.

Boeddhisme
Boeddhisme is gebaseer op die leerstellings van die persoon, Boeddha, wat beteken “enlightened one.” Hierdie godsdiens het baie verskillende vertakkings, maar Boeddhisme is die enigste toepaslike, alles omvattende term, en die aanhangers daarvan, ongeag hoe uiteenlopend in hul geloofsopvattings, is gelukkig om as Boeddhiste bekend te staan. Boeddhisme het ongeveer 360 miljoen volgelinge en word vierde geplaas, agter die Christendom, Islam en Hindoeïme. Boeddhisme het sy ontstaan in Indië. Dit is dominant in die meer tradisionele vorms in Sri Lanka en baie van Suidoos Asië (Thailand, Myanmar, Laos en Kambodja). Bykomend het dit verskeie vorms aangeneem in baie ander Asiatiese lande, mees waarneembaar is Tibet, Korea, China en Japan. Boeddhisme word huidig dikwels aangeneem deur Westerlinge, alhoewel baie keer ten koste van geloofwaardigheid ten opsigte van hierdie godsdiens.

Judaïsme
Judaïsme is vernoem na die stam van Juda, een van die 12 antieke stamme van Israel. Dus, letterlik is dit die godsdiens van hulle wat vanaf die Judastam kom, wat die Jode genoem word. Tog, om Joods te wees, verwys na ‘n etniese identiteit sowel as ‘n geloof en hedendaags is daar baie Jode wat nie die Joodse geloof beoefen nie, tog is hulle gelukkig om as Jode bekend te staan, etnies en kultureel. Daar word bepaal dat daar ongeveer 15 miljoen godsdienstige Jode in die wêreld hedendaags is, maar baie ander beoefen geen godsdiens nie.

Baha’i
Die term Baha’I beteken letterlik “volgeling van Baha,” en verwys na Baha’ullah, die stigter van die godsdiens. Baha’I het meer as 7 miljoen lede. Baha’I het in Iran sy oorsprong en word in meer as 200 lande in die wêreld verteenwoordig, net agter die Christendom en Islam.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die mees algemene godsdienste in die wêreld?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries