settings icon
share icon
Vraag

Hoe het mense van God geweet voor die Bybel bestaan het?

Antwoord


Alhoewel mense nie die geskrewe Woord van God gehad het nie, was hulle nie sonder die vermoë om te ontvang, te verstaan en God te gehoorsaam nie. Daar is vandag nog baie dele in die wêreld waar Bybels nie beskikbaar is nie en tog weet mense van God. Die saak waaroor dit gaan, is openbaring – God openbaar aan die mens wat Hy wil hê ons van Hom moet weet. Aangesien daar nie altyd 'n Bybel was nie, was daar altyd maniere vir die mens om God se openbaring te ontvang en te verstaan. Daar is twee kategorieë van openbaring, algemeen en spesiaal.

Algemene openbaring handel oor wat God universeel aan die hele mensdom kommunikeer. Die eksterne aspek van algemene openbaring is dié waarvan God die oorsaak of bron moet wees. Aangesien hierdie dinge bestaan en daar moet 'n oorsaak vir bestaan wees, moet God ook bestaan. Rom 1:20, 21 sê, "Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat Sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie." Alle mans en vrouens oral kan na die skepping kyk en weet dat God bestaan. Ps 19:1-4 verduidelik verder dat die skepping duidelik praat van God, in 'n taal wat almal kan verstaan. "Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem" (vers 4). Die openbaring van die natuur is duidelik. Niemand kan 'n verskoning hê, as gevolg van onkundigheid nie. Daar is geen alibi vir die ateïs nie en geen eksuus vir die agnostikus nie.

'n Ander aspek van algemene openbaring – dit wat God aan elkeen openbaar het – is in die teenwoordigheid van ons bewussyn. Dit is inwendig. "Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring." (Rom 1:19). Aangesien mense 'n geestelike deel besit, is hulle bewus van God se bestaan. Hierdie twee aspekte van algemene openbaring word geïllustreer in baie stories van sendelinge wat inboorlingstamme ontmoet, wat nog nooit van die Bybel of Jesus gehoor het nie. Wanneer die verlossingsplan dan aan hulle aangebied word, weet hulle dat God bestaan, omdat hulle die getuienis oor Hom in die natuur sien. Hulle weet ook dat hulle 'n Verlosser nodig het, aangesien hul bewussyn hulle van sonde oortuig, asook van hul behoefte aan Hom.

As toevoeging tot algemene openbaring, is daar spesiale openbaring wat God gebruik om Homself en Sy wil aan die mensdom te toon. Spesiale openbaring kom nie na alle mense toe nie, maar net sekere mense en op sekere tye. Voorbeelde vanuit die Skrif kom in Hand 1:21-26 en ook Spreuke 16:33 voor in verband met loting, die urim en tummim ('n spesiale loting deur die Hoëpriester gebruik – sien Eks 28:30; Numeri 27:21; Deut 33:8; 1 Sam 28:6; en Esra 2:63), drome en visioene (Gen 20:3,6; 2 Sam 24:16; Sagaria 1:12) en die bediening van die profete (2 Sam 23:2; Sag 1:1). Hierdie verwysings is nie 'n volledige lys van elke voorval nie, maar dien as goeie voorbeeld van hierdie tipe openbaring.

Soos ons die Bybel ken, is dit ook 'n vorm van spesiale openbaring. Dit is egter in 'n kategorie van sy eie, omdat dit ander vorme van spesiale openbaring vertolk, wat onnodig is vir die hedendaagse. Selfs Petrus wat saam met Johannes getuig het van Jesus wat met Moses en Elia op die Berg van Verheerliking gepraat het (Matt 17; Luk 9), het verklaar dat hierdie spesiale gebeurtenis ondergeskik is aan wat hy soos volg skryf, "En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig" (2 Pet 1:19). Dit is omdat die Bybel die geskrewe vorm is van alle inligting vanaf God, vir ons om oor Hom te moet weet , asook Sy plan. Die Bybel bevat in elk geval alles wat vir ons nodig is om te weet, om sodoende 'n verhouding met God te hê.

Dus, voordat die Bybel, soos ons dit ken, beskikbaar was, het God baie maniere gebruik om Homself aan die mensdom te openbaar, asook Sy wil. Dit maak ons dankbaar dat God vir ons Sy geskrewe Woord gegee het en bewaar het vir ons tot vandag. Ons is nie aangewys op die genade van iemand anders om vir ons te vertel wat God sê nie; ons kan dit self bestudeer!

Natuurlik is die duidelikste openbaring God se Seun, Jesus Christus (Joh 1:14; Heb 1:3). Toe Jesus as mens op die aarde geloop het tussen ons, spreek alleen al boekdele. Toe Hy vir ons sondes aan die kruis gesterf het, was ons alleen gelaat, sonder twyfel dat God liefde is (1 Joh 4:10).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe het mense van God geweet voor die Bybel bestaan het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries