settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om altyd gereed te wees om 'n antwoord te gee (1 Petrus 3:15)?

Antwoord


1 Petrus 3:15 sê: "In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan enigiemand wat van julle die rede vir die hoop wat julle het, vra. Maar doen dit met sagmoedigheid en respek." Dit is 'n vers wat Christelike apologete motiveer, terwyl hulle voorberei om antwoorde te gee ter verdediging van hul geloof.

In die onmiddellike konteks bespreek die apostel Petrus lyding as gevolg van goed doen (1 Petrus 3:13–14). Vervolging en lyding moet in die Christelike lewe verwag word (Johannes 16:33), maar 'n gelowige se reaksie op lyding behoort ander na Jesus te lei. Petrus beklemtoon dat Christus gely en gesterf het om die ewige lewe te gee aan dié wat in Hom glo, en Sy voorbeeld van lyding ter wille van die goeie, behoort ons almal te versterk (1 Petrus 3:17–18). In plaas daarvan om vervolging te vrees, moet Christene seker maak dat hulle ter wille van die geregtigheid ly, "Christus die Here as heilig eer," en gereed wees om 'n verweer vir hul hoop in Jesus te gee (vers 15, ESV). 'n Gelowige behoort altyd gereed te wees om vir ander die goeie nuus van verlossing in Jesus se dood en opstanding te vertel (1 Korintiërs 15:2–4).

Die verskaffing van 'n "verdediging" of die gee van 'n "antwoord" vir iemand se hoop is gebaseer op die Griekse woord "apologian," wat die betekenis dra van "verdedig," iets soos 'n prokureur sy saak in die hof sou verdedig. Uit die Griekse woord kom die Engelse "apologetics," "die dissipline van die verdediging" van die Christelike geloof. Let daarop dat Petrus nie sê dat die taak om 'n antwoord te gee slegs vir die predikant of professionele apologeet is nie. Alle Christene moet gereed wees om 'n antwoord of verdediging te gee, wanneer iemand hulle die rede vir die hoop wat hulle het, vra.

Petrus het aan die vervolgde Christene in Klein-Asië geskryf. Terwyl hulle vervolging ondergaan het, het hul uiterlike gedrag hoop in Jesus getoon — nie 'n wensdenkery nie, maar 'n stewige en versekerde geloof (sien Hebreërs 6:19–20). Die gelowiges se gebrek aan vrees in die aangesig van lyding, sou ander aangevuur het om oor die rede vir hul geloof te vra, wat vir die gelowiges 'n perfekte geleentheid gegee het om 'n antwoord te gee. Wanneer gelowiges hul vaste hoop in Jesus, ten spyte van hul omstandighede toon, sal ander dit opmerk (sien 1 Petrus 2:12).

Om iemand wat oor jou geloof vra, behoorlik te antwoord, moet die Christen "sagmoedigheid en respek gebruik, met 'n skoon gewete" (1 Petrus 3:15). Daar is geen plek vir hardheid of oneerbiedigheid in 'n Christen se lewe nie, veral omdat hy Christus verteenwoordig en 'n antwoord gee om sy geloof te verduidelik. Petrus moedig die gelowige aan om ongelowiges sagkens, met respek en met die voorbeeld van sy lewe te antwoord (vergelyk Kolossense 4:6). Gelowiges behoort Christus se lering van sagmoedigheid te weerspieël en "die waarheid in liefde te spreek" (Efe­siërs 4:15, NLT).

Die bevel om "altyd gereed te wees om 'n antwoord te gee aan enigiemand wat jou vra om die rede vir die hoop wat jy het, te gee," veronderstel 'n geloof wat ons laat ons hoop in Christus sigbaar voor ander uitleef. Wanneer ongelowiges 'n Christen se groot hoop in die aangesig van vervolging of lyding sien, sal hulle natuurlik die rede vir daardie hoop wil weet (Matteus 5:16). Ons moet gereed wees om die evangelie op 'n sagte en respekvolle wyse te deel. Die resultaat sal wees "dat dié wat kwaadwilliglik teen julle goeie wandel in Christus praat, beskaam word oor hulle laster" (1 Petrus 3:16).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om altyd gereed te wees om 'n antwoord te gee (1 Petrus 3:15)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries