settings icon
share icon
Vraag

Is wedergebore maagdelikheid moontlik?

Antwoord


Wedergebore maagdelikheid is die bewering dat, nadat die seksdaad gedoen is, iemand se maagdelikheid weer herstel kan word deur geestelike vernuwing, ‘n belofte om seksuele reinheid te hou tot die huwelik en God om vergifnis te vra. Sommige vroue het hierdie idee só ver gevat, dat hul snykunde laat doen het om hulself fisies te herstel tot ‘n “maagd” (fisies).

Die druk op sommige Christene om “wedergebore maagde” te word, is skynbaar as gevolg van die vrees om deur Christene veroordeel te word of miskien ‘n vrees dat God nie so iemand sal aanvaar, tensy daar stappe geneem word om weer ‘n “wedergebore maagd” te word nie. Geeneen van hierdie redes moet ‘n bekommernis wees nie, omdat God vergifnis en genade bied aan almal met ‘n berouvolle en opregte hart (1 Joh 1:9). Ons moenie probeer om in onsself te herstel wat God reeds geestelik in ons reggemaak het nie.

Die Bybel sê dat as ons weergebore word, ons nuwe skepsels is, ons ou self is dood en iets van die verlede en ons het nuwe lewe, aan ons gegee deur die Heilige Gees van God (2 Kor 5:17). Dit beteken dat God kies om nie langer ons oortredings van die verlede te onthou nie (Jer 31:34), insluitende die verlies van maagdelikheid voor die huwelik.Ons sondes is so ver weg soos die ooste van die weste verwyder is (Ps 103:12). Daar is absoluut geen twyfel dat God seks voor die huwelik sal vergewe nie. God se liefde vir die mens raak nie minder, as gevolg van die foute wat so iemand gemaak het nie.

Alhoewel ons sondes nie langer teen ons tel nie, is hulle steeds baie werklik en bring aardse gevolge. As ‘n handeling afgehandel is, is dit klaar. Dit is dus nie moontlik om fisiese wedergebore maagdelikheid terug te eis nie, netsoos dit nie moontlik is om die gevolge van enige ander sondes wat ons gedoen het, om te draai nie. Wat ons egter agter kan laat, is die skuldgevoelens wat met voorhuwelikse seks geassosieer word. Hierdie soort van skuld kan maak dat ons God se vergifniskrag in twyfel kan trek, omdat ons nie onsself kan vergewe nie. Daar is verskeie redes daarvoor. Eerstens, die gewete spreek teen vergifnis. Die gewete handel met skuld en veroordeling, nie genade en vergifnis nie. Tweedens, Satan is die “aanklaer van ons medegelowiges” (Openbaring 12:10) en hy sal alles doen wat hy kan om die liefde en barmhartigheid van God te belemmer. Satan is ‘n leuenaar en die vader van die leuens (Joh 8:44). Eers as ons erken dat dit tot sy voordeel is om ons deur skuldgevoelens te laat verlam, kan ons sy leuens verwerp en aan die beloftes in die Skrif vasklou, werklik glo dat ons dood is vir die sonde en begin lewe vir God in Christus (Rom 6:11).

Onthou die apostel Paulus – soos ‘n besetene het hy met woede teen Christus getuig en “die volgelinge van die Here met die dood gedreig” (Hand 9:1), vol van godslasterlikheid en goddeloosheid, tog het God hom vergewe en hom gekies om die Evangelie deur die hele wêreld te verkondig. Paulus het vir die Korintiërs vertel dat, alhoewel sommige van hulle afgode gedien het, gehoereer het, manlike prostitute was, homoseksuele oortreders, diewe, dronkaards, kwaadpraters en bedrieërs was (1 Kor 6:9-12), tog deur die oneindige goedheid en vrye genade van God, gewas is van die vuilheid en skuld van hul sondes, geregverdig deur Christus, geheilig deur die Gees van God en versier met die kosbare genade van Christus, heilig en volmaak in die oë van God. Deur God se vergifnis in Christus te ken, hoe kan ons nog vashou aan ons skuldgevoelens?

Eerder as om wedergebore maagdelikheid te soek, moet ‘n Christen wat die fout van voorhuwelikse seks gemaak het, hom/haar aan God toewy en wegbly van seksuele omgang tot by die huwelik. Om wedergebore maagdelikheid te soek, is nie Bybels nie. Om heelhartig in God se totale vergifnis te glo en die keuse te maak om regverdig te lewe en op maniere wat vir Hom aanvaarbaar is – dít is reg volgens die Bybel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is wedergebore maagdelikheid moontlik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries