Vraag
Wat is die simbolisme van die waterdoop?
Antwoord
Die waterdoop simboliseer die gelowige se algehele geloof en volle vertroue op die Here Jesus Christus, sowel as ‘n ooreenkoms om in gehoorsaamheid aan Hom te lewe. Dit betuig ook eenheid saam met al die heiliges (Ef 2:19), dit beteken, met elke persoon in elke nasie op aarde wat ‘n lidmaat van die Liggaam van Christus is (Gal 3:27-28).Die waterdoop bevat dit en baie meer, maar dit red ons nie. Ons word gered deur geloof, nie deur werke nie (Ef 2:8-9). Ons word gedoop, omdat die Here dit beveel het: “Gaan dan na al die nasies en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (Matt 28:19).
Die waterdoop is vir gelowiges. Voordat ons gedoop word, moet ons tot geloof kom en besef dat ons sondaars is en verlossing benodig (Rom 3:23). Ons moet ook glo dat Christus gesterf het aan die kruis om vir ons sondes te betaal, dat Hy begrawe was en dat Hy opgestaan het om vir ons plek in die hemel te verseker (1 Kor 15:1-4). As ons na Jesus toe omdraai en vir Hom vergifnis vir ons sondes vra en om ons Heer en Verlosser te wees, word ons wedergebore deur die krag van die Heilige Gees. Ons ewige verlossing is gewaarborg en ons begin om vir onsself te sterf en vir Christus te lewe (1 Pet 1:3-5). Op daardie tydstip kwalifiseer ons volgens die Skrif om gedoop te word.
Die waterdoop is ‘n pragtige beeld van wat ons Here vir ons gedoen het. Ons word heeltemal onderdompel in die water, ons simboliseer om met ons Here begrawe te word; ons word gedoop in Sy dood aan die kruis en is nie langer slawe van onsself of die sonde nie (Rom 6:3-7). Wanneer ons uit die water opstaan, word ons simbolies opgewek – staan op in ‘n nuwe lewe in Christus om vir ewig saam met Hom te wees, gebore in die famiie van ons liefdevolle God (Rom 8:16). Die waterdoop illustreer ook die geestelike reiniging wat ons beleef as ons gered word; soos water die vlees reinig, so maak die Heilige Gees ons harte skoon, as ons in Christus glo. Die feit dat die waterdoop nie ‘n voorvereiste vir verlossing is nie, word die beste gesien in die voorbeeld van ‘n geredde man wat nie in water gedoop was nie – die krimineel aan die kruis (Luk 23:39-43). Hierdie selfbelyde sondaar het Jesus as Sy Here erken, terwyl hy besig was om langs Hom aan die kruis te sterf. Die dief het vir verlossing gevra en sy sonde was vir hom vergewe. Alhoewel hy nooit die waterdoop beleef het nie, was hy op daardie oomblik geestelik gedoop in Christus se sterwe en toe was hy opgewek tot die ewige lewe deur die krag van Christus se Woord (Hebr 1:3). Christene moet uit gehoorsaamheid gedoop word in ons Here Jesus en uit liefde vir Hom (Joh 14:15). Die waterdoop deur onderdompeling is die bybelse metode van doping, as gevolg van die simboliese voorstelling van die dood, begrafnis en opstanding van Christus.
English
Wat is die simbolisme van die waterdoop?