settings icon
share icon
Vraag

Wat is waarheid?

Antwoord


Ongeveer 2000 jaar gelede was die Waarheid onder verhoor geplaas en veroordeel deur mense wat verknog was aan leuens. Die Waarheid het 6 verhore in een volle dag gehad, 3 was religious en 3 was geregtelik. Teen die einde kon net 'n paar mense wat betrokke was in daardie gebeure, die vraag beantwoord, "Wat is waarheid?"

Nadat die Waarheid in hegtenis geneem is, was Hy gelei na 'n man met die naam Annas, 'n korrupte voormalige hoëpriester van die Jode. Annas het baie Joodse wette gedurende die verhoor gebreek, insluitende om die verhoor in sy huis te hou, waar hy geprobeer het om selfbeskuldigings teen die verweerder uit te lok en 'n aanslag op Hom te loods, wat op daardie tydstip van niks skuldig bevind was nie. Na Annas was die Waarheid gelei na die regerende hoëpriester, Kajafas, Annas se skoonseun. Voor Kajafas en die Joodse Sanhedrin het baie vals getuienisse na vore gekom teen die Waarheid, maar niks kon bewys word nie en geen getuienis van oortreding kon gevind word nie. Kajafas het nie minder as 7 wette gebreek, terwyl hy gepoog het om die Waarheid skuldig te bevind nie: Die verhoor was in die geheim gehou; dit was gedurende die nag gehou; dit het omkopery ingehou; die Verweerder het niemand gehad om Hom te verdedig nie; aan die vereiste van 2-3 getuienisse kon nie voldoen word nie; hulle het selfbeskuldigende getuienis teen die Verweerder gebruik; hulle het die doodstraf op dieselfde dag uitgevoer. Al hierdie handelinge was deur die Joodse wet verbied. Desnieteenstaande het Kajafas die Waarheid skuldig bevind, omdat Hy beweer het dat Hy God in die vlees was, iets wat Kajafas godslastering genoem het.

Toe die more gekom het, het die derde verhoor van die Waarheid plaasgevind, met die gevolg dat die Joodse Sanhedrin aangekondig het dat die Waarheid moes sterf. Tog het die Joodse Raad geen reg gehad om die doodsvonnis te voltrek nie en dus was hulle geforseer om die Waarheid voor die Romeinse goewerneur te bring, op daardie tydstip 'n man met die naam Pontius Pilatus. Hy was aangewys deur Tiberius as die vyfde amptenaar van Judea en het in daardie amp gedien 26-36 n C. Die gevolmagtigde het mag oor lewe en dood gehad en kon die doodstraf wat die Sanhedrin opgelê het, omkeer. Toe die Waarheid voor Pilatus gestaan het, was meer leuens teen Hom opgehaal. Sy vyande het gesê, "Ons het bevind dat hierdie man ons volk ophits: hy belet hulle om aan die keiser belasting te betaal en beweer dat Hy die Christus, die Koning is" (Luk 23:2). Dit was 'n leuen, want die Waarheid het almal beveel om hul belasting te betaal (Matt 22:21) en het nooit van Homself gepraat as 'n uitdaging vir Caesar nie.

Hierna het 'n baie interessante gesprek tussen die Waarheid en Pilatus plaasgevind. "Pilatus het toe weer in sy ampswoning ingegaan en Jesus geroep en vir Hom gevra: 'Is jy die koning van die Jode?' Jesus het hom toe gevra: 'Vra u dit uit u eie, of het ander dit vir u van My gesê?' 'Ek is mos nie 'n Jood nie!' antwoord Pilatus. 'Dit is jou volk en jou priesterhoofde wat jou aan my uitgelewer het. Wat het jy gedoen?' 'My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,' antwoord Jesus. 'As my koninkryk van hierdie wêeld was, sou my onderdane geveg het, sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.' 'Dan is jy tog wel 'n koning?' vra Pilatus. 'Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,' antwoord Jesus. 'Ek moet oor die Waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die Waarheid behoort, luister na wat Ek sê.' 'Wat is waarheid?' sê Pilatus toe vir Hom." (Joh 18:33-38).

Pilatus se vraag, 'Wat is waarheid?" het weerklink deur die geskiedenis. Was dit 'n melankoliese/swartgallige begeerte om te weet wat niemand anders hom kon vertel nie, 'n siniese belediging of miskien 'n geïrriteerde, onpartydige antwoord op Jesus se woorde?

In 'n postmoderne wêreld wat ontken dat waarheid geken kan word, is die vraag belangriker as ooit om te beantwoord. Wat is waarheid?
'n Voorgestelde Definisie van Waarheid
Om waarheid te definieer, help dit eerstens om te kyk na wat waarheid nié is nie:

Waarheid is nie net eenvoudig dit wat werk nie. Dit is die filosofie van pragmatisme – 'n einde- vs middele-tipe benadering. In realiteit kan leuens voorkom asof dit "werk," maar hulle is steeds leuens en nie die waarheid nie.

Waarheid is nie eenvoudig wat verstaanbaar of samehangend is nie. 'n Groep mense kan bymekaar kom en 'n sameswering vorm, gebaseer op 'n stel van valshede waar hulle almal saamstem om dieselfde vals storie te vertel, maar dit maak nie hul aanbieding waar nie.

Waarheid is nie wat mense laat goed voel nie. Ongelukkig kan slegte nuus waar wees.
Waarheid is nie wat die meerderheid sê waar is nie. 51% van 'n groep kan 'n verkeerde gevolgtrekking maak.
Waarheid is nie dit wat alles omvattend is nie. 'n Lang, gedetaileerde aanbieding kan steeds eindig in 'n vals gevolgtrekking.
Waarheid is nie gedefinieerd deur wat voorgeneem is nie. Goeie voornemens kan steeds verkeerd wees.
Waarheid is nie hoe ons weet nie; dit is wat ons weet.
Waarheid is nie wat eenvoudig geglo word nie. 'n Leuen wat geglo word,is steeds 'n leuen.
Waarheid is nie wat in die openbaar bewys word nie. 'n Waarheid kan in die privaat geken word (bv. die plek van 'n skat wat begrawe is.)

Die Griekse woord vir "waarheid" is alētheia, wat letterlik beteken "uit die wegsteek haal" of "niks weg te steek nie." Dit bevat die gedagte dat waarheid altyd daar is, altyd oop en beskikbaar vir almal om te sien, niks is versteek of obskuur nie. Die Hebreeuse woord vir "waarheid" is "emeth" en beteken "fermheid," "konstantheid" en "duur." So 'n definisie impliseer 'n ewigdurende selfstandigheid en iets waarop gesteun kan word.

Vanuit 'n filosofiese perspektief, is daar 3 eenvoudige maniere om waarheid te definieer:

Waarheid is dit wat ooreenstem met realiteit.

Waarheid is dit wat sy doelwit ewenaar.

Waarheid is om eenvoudig iets te vertel soos dit is.

Eerstens, stem waarheid ooreen met realiteit of "wat is." Dit is werklik. Waarheid is ook in ooreenstemming met die natuur. Met ander woorde, dit ewenaar die doelwit en is bekend deur die referent. Byvoorbeeld, 'n onderwyser voor 'n klas mag sê, "Van nou af is die enigste uitgang van hierdie vertrek die een links." Vir die klas wat die onderwyser in die gesig kyk, mag die deur links wees, maar dit is absoluut waar dat die deur vir die professor aan die regterkant is.

Waarheid ewenaar ook sy doelwit. Dit mag absoluut waar wees dat 'n persoon 'n sekere hoeveelheid mg van 'n sekere medikasie moet gebruik, maar 'n ander persoon moet minder of meer van dieselfde medikasie neem vir dieselfde uitwerking. Dit is nie relatiewe waarheid nie, maar net 'n voorbeeld van hoe waarheid sy doelwit moet ewenaar. Dit sou verkeerd wees (en potensieel gevaarlik) vir 'n pasiënt om hul dokter te vra om aan hulle 'n onvoldoende hoeveelheid van 'n spesifieke medikasie te gee of te sê dat enige medikasie vir hul spesifieke kwelling genoegsaam sal wees.

Kortliks , waarheid is eenvoudig om iets te sê soos dit is; dit is die wyse soos dinge werklik is en enige ander siening is verkeerd. 'n fundamentele filosofiese beginsel is om bevoeg te wees om te onderskei tussen waarheid en fout/onjuistheid of soos Thomas Aquinas waargeneem het, "Dit is die taak van die filosoof om onderskeidings te maak."

Uitdagings teenoor Waarheid
Aquinas se woorde is nie baie populêr vandag nie. Om onderskeid te tref, is uit die mode in 'n postmoderne era van relativisme. Dit is eerder aanvaarbaar om te sê, "Dit is waar," so lank as wat dit nie gevolg word deur "en dus is dit vals"nie.Dit is veral waarneembaar in kwessies van geloof en religie, waar elke geloofstelsel veronderstel is om op gelyke voet te staan aangaande waarheid.

Daar is talryke filosofieë en wêreldsienings wat die konsep van waarheid uitdaag, nogtans, as elkeen krities ondersoek word, draai dit uit om selfverdedigend van aard te wees.

Die filosofie van relativisme sê dat alle waarheid relatief is en dat daar nie so 'n ding soos absolute waarheid is nie. Indien iemand sê: is die bewering dat "alle waarheid is relatief" 'n relatiewe waarheid of 'n absolute waarheid is,waar? Indien dit 'n relatiewe waarheid is, dan is dit regtig betekenisloos; hoe weet ons wanneer en waar dit toegepas word? Indien dit 'n absolute waarheid is, dan bestaan absolute waarheid. Meer nog, die relativis verraai sy eie posisie as hy sê dat die absolutis se standpunt verkeerd is – hoekom kan hulle wat sê dat absolute waarheid bestaan, nie ook korrek kan wees nie? In hoofsaak, as die relativis sê, "Daar is geen waarheid nie," vra hy jou om hom nie te glo nie en die beste ding om te doen, is om sy advies te volg.

Diegene wat die filosofie van skeptisisme volg, betwyfel eenvoudig alle waarheid. Maar is die skeptici skepties oor skeptisisme; betwyfel hy sy eie waarheidsbewering? Indien dit so is, waarom aandag gee aan skeptisisme? Indien nie, dan kan ons seker wees van ten minste een ding (met ander woorde, absolute waarheid bestaan) – skeptisisme, wat ironies absolute waarheid in daardie geval word. Die agnostikus sê dat jy nie die waarheid kan weet nie. Tog is die ingesteldheid selfverdedigend, omdat dit beweer om ten minste een waarheid te ken: dat jy nie die waarheid kan ken nie.

Die dissipels van postmodernisisme bevestig eenvoudig geen spesifieke waarheid nie. Frederick Nietzsche, 'n heilige van postmodernisme het waarheid as volg beskryf: "Wat is dan waarheid? 'n Mobiele leërmag van metafore, metonieme en antropomorfismes….waarheid is illusies…. muntstukke wat hul prente verloor het en nou slegs metaal is, is nie meer muntstukke nie." Dit is ironies, alhoewel die postmodernis muntstukke in sy hand hou wat nou slegs "meerendeels metaal" is, bevestig hy ten minste een absolute waarheid: die waarheid dat geen waarheid bevestig moet word nie. Soos die ander wêreldsienings is postmodernisme selfverdedigend en kan nie opstaan onder sy eie bewering nie.

'n Populêre wêreldsiening is plurisme, wat sê dat alle waarheidsbeweringe van gelyke waarde is. Natuurlik is dit onmoontlik. Kan twee bewerings – een wat sê 'n vrou is nou swanger en 'n ander sê sy is nie – beide terselfdertyd waar wees? Pluralisme ontrafel aan die voete van die wet van nie-teenstrydigheid, wat sê dat iets nie beide "A" en "nie-A" terselfdertyd kan wees en in dieselfde sin nie. As een filosoof 'n grap maak, sal enigeen wat glo dat die wet van nie-teenstrydigheid nie waar is nie (en plurisme by verstek,is waar) moet geslaan en verbrand word totdat hulle erken dat om geslaan en verbrand te word nie dieselfde ding is, as om nie geslaan en verbrand te word nie. Let wel dat plurisme sê dat dit waar is en enigiets teenoorgesteld vals is, wat 'n bewering is wat sy eie fundamentele doktrines ontken.

Die gees agter plurisme is 'n ope-arm gesindheid van verdraagsaamheid. Tog verwar plurisme die idee van almal wat gelyke waarde het met elke waarheidsbewering wat op gelyke voet geag word. Nog eenvoudiger, alle mense mag gelyk wees, maar nie alle waarheid is nie. Plurisme misluk om die verskil tussen opinie en waarheid te verstaan, 'n onderskeid wat Mortimer Adler noteer: "Plurism is desirable and tolerable only in those areas that are matters of taste rather than matters of truth."

Die Offensiewe Aard van Waarheid
As die konsep van waarheid beswadder word, is dit gewoonlik vir een of meer van die volgende redes:

Een algemene klagte teen enigeen wat beweer dat hy absolute waarheid in kwessies van geloof en religie het, is dat so 'n siening "kleingeestig" is. Nogtans misluk die kritikus om te verstaan dat, waarheid eng is van aard. Is 'n wiskunde-onderwyser kleingeestig om die oortuiging te steun dat 2+2 slegs gelyk is aan 4?

'n Ander klagte is dat dit arrogant is om te beweer dat iemand reg is en 'n ander persoon verkeerd is. Om terug te keer na die wiskundevoorbeeld, is dit arrogant vir 'n so 'n onderwyser om aan te dring op net een korrekte antwoord in 'n wiskundeprobleem? Of is dit arrogant vir 'n slotmaker om te sê dat net een sleutel 'n deur sal oopmaak?

'n Derde klagte is dat so 'n houding mense uitsluit, eerder om hulle inklusief te maak. Maar so 'n klagte misluk daarin om te verstaan as gevolg van die aard van waarheid, dit die teenoorgestelde uitsluit. Alle antwoorde anders as 4 word uitgesluit van die realiteit van wat 2+2 werklik ewenaar.

'n Ander protes teen waarheid is dat dit offensief en verdelend is om te beweer dat iemand die waarheid het. In plaas daarvan argumenteer die kritici, dat al wat saakmaak, opregtheid is. Die probleem met hierdie standpunt is dat waarheid immuun is ten opsigte van opregtheid, geloof en begeerte. Dit maak nie saak hoeveel 'n mens opreg glo dat 'n verkeerde sleutel op 'n deur sal pas nie; die sleutel sal nog steeds nie ingaan nie en die slot sal nie oopgaan nie. Waarheid is ook nie geaffekteer deur opregtheid nie.Iemand wat 'n bottel gif optel en opreg glo dit is limonade, sal steeds die ongelukkige gevolge van die gif ly. Ten slotte is waarheid ontoeganklik om te begeer. 'n Persoon mag ten sterkste begeer dat hul motor nie sonder brandstof sal gaan staan nie, maar as die brandstofmeter sê die tenk is leeg en die motor kan nie verder ry nie, dan sal geen begeerte in die wêreld op 'n wonderbaarlike wyse die motor verder kan laat ry nie.

Sommige wil erken dat absolute waarheid bestaan, maar beweer dan dat so 'n standpunt slegs geldig is in 'n wetenskaplike omgewing en nie in kwessies van geloof en religie nie. Dit is 'n filosofie, bekend as logiese positivisme, wat populêr gemaak is deur filosowe soos David Hume en A.J. Ayer. Sulke mense sê dat waarheidsbeweringe óf tautologies (bv. alle wewenaars is ongetroude mans) óf empiries bewysbaar (dit is toetsbaar deur middel van wetenskap). Vir die logiese positivis, is alle gesprekke oor God onsin.

Hulle wat die siening steun dat slegs wetenskap waarheidbeweringe kan laat misluk, om te herken, is dat daar is baie terreine van waarheid is waar wetenskap magteloos is, bv.:

Wetenskap kan nie die dissiplines van wiskunde en logika bewys nie, omdat dit hulle voorveronderstel.

Wetenskap kan nie metafisiese waarhede soos opvattings erken nie, ander, as my eie bestaan nie.

Wetenskap is nie by magte om waarheid in die areas van moraliteite en etieke te voorsien nie. Jy kan nie wetenskap gebruik bv. om te bewys dat die Nazis boos was nie.

Wetenskap is nie bevoeg om waarhede te konstateer aangaande estetiese standpunte, soos the skoonheid van 'n sonsopkoms nie.

Laastens,as enigeen die stelling maak "wetenskap is die enigste bron van objektiewe waarheid," het hulle slegs 'n filosofiese bewering gemaak – wat nie deur wetenskap getoets kan word nie.

En daar is hulle wat sê dat absolute waarheid nie toegepas word in die veld van moraliteit nie. Tog is die respons op die vraag, "Is dit moreel om 'n onskuldige kind te martel en te vermoor?"absoluut en universeel: Nee. Of om dit meer persoonlik te maak, hulle wat voorstanders is van relatiewe waarheid rakende moraliteit, wil altyd hê hul eggenoot moet absoluut getrou aan hulle wees.

Hoekom Waarheid Belangrik is
Hoekom is dit so belangrik om te verstaan en die konsep van absolute waarheid te steun in alle areas van die lewe (insluitende geloof en religie)? Eenvoudig omdat die lewe gevolge het vir die verkeerde optrede. Deur aan iemand die verkeerde hoeveelheid medikasie te gee, kan hom doodmaak; as jy 'n beleggingsbestuurder het wat verkeerde monetêre besluite neem, kan 'n familie bankrot gaan; om op die verkeerde vliegtuig te klim, sal jou na 'n verkeerde bestemming neem; en om 'n ontroue huweliksmaat te hê, kan lei tot 'n familiebreuk en potensiële siekte.

As Christelike apologeet stel Ravi Zacharias dit so, "The fact is, the truth matters – especially when you're on the receiving end of a lie." En nêrens is dit meer belangrik as in die area van geloof en religie nie. Ewigheid is 'n verskriklike lang tyd om verkeerd te wees.

God en Waarheid
Gedurende die 6 verhore van Jesus was die kontras tussen die waarheid (regverdigheid) en leuens (onregverdigheid) onmiskenbaar. Daar het Jesus gestaan, die Waarheid, veroordeel deur hulle van wie elke aksie in leuens gespoel was. Die Joodse leiers het feitlik elke wet verbreek wat geskep was om 'n verweerder te beskerm van verkeerde skuldigbevinding. Hulle het met ywer gewerk om enige getuienis te vind teen Jesus en in hulle frustrasie, het hulle vals getuienis gebruik, wat deur leuenaars na vore gebring was. Maar selfs dit kon hulle nie help om hul doelwit te bereik nie. Dus het hulle 'n ander wet gebreek en Jesus geforseer om Homself betrokke te maak.

Voor Pilatus het die Joodse leiers weer gelieg. Hulle het Jesus van godslastering beskuldig, maar aangesien hulle geweet het dat hulle nie genoeg sou wees om vir Pilatus uit te lok om vir Jesus dood te maak nie, het hulle beweer dat Jesus Caesar uitgedaag het en die Romeinse wet gebreek het deur die massas aan te moedig om nie belasting te betaal nie. Pilatus het vinnig hul oppervlakkige misleiding bespeur en hy het nooit eers die aanklag aangespreek nie.

Jesus die Regverdige was veroordeel deur die onregverdiiges. Die hartseer saak is die laasgenoemde altyd die eersgenoemde vervolg. Dit is hoekom Kain Abel vermoor het. Die verband tussen waarheid en regverdigheid en tussen falsiteit en onregverdigheid word deur 'n klomp voorbeelde in die Nuwe Testament gedemonstreer:

"Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuen sal glo. En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word" (2 Tess 2:11-12).

"God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk" (Rom 1:18).

"Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na wat verhewe, eervol en onsterflik is, gee Hy die ewige lewe; maar dié wat selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in Sy toorn" (Rom 2:6-8).

"Dit (liefde) handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid" (1 Kor 13:5-6).

Samevatting
Die vraag wat Pontius Pilatus eeue gelede gevra het, moet geherformuleer word om sodoende heeltemal akkuraat te wees.Die Romeinse goewerneur se opmerking "Wat is waarheid?" kyk die feit mis dat baie dinge die waarheid kan hê, maar net een kan eintlik die waarheid wees. Waarheid moet 'n oorsprong van iewers af hê.

Die onbuigsame realiteit is dat Pilatus direk na die Oorsprong van alle Waarheid gekyk het op daardie vroeë more, ongeveer 2000 jaar gelede. Nie lank voordat Jesus gearresteer en na die goewerneur gebring is nie, het Jesus die eenvoudige stelling gemaak "Ek is die waarheid" (Joh 14:6), wat egter 'n ongelooflike stelling was. Hoe kan 'n gewone mens die waarheid wees? Hy kon nie, tensy Hy meer as 'n mens was, wat eintlik was wat Hy beweer het om te wees. Die feit is dat Jesus se bewering geldig was, toe Hy uit die dood opgestaan het (Rom 1:4).

Daar is 'n storie aangaande 'n man wat in Parys gewoon het, en 'n vreemdeling van die platteland het hom kom sien. Hy wou graag vir die vreemdeling die prag van Parys wys en so neem hy hom na die Louvre om die groot kunste te sien en daarna na 'n konsert by die kolossale simfoniesaal om 'n groot simfonie- orkes te hoor speel. Teen die einde van die dag, het die vreemdeling genoem dat hy nie in besonder van die kuns of die musiek gehou het nie. Daarop het sy gas geantwoord, "They aren't on trial, you are." Pilatus en die Joodse leiers het gedink dat hulle vir Christus veroordeel het, toe, in realiteit, was hulle die mense wat veroordeel was. Meer nog, die Een wat hulle beskuldig, sal eindelik dien as hulle Regter eendag, soos Hy vir almal sal wees, wat die waarheid in onregverdigheid onderdruk.

Pilatus het klaarblyklik nooit tot kennis van die Waarheid gekom nie. Eusebius, die historikus en Biskop van Caesarea, teken die feit aan dat Pilatus uiteindelik selfmoord gepleeg het een of ander tyd gedurende die bewind van die keiser Caligula – 'n hartseer einde en herinnering vir elkeen wat die waarheid ignoreer, lei tot ongewenste gevolge.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is waarheid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries