settings icon
share icon
Vraag

Wat is eksistensialisme?

Antwoord


Eksistensialisme is nie sodanig 'n formele filosofiese stelsel as wat dit 'n algemene oriëntasie ten opsigte van filosofiese kwessies is nie. Dit was baie populêr in Europa gedurende die vroeë twintigste eeu. Dit was 'n reaksie teenoor die Enlightenment se oorgerustheid in die menslike verstand. Sommige van die invloede het dit aantreklik gemaak, insluitende Kierkegaard se insig dat die Christelike geloof nie afgewater kan word tot 'n stel van rasionele beweringe nie, maar dat dit ook wyer emosionele en verhoudings-implikasies insluit. Selfs van groter belang het historiese gebeure soos die verwoesting van die Eerste Wêreldoorlog, die ekonomiese verval van die 1920's en 1930's en die grusaamhede van die Tweede Wêreldoorlog die valse hoop van modernisme vertoon dat die menslike verstand alle probleme kan oorkom.

Eksistensialisme skuif dienooreenkomstig die vermoë van die menslike rede op die agtergrond. Dit gee moed op om individuele en gemeenskaplike belangrikheid te vind, met verwysing na iemand se plek in 'n rasionele, geordende kosmos. Rasionele orde op sigself is verdag vir eksistensialiste. Dus neem rasionele verduideliking 'n agterstand in teenoor ander sienings om betekenis te vind. Sommige eksistensialiste spreek mening uit in terme van 'n individu se prestasies om sy of haar omstandighede te bowe te kom. Ander druk dit uit in terme van die betekenis wat kom vanaf skakeling en kommunikasie met ander, betreffende menslike ondervinding. Die ondervinding van "om te wees" is die fokuspunt. Rasionele verduideliking word eenkant toe geskuif.

Hoe kan 'n Christen tegemoetkomend optree ten opsigte van die eise van eksistensialisme? Aan die een kant kan 'n Christen saamstem dat modernisme 'n vals hoop het ten opsigte van die vermoë van die menslike verstand om elke uitdaging te ontdek en te bowe te kom. Daar is inderdaad baie dinge wat, volgens bybelse lering, net deur God se genade oorkom word, insluitende die probleme van menslike sonde en dood op sigself. Ook erken Christene dat daar baie dinge is wat die menslike brein nie kan ontdek nie en wat net gevind word, indien God kies om dit te openbaar. Aan die ander kant stem 'n Christen nie saam met eksistensialiste se gees van hopeloosheid nie. Die Christendom lê duidelik klem op twee toekoms-aspekte. Eerstens bevestig die Christendom dat die laaste oordeel alles wat verkeerd, in wanorde en stukkend is, sal herstel, aangesien Christus terug sal keer aan die einde van die tye om alle boosheid van die kosmos te oorwin en oor alles te regeer. Tweedens bevestig die Christendom die uitnemende hoopvolle toekomsrealiteit vir almal wat in Christus glo, naamlik die belewenis van die opstanding, ewige lewe en absolute voltooiing van heiligmaking, al hierdie vryelik gegee deur die genade van God.'n Menigte bybelse gedeeltes praat oor hierdie twee aspekte van die toekoms. Hier is een van die baie gedeeltes, Rom 6:23: "Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewge lewe in Christus Jesus ons Here."

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is eksistensialisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries