settings icon
share icon
Vraag

Wat is afvalligheid en hoe kan ek dit herken?

Antwoord


"Apostasie" afgelei van die Griekse word "apostasia", beteken "a defiance of an establishes system or authority; a rebellion; an abandonment or breach of faith." In die eerste eeuse wêreld, was apostasie 'n tegniese term vir politieke oproer of oorlopery. Netsoos in die eerste eeu, bedreig geestelike afvalligheid die Liggaam van Christus ook nou nog.

Die Bybel waarsku aangaande mense soos Arius (nC 250-336), 'n Christenpriester van Alexandrië, Egipte, wat in Antiogië opgelei was in die vroeë vierde eeu. Ongeveer 318 nC, het Arius, Biskop Alexander van Alexandrië beskuldig in verband met die ondertekening van Sabellianisme, 'n valse lering wat verklaar het dat die Vader, Seun en Heilige Gees meestal rolle of vorme was, wat God op verskeie tye aanneem. Arius was vasberade om die eenheid van God te beklemtoon; tog het hy te ver gegaan in sy lering oor God se natuur. Arius het die Drie-eenheid ontken en hy het bekendgestel, wat op die oppervlak gelyk het soos 'n inkonsekwente verskil tussen die Vader en die Seun.

Arius het geargumenteer dat Jesus nie "homoousios" (van dieselfde essensie") as die Vader was nie, maar eerder homoiousios ("van dieselfde essensie"). Slegs een Griekse letter – die iota – het die twee geskei. Arius het sy posisie op hierdie wyse beskryf: "Die Vader het voor die Seun bestaan. Daar was 'n tyd toe die Seun nie bestaan het nie. Dus, was die Seun deur die Vader geskep en daarom, alhoewel die Seun die hoogste van alle skepsels was, was Hy nie die essensie van God nie.

Arius was slim en het sy bes gedoen om die mense aan sy kant te kry, selfs so ver gegaan om 'n liedjie te komponeer wat sy teologie verkondig het, selfs geprobeer om dit vir elkeen te leer wat wou luister. Sy innemende natuur, asketisime en sy hooggeagte posisie as 'n prediker het ook bygedra tot sy saak.

Met respek teenoor apostasie, is dit van kritieke belang dat alle Christene twee belangrike dinge verstaan: (1) hoe om apostasie en afvallige leraars te herken en (2) hoekom afvallige lering so dodelik is.

Die Vorme van Apostasie
Om apostasie volledig te identifiseer en te beveg, moet Christene die onderskeie vorme daarvan verstaan, asook die eienskappe wat die doktrines en leraars karakteriseer. Daar is 2 hooftipes vorme: (1) 'n wegval van die sleutel- en ware doktrines van die Bybel in ketterse leringe, wat voorgee om die "ware" Christelike doktrine te wees en (2) 'n volledige afswering van die Christelike geloof, wat 'n volledige verwerping van Christus tot gevolg het.

Arius verteenwoordig die eerste vorm van afvalligheid – 'n ontkenning van die Christelike sleutelwaarhede (soos die goddelikheid van Christus) wat 'n afdraande beweging word en lei na 'n volledige wegbeweging vanaf die geloof, wat die tweede vorm van afvalligheid is. Die tweede vorm begin feitlik altyd met die eerste. 'n Afswering van geloof lei tot 'n lering wat ook afswering behels en wat opbreek en groei totdat dit alle aspekte van 'n persoon se geloof beswadder het en dan die einddoel van Satan behaal, wat 'n volledige afvalligheid van die Christendom word.

'n 2010-studie is deur Daniel Dennett en Linda LaScola gedoen en word genoem "Preachers Who Are Not Believers." Hulle werk boekstaaf 5 verskillende predikers wat met die loop van tyd ketterse leringe in verband met die Christendom aangebied en aangeneem het en só heeltemal afvallig geword het van die geloof. Hierdie pastore is óf panteïste óf agterbakse ateïste. Een van die mees ontstellende waarhede wat in dié studie uitgelig word, is dat hierdie predikers hul posisie as pastore van Christenkerke behou en dat die gemeentelede onbewus is van hul leier se werklike geestelike stand.

Die Karaktereienskappe van Apostasie en Apostate
Judas was die halfbroer van Jesus en 'n leier in die vroeë kerk. In sy Nuwe Testamentiese brief, beskryf hy hoe om afvalligheid te herken en hy vermaan ten sterkste die liggaam van Christus om vas te staan in die geloof (Judas 1:3). Die Griekse woord "contend earnestly" is vertaal as 'n saamgestelde werkwoord, vanwaar ons die woord "agonize" kry. Dit is in die teenwoordige infinitiewe vorm, wat beteken dat die stryd sal voortgaan. Met ander woorde, Judas sê dat daar 'n konstante geveg teen valse lering sal wees en dat Christene dit só ernstig moet opneem dat ons "agonize" oor die geveg waarin ons gewikkel is. Judas maak dit ook duidelik dat elke Christen opgeroep is tot hierdie geveg, nie net kerkleiers nie, dit is dus van kritieke belang dat alle gelowiges hul onderskeidingsvermoëns verskerp, sodat hulle apostasie in hul midde kan voorkom.

Nadat hy sy lesers ernstig vermaan om vas te staan in die geloof, lig hy die rede uit: "Die rede hiervoor is dat sekere mense ongemerk hulle geledere binnegedring het, goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vasstaan. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus" (Judas 1:4). In hierdie een vers voorsien Judas Christene met drie eienskappe van afvalligheid en afvallige leraars:

Judas sê eerstens dat apostasie subtiel kan wees. Dit het in die kerk ingekruip. In ekstra-bybelse Grieks beskryf die term wat Judas gebruik, die skelm geslepenheid van 'n regsgeleerde wat, deur slim argumente die verstand van amptenare in die hofsaal infiltreer en hul denke besmet. Die woord beteken letterlik "slip in sideways; come in stealthily; sneak in." Met ander woorde, Judas sê dat dit raar is dat afvalligheid op 'n duidelike en maklik bespeurbare wyse begin. Dit lyk baie na Arius se lering – slegs 'n enkele letter, die iota, onderskei die vals lering van die ware een.

Deur hierdie aspek van apostasie en die onderliggende gevaar te beskryf, het A. W. Tozer geskryf, "So skilled is error at imitating truth, that the two are constantly being mistaken for each another. It takes a sharp eye these days to know which brother is Cain and which is Abel." Die apostel Paulus praat ook oor die uiterlike, aangename gedrag van die apostate en hul lering: 'Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig" (2 Kor 11:13-14). Met ander woorde, moenie uitkyk vir apostate om uiterlik sleg voor te kom nie of dramatiese woorde van kettery in die uitleg van hul onderrig te gebruik nie. Eerder om die waarheid reguit te ontken, sal hulle dit verdraai om in hul eie agenda in te pas, maar soos pastor R. C. Lensky genoteer het, "Die ergste vorms van boosheid, bestaan uit verdraaiings van die waarheid."

Tweedens beskryf Judas die apostate as "goddeloos" en hulle gebruik God se genade as lisensie om onregverdig op te tree. Met verwysing na "goddeloos" beskryf Judas 18 onvleiende karaktertrekke van apostate: hulle is goddeloos (Judas 1:4), lewe losbandig (vers 4), verwerp Christus (vers 4), bevlek hul eie liggame (vers 8), verwerp die gesag van die Here (vers 8), beledig die hemelwesens (vers 8), ontken God (vers 8), praat lasterlik (vers 10), soek hul eie ondergang (vers 10), kla gedurig (vers 16), ontevrede met hul lot (vers 16), spot met God (vers 18), bring verdeeldheid (vers 19), hul eie drange beheer hul (vers 19), en uiteindelik (en dit verbaas nie), ontbloot van die Gees/ongered (vers 19).

Derdens sê Judas "hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus." Hoe doen hulle dit? Paulus vertel aan ons in sy brief aan Titus, "Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel. Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie" (Titus 1:15-16). Deur hulle onregverdige gedrag, wys die apostate hul ware self. Anders as 'n apostaat, is 'n ware gelowige iemand wat van sonde verlos is tot regverdigheid in Christus en wat weier om voort te gaan om te sondig (Rom 6:1-2).

Die teken van 'n apostaat is hoofsaaklik dat hy uiteindelik wegdwaal en verwyderd raak van die waarheid van God se Woord en Sy regverdigheid. Die apostel Johannes dui aan dat hierdie die teken van 'n valse gelowige is: "Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie" (1 Joh 2:19).

Ideas Have Consequences
Elke Nuwe Testamentiese boek, behalwe Filemon, bevat waarskuwings oor valse lering. Hoekom is dit so? Eenvoudig omdat idees gevolge het. Regdenkendheid en die vrug daarvan produseer goedheid, terwyl verkeerde gedagtes en die aksie daarmee saam, ongewenste nadele het. As voorbeeld, die Kambodjaanse moordvelde in die 1970's was die produk van die nihilistiese wêreldsiening van Jean Paul Sartre en sy lering. Die Khmer Rouge se leier, Pol Pot, het Sartre se filosofie teenoor die mense uitgeleef op 'n duidelike en vreesaanjaende wyse, wat op hierdie manier verwoord was: "To keep you is no benefit. To destroy you is no loss."

Satan het nie na die eerste paartjie in die Tuin van Eden gekom met 'n eksterne bewapening of sigbare wapen nie; in plaas daarvan het hy met 'n plan gekom. Dit was daardie idee, aangegryp deur Adam en Eva, wat hulle en die res van die mensdom vernietig het, met die enigste redding: die offerdood van God se Seun.

Die groot tragedie is, dat wetend of onwetend, die apostaatleraar sy onverwagte volgelinge verdoem. Toe Jesus met Sy dissipels oor die godsdienstige leiers van daardie tyd gepraat het, het Hy gesê, "Laat staan hulle maar; hulle is blinde leiers van blindes. As 'n blinde 'n blinde lei, val altwee in die sloot" (Matt 15:14). Dit is onrusbarend dat dit nie net die valse leermeesters is wat na die verderf gaan nie, maar ook hul volgelinge. Die Christenfilosoof S. Kierkegaard het dit só gestel: "For it has never yet been known to fail that one fool, when he goes astray, takes several others with him."

Slotwoord
In 325 vC, her die Raad van Nicea hoofsaaklik vergader om die saak van Arius en sy lering op te neem. Tot Arius se ontsteltenis was die eindresultaat sy ban en 'n stelling in die Nicene Creed wat Christus se goddelikheid bevestig: "We believe in one God, the Father Almighty, maker of all things visible and invisible; and in one Lord Jesus Christ, the Son of God, the only-begotten of His Father, of the substance

of the Father, God of God, Light of Light, very God of very God, begotten not made, being of one substance with the Father."

Arius mag eeue gelede gesterf het, maar sy geestelike kinders is vandag nog met ons in die vorm van die Jehova Getuies en ander groepe wat Christus se ware essensie en persoon ontken. Ongelukkig is dit so tot Christus se Wederkoms en tot elke laaste geestelike vyand verwyder is, sal onkruid soos hierdie teenwoordig wees tussen die koring (Matt 13:24-30). Die Skrif sê dat afvalligheid erger sal word soos die Wederkoms naderkom. "In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat" (Matt 24:10). Paulus het aan die gelowiges van Tessalonika vertel van groot afvalligheid wat Christus se Wederkoms sal voorafgaan (2 Tess 2:3) en dat die eindtyd deur verdrukking en roekelose godsdienstige verraaiers gekenmerk sal wees: "Dit moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal….eerder liefde vir genot hê as liefde vir God….die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af" (2 Tim 3:1-2,5).

Dit is nou belangriker as ooit dat elke gelowige bid vir onderskeidingsvermoë, afvalligheid teenstaan en ernstig stry vir die geloof wat eens en vir altyd aan die heiliges gegee is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is afvalligheid en hoe kan ek dit herken?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries