settings icon
share icon
Vraag

Wat is ware vriendskap volgens die Bybel?

Antwoord


Die Here Jesus het vir ons die definisie gegee van ‘n ware vriend: “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.” (Joh 15:13-15). Jesus is die suiwerste voorbeeld van ‘n opregte vriend, want Hy het Sy lewe vir Sy “vriende” afgelê. Ook kan enigeen Sy vriend raak deur in Hom te glo as sy/haar persoonlike Verlosser, deur weer gebore te word en nuwe lewe in Hom te ontvang.

Daar is ‘n voorbeeld van opregte vriendskap tussen Dawid en Saul se seun, Jonatan, wat, ten spyte van sy vader Saul se vervolging van Dawid en pogings om hom dood te maak, by sy vriend gestaan het. Jy vind hierdie storie in 1 Samuel 18 tot by hoofstuk 20. Gedeeltes wat veral van toepassing is, is: 1 Sam 18:1-4; 19:4-7; 20:11-17, 41-42.

Spreuke is ‘n ander goeie bron van wysheid aangaande vriende. “Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood” (Spreuke 17:17). “Maats kan jou breek, maar daar kan ook ‘n vriend wees wat nader is as ‘n broer” (Spreuke 18:24). Die kwessie hier is dat om ‘n vriend te kan hê, jyself ‘n vriend moet wees. “Op ‘n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene”(Spreuke 27:6). “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar” (Spreuke 27:17).

Die beginsel van vriendskap word ook in Amos gevind. “Sal twee saamloop as hulle dit nie afgespreek het nie?” (Amos 3:3). Vriende dink eenders. ‘n Vriend is iemand in wie jy kan belê met volkome vertroue. ‘n Vriend is iemand wat jy respekteer en wat jou ook respekteer, nie gebaseer op waardigheid nie, maar gebaseer op eendersheid van hart.

Laastens, die ware definisie van ‘n opregte vriend kom vanaf die apostel Paulus: “’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ‘n regverdige nie. Ja tog, vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Rom 5:7-8). “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê” (Joh 15:13). Dít is nou ware, opregte vriendskap!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is ware vriendskap volgens die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries