settings icon
share icon
Vraag

Wat is die ware Evangelie?

Antwoord


Die ware Evangelie is die goeie nuus dat God sondaars red. Die mens is van nature sondig en verwyder van God met geen hoop op herstel vanuit daardie situasie nie. God het egter voorsiening gemaak vir die mens se verlossing deur die dood, begrafnis en opstanding van die Verlosser, Jesus Christus.

Die woord "evangelie" beteken letterlik "goeie nuus", maar om werklik te verstaan hoe goed hierdie nuus is, moet ons eerstens die slegte nuus begryp. As gevolg van die mens se val in die Tuin van Eden (Gen 3:6) is elke deel van die mens – sy denke, wil, emosies en liggaam – is deur sonde bederf. As gevolg van die mens se sondige natuur, soek hy nie na God nie en hy kan Hom ook nie soek nie. Hy het geen hunkering na God nie en uiteraard is sy denke vyandiggesind teenoor God (Rom 8:7). God het verklaar dat die mens se sonde hom verdoem tot 'n ewigheid in die hel, verwyder van God af. Dit is in die hel waar die mens die prys betaal vir sy sonde teen 'n heilige en regverdige God. Dit sou sekerlik die slegte nuus wees, indien daar geen hoop op herstel was nie.

In die Evangelie egter het God in Sy groot genade daardie herstel voorsien, 'n plaasvervanger vir ons – Jesus Christus – wat gekom het om die skuld vir ons sonde te betaal deur Sy offerande aan die kruis. Dit is die kern van die Evangelie wat Paulus aan die Korintiërs verkondig het. In 1 Kor 15:2-4 verduidelik hy die drie elemente van die Evangelie – die dood, begrafnis en opstanding van Christus in ons plek. Ons ou natuur het saam met Christus aan die kruis gesterf en was saam met Hom begrawe. Daarna is ons saam met Hom opgewek in 'n nuwe lewe (Rom 6:4-8). Paulus sê dat ons moet vashou aan die ware Evangelie, die enigste een wat red. Om in enige ander Evangelie te glo, is nodeloos. In Rom 1:16-17 verklaar Paulus dat die ware Evangelie "n krag van God tot redding van elkeen wat glo" is, waarmee hy bedoel dat verlossing nie deur die mens se eie pogings verkry word nie, maar deur die genade van God en deur die gawe van geloof (Ef 2:8-9).

As gevolg van die Evangelie, deur die krag van God, is diegene wat in Christus glo (Rom 10:9) nie slegs van die hel gered nie, ons het 'n volkome nuwe natuur (2 Kor 5:17) ontvang , met 'n veranderde hart en 'n nuwe begeerte, wil en houding wat in goeie werke tot uiting kom. Dit is die vrug wat die Heilige Gees in ons voortbring deur Sy krag. Werke is nooit die teken van redding nie, maar dit is die bewys daarvan (Ef 2:10). Diegene wat deur die krag van God gered is, sal altyd die getuienis van verlossing wees deur 'n veranderde, nuwe lewe.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die ware Evangelie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries