settings icon
share icon
Vraag

Wanneer het die kerk begin/’n aanvang geneem?

Antwoord


Die kerk het begin op Pinksterdag, 50 dae na die Paasfees toe Jesus gesterf het en weer opgestaan het. Die woord vertaal as “kerk” kom vanaf twee Griekse woorde wat tesame die betekenis het van “uit die wêreld geroep vir God.” Die woord word regdeur die Bybel gebruik en verwys na almal wat wedergebore is (Joh 3:3) deur geloof in die dood en opstanding van Jesus (Rom 10:9-10). Die woord “kerk,” wanneer dit gebruik word om na alle gelowiges oraloor te verwys, is sinoniem met die term “Liggaam van Christus” (Ef 1:22-23; Kol 1:18).

Die woord “kerk” verskyn in Matt 16, toe Jesus vir Petrus vertel het, “op hierdie rots sal Ek My kerk bou en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (vers 18). Die “rots” hier is die stelling wat Petrus gemaak het, “U is die Christus, die Seun van die lewende God” (vers 16). Daardie waarheid oor Jesus is die rotsfondasie van die kerk wat oor twee duisend jare gefloreer het. Almal wat daardie waarheid die fondasie van sy/haar eie lewe maak, word ‘n lidmaat van Jesus se kerk (Hand 16:31).

Jesus se woorde, “op hierdie rots sal Ek My kerk bou,” was ‘n voorafskaduwing van wat sou gebeur, wanneer Hy die Heilige Gees sou stuur om woning te maak in gelowiges (Joh 15:26-27; 16:13). Jesus moes steeds die kruisdood beleef en ook die opstanding. Alhoewel die dissipels gedeeltelik verstaan het, het die vervulling van alles waarvoor Jesus gekom het , nog nie gebeur nie. Na Sy opstanding het Jesus nie toegelaat dat Sy volgelinge met die werk begin het, wat Hy vir hulle gegee het, om dissipels van al die nasies te maak (Matt 28:19-20), tot tyd en wyl die Heilige Gees gekom het nie (Hand 1:4-5).

Die boek Handelinge bevat die besonderhede van die kerk en die wonderbaarlike uitbreiding deur die krag van die Heilige Gees. Tien dae nadat Jesus opgevaar het hemel toe (Hand 1:9), was die Heilige Gees uitgestort oor 120 volgelinge van Jesus, wat gewag en gebid het (Hand 1:15; 2:1-4). Dieselfde dissipels wat in vrees geleef het om geïdentifiseer te word met Jesus (Mark 14:30, 50) was skielik bemagtig om met dapperheid die evangelie van die opgestane Messias te verkondig en hul boodskap geldig te maak deur middel van tekens en wonderwerke (Hand 2:4, 38-41; 3:6-7; 8:7). Duisende Jode van alle dele van die wêreld was in Jerusalem vir die Pinksterfees. Hulle het die evangelie in hul eie tale gehoor (Hand 2:5-8), en baie het geglo (Hand 2:41; 4:4). Hulle wat gered was, was gedoop en daar was daagliks meer toevoegings tot die kerk. Toe vervolging uitgebreek het, het die gelowiges uitmekaar geskeur en sodoende die evangelie met hulle saam geneem en so het die kerk vinnig na alle reeds bekende dele van die aarde versprei (Hand 8:4; 11:19-21). Die begin van die kerk het Jode in Jerusalem ingesluit, maar die kerk het vinnig na ander groepe mense versprei. Die Samaritane was deur Filippus geëvangeliseer in Hand 8. In Hand 10 het God aan Petrus ‘n visioen gegee wat hom gehelp verstaan het dat die verlossingsboodskap nie net beperk was tot die Jode nie, maar oop was vir enigiemand wat geglo het (Hand 10:34-35, 45). Die redding van die Etiopiese ontmande Filippus (Hand 8:26-39) en die Italiaanse kaptein, Kornelius (Hand 10) het die Joodse gelowiges oortuig dat God se kerk wyer strek as wat hulle gedink het. Die wonderbaarlike roeping van Paulus op die Damaskuspad (Hand 9:1-19) het die weg geopen vir selfs ‘n groter verspreiding van die evangelie na die Heidene (Rom 15:16; 1 Tim 2:7).

Jesus se profetiese woorde aan Petrus voor die kruisiging het waar geword. Alhoewel vervolging en die “poel van vuur” daarteen geveg het, het die kerk net sterker gegroei. Openbaring 7:9 gee ‘n kykie na die kerk van God soos dit veronderstel is om te wees: “Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad en daar was palmtakke in hulle hande.” Die kerk wat Jesus begin het, sal voortgaan tot die dag dat Hy weer kom vir ons (Joh 14:3; 1 Tess 4:16-17) en ons sal met Hom vir ewig verenig word as Sy bruid (Ef 5:27; 2 Kor 11:2; Openbaring 19:7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wanneer het die kerk begin/’n aanvang geneem?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries