settings icon
share icon
Vraag

Wanneer het God die engele geskep?

Antwoord


‘n Poging om te bepaal wanneer God die engele geskep het, is ietwat lastig, omdat enigiets wat God vóór die grondlegging van die aarde gedoen het, plaas die gebeure buitekant tyd self. Tyd en ruimte is karaktereienskappe van ons wêreld, nie van God s’n nie. Hy word nie beperk deur ure, dae en jare soos ons nie. Die Bybel vertel ons dat “vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag” (2 Pet 3:8).

Ons weet dat God die engele geskep het voordat hy die fisiese heelal geskep het. Die boek Job beskryf dat die engele God aanbid het, toe Hy besig was om die wêreld te skep: “Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het. Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit? Wie het ‘n maatlyn oor hom gespan? Waarop is sy voetstukke neergesit? Wie het hom aanmekaargesit daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemelinge gejubel het?” (Job 38:4-7).

As ons die funksie van die engele in ag neem, moet ons tot die slotsom kom dat God die engele net voor die skepping van die mensdom geskep het, omdat een van hul pligte was “in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beёrf” (Hebr 1:14). Ons weet ook dat hulle bestaan het voor die tuin van Eden, omdat Satan, wat voorheen die engel Lucifer was, alreeds teenwoordig was in sy gevalle toestand in die tuin van Eden. Omdat aanbidding tot God rondom Sy troon (Openbaring 5:11-14) egter ‘n ander funksie van engele is, kan dit wees dat hulle al miljoene jare bestaan – soos óns tyd bereken – voordat God die wêreld geskep het, Hom aanbid en Hom gedien het.

Dus, alhoewel die Bybel nie spesifiek sê wanneer God die engele geskep het nie, was dit een of ander tyd vóórdat die wêreld geskep was. Of dit ‘n dag vantevore was of biljoene jare tevore – soos óns tyd bereken – kan ons nie seker weet nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wanneer het God die engele geskep?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries