settings icon
share icon
Vraag

Waar is die hemel? Waar is die hemel geleë?

Antwoord


Die hemel is met groot sekerheid ‘n werklike plek. Die Bybel praat baie spesifiek van die hemel se bestaan – en toegang tot die hemel deur geloof in Jesus Christus – maar daar is geen verse wat aan ons ‘n geografiese ligging gee nie. Die kort antwoord tot hierdie vraag is, “die hemel is waar God is.” Die plek waarna verwys word in hierdie vraag, word “derde hemel” en “paradys” genoem in 2 Kor 12:1-4, waar die apostel Paulus vertel van die lewendige man wat “weggeruk” is tot in die hemel en was nie by magte om dit te beskryf nie. Die Griekse woord “weggeruk” (weggevoer) word ook in 1 Tess 4:17 gebruik, waar die wegraping beskryf word, waar gelowiges “op die wolke weggevoer” sal word, om saam met die Here te wees.

Ander verse wat aandui dat die hemel “bokant” die aarde is, is baie. By die toring van Babel, sê God, “Kom laat Ons afgaan” (Gen 11:7). In Ps 103:11 word van die ligging van die hemel melding gemaak as “so groot as die afstand tussen hemel en aarde is” (“high above the earth”) en in Ps 14:2 “Van die hemel af kyk die Here die mense deur.” Jesus word beskryf asof Hy opgeneem is in die hemel in Joh 3:13 (in die ESV: “ascended into heaven”, “descended from heaven”). In Hand 1:9-11 word dit ook beskryf asof Jesus opgeneem is in die hemel en toe God vir Johannes hemel toe geneem het in Openbaring 4:1, sê Hy, “Kom op hierheen.” Hierdie gedeeltes lei tot die gevolgtrekking dat die hemel bokant die aarde se lugruimte is en bokant die sterre.

Aangesien God gees is, kan “hemel” nie ‘n plek ver weg van ons aandui waar Hy woon nie. Aan die Griekse gode was gedink asof hulle die meeste van hul tyd, ver weg van die aarde, in soort van ‘n hemelse ekwivalent aan die Bahamas, spandeer het, maar die God van die Bybel is nie so nie. Hy is altyd naby ons wanneer ons na Hom roep (Jak 4:8) en ons word aangemoedig om nader na Hom te gaan (Hebr 10:22). Ons dink aan die hemel as ‘n soort plek waar heiliges en engele woon, omdat heiliges en engele, God se skepsels is en hulle bestaan in tyd en ruimte. As daar egter gesê word dat die Skepper “in die hemel” is, is die gedagte dat Hy op ‘n ander vlak as ons bestaan, meer aanvaarbaar, as in ‘n ander plek.

Dat God in die hemel altyd naby aan Sy kinders op aarde is, is iets wat die Bybel regdeur aan uitdrukking gee. Die Nuwe Testament maak aansienlik, van tyd tot tyd melding van die hemel. Tog selfs met hierdie veelvuldige herhaling, is ‘n gedetaileerde beskrywing nie daar nie. Miskien het God doelbewus die ligging geheim gehou, ‘n misterie, want dit is belangriker vir ons om op die hemelse God te fokus, as die beskrywing of ligging van Sy woning. Dit is belangriker om die “hoekom” en die “wie” as die “waar” te ken. Die Nuwe Testament fokus op die hemel en wie daar is, in plaas van om ons presies te vertel hoe dit daar is of waar dit is. Hel is ‘n plek van skeiding en straf (Matt 8:12; 22:13). Die hemel aan die ander kant, is ‘n plek van gemeenskap en ewige blydskap en nog meer belangrik, om rondom die Troon van God te aanbid.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waar is die hemel? Waar is die hemel geleë?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries