settings icon
share icon
Vraag

Wat is Calvinisme en is dit bybels? Wat is die vyf punte van Calvinisme?

Antwoord


Die vyf punte aangaande Calvinisme kan opgesom word deur die letterwoord TULIP. T staan vir volkome verworpenheid, U vir onvoorwaardelike uitverkiesing, L vir beperkte versoening, I vir onweerstaanbare genade en P vir volharding van die heiliges. Hier is die definisies en Skrifverwysings wat Calviniste gebruik om hul oortuiging te verdedig:

Volkome Verworpenheid – As gevolg van Adam se val is die hele menslike ras geaffekteer; alle mense is dood in oortredinge en sondes. 'n Mens kan nie homself red nie (Gen 6:5; Jer 17:9; Rom 3:10-18).

Onvoorwaardelike Uitverkiesing – Aangesien die mens dood is in die sonde, is hy onbevoeg om aan God 'n antwoord te gee nie; dus, het God in die ewigheid wat verby is, sekere mense uitgekies tot redding. Eleksie en uitverkiesing is onvoorwaardelik; dit is nie gebaseer op 'n mens se antwoord nie (Rom 8:29-30; 9:11; Ef 1:4-6, 11-12), aangesien die mens nie bevoeg is om te antwoord nie en hy wil ook nie.

Beperkte Versoening – Aangesien dat God bepaal het dat sekere mense gered sal word, as 'n gevolg van God se onvoorwaardelike uitverkiesing, het Hy besluit dat Christus slegs vir die uitverkorenes sal sterf. Almal vir wie God uitverkies het en vir wie Christus gesterf het, sal gered word (Matt 1:21; Joh 10:11; 17:9; Hand 20:28; Rom 8:32; Ef 5:25).

Onweerstaanbare genade – Vir hulle wat God uitverkies het, trek Hy na Homself deur onweerstaanbare genade. God maak die mens gewillig om na Hom toe te kom. As God roep, antwoord die mens (Joh 6:37, 44; 10:16).

Volharding van die Heiliges – Die presiese mense wat God uitverkies het en na Homself deur die Heilige Gees trek, sal volhard in geloof. Niemand wat God uitverkies het, sal verlore gaan nie; hulle is vir die ewigheid gewaarborg (Joh 10:27-29; Rom 8:29-30; Ef 1:3-14).

Alhoewel al hierdie doktrines op die Bybel gebaseer is, verwerp baie mense almal of sommige daarvan. Die sogenaamde "Vierpunt Calviniste" aanvaar Volkome Verworpenheid, Onvoorwaardelike Uitverkiesing, Onweerstaanbare Genade en Volharding van die Heiliges as bybelse leerstellings. Die mens is definitief sondig en nie by magte om op sy eie in God te glo nie. God verkies mense uit, slegs gebaseer op Sy wil – uitverkiesing is nie gebaseer op enige meriete t.o.v. die verkose persoon nie. Almal wat God uitverkies het, sal tot geloof kom. Almal wat werklik wedergebore is, sal volhard in hul geloof. Volgens Beperkte Versoening, egter, glo Vierpunt Calviniste dat versoening onbeperk is, deur te argumenteer dat Jesus gesterf het vir die sondes van die hele wêreld, nie net vir die sondes van die uitverkorenes nie. "Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld" (1 Joh 2:2). Ander verse wat Beperkte Versoening opponeer, is Joh 1:29; 3:16; 1 Tim 2:6 en 2 Pet 2:1.

Die Vyfpunt Calviniste sien egter 'n probleem met die Vierpunt Calvinisme. Eerstens argumenteer hulle, dat, indien verdorwenheid waar is, dan kan Onbeperkte Versoening onmoontlik waar wees, omdat Jesus vir die sonde van almal gesterf het, dan, indien Sy dood van toepassing is op 'n individu, hang af óf daardie mens vir Christus "aanvaar" óf nie. Soos ons egter sien van die bogenoemde Volkome Verdorwenheid, het die mens in sy natuurlike toestand geen vermoë, van watter aard ookal, om vir God te kies nie en hy wil ook nie. Indien Onbeperkte Versoening waar is, dan is die hel vol mense vir wie Christus gesterf het. Hy het Sy bloed dan nodeloos vir hulle gestort. Vir die Vyfpunt Calvinis is dit ondenkbaar. Let asb daarop: hierdie artikel is slegs 'n kort opsomming van die Vyfpunt Calvinisme. Vir 'n meer in diepte ondersoek, besoek asb. die volgende bladsye: Volkome Verworpenheid, Onvoorwaardelike Uitverkiesing, Beperkte Versoening, Onweerstaanbare Genade en Volharding van die Heiliges.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Calvinisme en is dit bybels? Wat is die vyf punte van Calvinisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries