settings icon
share icon
Vraag

Kan vroue as ouderlinge in die kerk dien?

Antwoord


Daar is twee primêre sienings aangaande die vraag of vroue as ouderlinge in die kerk kan dien. Die gelykmakende siening is dat vroue kan dien as ouderlinge, solank as hulle voldoen aan die voorskrifte in 1 Tim 3:1-7 en Titus 1:5-9. Die aanvullende siening bevestig die teenoorgestelde en staaf dat vroue nie toegelaat word om te dien in die amp as ouderling in die kerk nie.

Kom ons kyk na 1 Tim 3:1-7: "Dit is 'n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy 'n voortreflike werk. 'n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; hy moenie aan drank verslaaf of 'n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem? Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word en dan tref dieselfde oordeel hom as vir die duiwel. Ook by mense buite die gemeente moet hy as 'n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in 'n strik van die duiwel val nie."

Die eerste ding om in hierdie gedeelte na op te let, is die getal manlike voornaamwoorde (hy en sy). Die voornaamwoorde," hy, sy en hom" kom 14 keer in 1 Tim 3:1-7 voor. Selfs 'n vlugtige lees van hierdie gedeelte kan daartoe lei dat die gemiddelde persoon tot die slotsom kom, dat die rol van die ouderling deur 'n man gevul moet word. Die frase "getrou aan sy vrou" dui ook daarop dat die ouderling veronderstel is om 'n man te wees. Dieselfde punte word in die ooreenstemmende gedeelte van Titus 1:5-9 gevind.

Die gedeeltes wat die kwalifikasies en pligte van die ouderlinge beskryf, maak nie deure oop vir vroue om te dien nie. Die gedurige gebruik van manlike voornaamwoorde en terminologie argumenteer sterk dat die amp van ouderling slegs tot mans beperk moet word. Soos met ander kwessies soortgelyk, is die verbod op vroue as ouderlinge nie 'n kwessie van chauvinisme nie. In geen opsigte is dit 'n saak dat mans superieur ten opsigte van vroue is nie. God beperk eerder die amp van ouderling tot mans, net omdat dit is hoe Hy wil hê dat die kerkstruktuur moet funksioneer. Godvresende manne moet as leiers dien en vroue in die uiters belangrike ondersteunende rolle.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan vroue as ouderlinge in die kerk dien?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries