Vraag
Watter rolle kan vroue in bediening vervul?
Antwoord
Vroue in bediening is ‘n kwessie waaroor Bybelgelowige Christene kan saamstem of nie. Die punt van skeiding sentreer op Skrifgedeeltes wat vroue verbied om in die kerk te praat of “oor die man gesag uit te oefen ” (1 Tim 2:12; 1 Kor 14:34). Die verskil in ooreenstemming is óf daardie gedeeltes relevant is vir die tydperk waarin dit neergeskryf was. Sommige stry daarteen, aangesien daar in Gal 3:28 geskryf staan dat dit nie saak maak of “iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.” Vroue is vry om enige veld of bediening wat vir mans oop is, te volg. Ander voel dat 1 Tim 2:12 huidig nog van toepassing is, aangesien die basis vir die opdrag nie kultureel, maar universeel is, gewortel in die orde van die skepping (1 Tim 2:13-14).
1 Pet 5:1-4 bespreek die kwalifikasies van ‘n ouderling. “Presbuteros” is die Griekse woord wat 66 keer in die Nuwe Testament gebruik word om die “seasoned male overseer” aan te dui. Dit is die manlike vorm van die woord. Die vroulike vorm “presbutera” word nooit gebruik as verwysing na ouderlinge of herders nie. Gebaseer op die kwalifikasies gevind in 1 Tim 3:1-7, is die rol van ‘n ouderling vervangbaar met biskop/pastoor/opsiener (Titus 1:6-9; 1 Pet 5:1-3). Na aanleiding van 1 Tim 2:12 behoort ‘n vrou nie “onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie,” en wil dit duidelik voorkom dat die posisie van ouderlinge en pastore – wat toegerus moet wees om te onderrig, die gemeente moet lei en omsien na hul geestelike groei (1 Tim 3:2) – slegs vir mans gereserveer moet word.
Ouderlinge/biskoppe/pastore hoort slegs in dié amp, gereserveer vir mans.Vroue het altyd ‘n belangrike rol in die groei van die kerk gespeel, selfs onder die paar wat as getuies by die kruisiging van Christus was, toe die meeste dissipels weggehardloop het (Matt 27:55; Joh 19:25). Die apostel Paulus het hoë agting vir vroue gehad en in baie van sy briewe aan die kerke het hy spesifieke vroue by hul name gegroet (Rom 16:6, 12; Kol 4:15; Fil 4:2-3; Filemon 1:2). Paulus spreek hierdie vroue aan as “medewerkers” en hulle het duidelik die Here gedien tot voordeel van die hele kerk (Fil 4:3; Kol 4:15).
Ampte was in die vroeë kerk gebruik om in die behoeftes van die liggaam in te pas. Alhoewel baie moderne kerke die posisies van ouderling en diaken omgeruil het, was hulle nie dieselfde amp nie. Diakens was aangewys om te dien in ‘n fisiese kapasiteit as die behoefte ontstaan het (Hand 5:2-3). Daar is geen duidelike verbod teen vroue wat op hierdie wyse dien nie. Rom 16:1 dui aan dat ‘n vrou by name Febe, ‘n gerespekteerde diakones in die kerk in Rome was.
Daar is geen skriftelike voorwaarde wat vroue verbied om ook as aanbiddingsleiers, jeugpredikers of kinderversorgers te dien nie. Die enigste beperking is dat hulle nie ‘n rol van geestelike outoriteit oor volwasse mans mag deel nie. Die besorgdheid in die Skrif wil voorkom asof dit handel oor die kwessie van geestelike outoriteit, eerder as die funksie, dus enige rol wat nie die geestelike outoriteit oor volwasse mans opneem nie, is toelaatbaar.
English
Watter rolle kan vroue in bediening vervul?