settings icon
share icon
Vraag

Kan vroue dien as diakens in die kerk?

Antwoord


Die Skrif is nie volkome duidelik of 'n vrou as diaken kan dien of nie. Die stelling dat diakens in 1 Tim 3:8 "manne van goeie karakter" moet wees en die kwalifikasie dat"'n diaken moet aan sy vrou getrou wees" (1 Tim 3:12), maak dat dit lyk asof vroue nie kwalifiseer om as diakens te dien nie. Tog interpreteer sommige 1 Tim 3:11 as 'n verwysing na vroue-diakens, omdat die Griekse woord "eggenote" ook vertaal kan word as "vroue". Paulus verwys nie hier na diakens se vroue nie, maar na die vroue wat as diakens dien. Die gebruik van die woord "Net so" as 'n inleiding in vers 8 stel 'n derde groep leiers voor, as byvoeging tot die ouderlinge en diakens. Ook het Paulus geen voorskrifte vir ouderlinge se vroue gegee, toe hy die kwalifikasies van ouderlingskap uiteengesit het nie. Waarom sou hy dan 'n lys van kwalifikasies maak vir diakens se vroue? Indien dit belangrik sou wees vir die vroue van leiers om op 'n sekere manier op te tree, is dit logies om aan te neem dat hy nog meer – of ten minste op gelyke voet – begaan sou wees oor die ouderlinge se vroue, aangesien ouderlinge in 'n meer prominente amp in die kerk staan. Hy maak egter geen oproep op die ouderlinge se vroue nie.

Rom 16:1 verwys na Febe met dieselfde woord wat Paulus in 1 Tim 3:12 gebruik. Dit is onduidelik of Paulus sê dat Febe 'n diaken is of net 'n dienaar. In die vroeë kerk het vroue-bedienaars omgesien na siek gelowiges, die armes, vreemdelinge en diegene in tronke. Hulle het vrouens en kinders leiding gegee (Titus 2:3-5). Febe mag dalk nie die amptelike toekenning van "diaken" gehad het nie, maar Paulus het genoeg van haar gedink om haar met geweldige groot verantwoordelikheid op te saal, deur sy sendbrief aan die kerk in Rome af te lewer (Rom 16:1-2). Hy het haar duidelik nie as ondergeskik of minder bekwaam gesien nie, maar wel as 'n betroubare en waardige lid van die liggaam van Christus.

Die Skrif gee nie baie ondersteuning aan die gedagte dat vroue as diakens dien nie, maar diskwalifiseer hulle ook nie. Sommige kerke het die amp van diakones ingestel, maar die meeste het dit op een of ander wyse gedifferensieer van die amp van manlike diakens. Indien 'n kerk die amp van diakones instel, moet die kerk se leierskap seker maak dat die diakones onderdanig is aan die bepalinge wat Paulus plaas op die bediening van vroue in ander gedeeltes (soos 1 Tim 2:11-12), netsoos alle leierskap ondergeskik is aan die outoriteitstuktuur van die kerk en bo alles aan ons hoogste outoriteit, Christus Jesus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan vroue dien as diakens in die kerk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries