Vraag
Wie was die vroeë kerkvaders?
Antwoord
Die vroeë kerkvaders val basies in drie kategorieë: apostoliese vaders, pre-Niceaanse kerkvaders en post-Niceaanse kerkvaders. Die apostoliese kerkvaders was mense soos Clement van Rome, wat tydelike voorgangers van die apostels was en klaarblyklik deur hulle geleer is. Hulle het hierdie tradisie en lering van die apostels voortgedra. Linus, wat in 2 Tim 4:21 genoem word, het die biskop van Rome geword na Petrus se dood en Clement het by Linus oorgeneem. Beide laasgenoemde twee word beskou as apostoliese vaders. Daar is blykbaar geen geskrifte wat oorgebly het van Linus nie, terwyl baie van Clement behoue gebly het. Die apostoliese vaders het aan die begin van die tweede eeu grootliks van die toneel verdwyn, behalwe dié wat moontlik dissipels van Johannes was, soos Polycarp. Daar word vertel dat die apostel Johannes om en by AD 98 in Efese dood is.
Die pre-Niceaanse vaders was diegene wat na die apostoliese vaders gekom het, na die Raad van Nicea in AD 325. Hulle was Irenaeus, Ignatius en Justin Martyr.
Die post-Niceaanse kerkvaders is diegene wat na die Raad van Nicea in AD 325 gekom het. Hulle was Augustine, biskop van Hippo, wat dikwels die vader van die (Rooms Katolieke) Kerk genoem is, as gevolg van sy groot werk in kerkdoktrine; Chrysostom, wat die “goue mond” genoem is, as gevolg van sy sprekersgawe; en Eusebius wat ‘n geskiedkundige geskrif oor die kerk geskryf het, vanaf Jesus se geboorte tot AD 324, een jaar voor die Raad van Nicea. Hy word ingesluit by die post-Niceaanse era, aangesien hy nie sy geskiedenis geskryf het voordat die Raad van Nicea eers gehou was nie. Ander post Niceaanse vaders was Jerome, wat die Griekse Nuwe Testament in die Latynse Vulgaat vertaal het en Ambrose, wat grootliks verantwoordelik was vir die Keiser Konstantyn se bekering tot die Christendom.
Wat het die vroeë kerkvaders dus geglo? Die apostoliese vaders was baie bekommerd oor die verkondiging van die Evangelie soos die apostels self dit verkondig het. Hulle was nie geïnteresseerd om teologiese doktrine te formuleer nie, want die Evangelie soos hulle dit van die apostels geleer het, was heeltemal voldoende vir hul. Die apostoliese vaders was netso ywerig soos die apostels self om valse lering wat in die vroeë kerk voorgekom het, oop te vlek en uit te roei. Die behoud van die regsinnigheid van die boodskap was die apostoliese vaders se begeerte, om sodoende getrou te bly aan die waarheid van die Evangelie soos hul deur die apostels geleer is.
Die pre-Niceaanse vaders het ook probeer om getrou aan die Evangelie te bly, maar daar was verskeie valse geskrifte, wat beweer het dat dit dieselfde gewig dra as die bestaande dokumente van Paulus, Petrus en Lukas. Die rede vir hierdie onegte geskrifte was duidelik. Indien die liggaam van Christus oorreed kon word om ‘n valse dokument te aanvaar, sou daar foute in die kerk insluip. Die pre-Niceaanse vaders het dus baie van hul tyd spandeer om die Christelike geloof teen valse lering te verdedig en dit het gelei tot die begin van die vorming van aanvaarde kerklering.
Die post-Niceaanse vaders het die roeping gehad om die Evangelie te vededig teen alle soorte van dwaalleringe en dus het hulle meer en meer belangstelling getoon in metodes rakende hierdie onderwerp. Algaande het hul al minder belangstelling getoon in die poging om by die waarheid en suiwerheid van die Evangelie te bly, wat die handelsmerk van die ou apostoliese vaders was. Dit was die eeu van die teoloë en eindelose bespreking oor obskure onderwerpe soos “how many angels can dance on the head of a pin”.
Die vroeë kerkvaders was ‘n voorbeeld vir ons van wat dit beteken om Christus te volg en die waarheid te verdedig. Nie een van hulle was volmaak nie, netsoos nie een van ons volmaak is nie. Sommige van hulle het gelowe gehad wat die meeste hedendaagse Christene as verkeerd sou beskou. Wat uiteindelik in die Rooms Katolieke teologie ontwikkel het, het ontstaan vanuit die geskrifte van die post-Niceaanse vaders. Terwyl ons kennis en insig kan kry, deur die vroeë kerkvaders te bestudeer, moet ons geloof bó alles in die Woord van God bly en nie in die vroeë Christelike leiers se geskrifte nie. Net God se Woord is onfeilbaar en gee leiding vir geloof en praktyk.
English
Wie was die vroeë kerkvaders?