settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek my vrees vir die laaste dae oorkom?

Antwoord


Jesus het gesê dat die eindtyd ‘n paar vreesaanjaende gebeure sal insluit: “Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is” (Luk 21:26). Sommige mense is deesdae vol vrees net om te dink oor wat gaan gebeur. Maar die Here wil nie hê dat ons moet vrees nie: “Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee” (Luk 12:32).

Die beste manier om vrees te oorkom vir die laaste dae is om geestelik voorbereid te wees daarvoor. Eerstens en die belangrikste, jy moet ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus hê, om ewig te lewe (Joh 3:16; Rom 10:9-10). Slegs deur Hom kan jy vergifnis van sonde ontvang en die ewigheid saam met God hê. As God jou Vader is en Jesus jou Here, is daar niks om oor bekommerd te wees nie (Fil 4:7).

Tweedens, elke Christen moet ‘n lewe leef wat in ooreenstemming is met die roeping wat ons in Christus het. Ef 4:1-3 leer, “Laat julle lewenswandel inooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.” Om Christus te ken en binne Sy wil te lewe, dra jou op die weg, om vrees te verminder van enige aard.

Derdens, aan Christene word God se vrymaking belowe en dit is bemoedigend. 1 Tess 4:13-18 stel dit so,

“Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. Ons glo immers dat Jesus gesterwe, maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. Dit sê ons vir julle op grond van wat die Here gesê het: Ons wat bly lewe tot met die wederkoms van die Here, sal die ontslapenes hoegenaamd nie voor wees nie. Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde.”

Sonder vrees vir die toekoms, moet ons met blydskap daarna uitsien. Hulle wat in Christus is, sal “die lug in” weggevoer word om Hom te ontmoet “en so sal ons altyd by die Here wees.”

Verder sê die Skrif dat ons nie nodig het om die oordeelsdag te vrees nie: Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie” (1 Joh 4:17-18).

Hulle wat nie vir Christus ken nie, het nie die belofte van vrede vir die toekoms nie. Vir ongelowiges is daar werklik kommer, omdat hulle nie die kwessie uitgesorteer het van waar hulle die ewigheid gaan deurbring nie. Ongelowiges sal nie deel wees in die wegraping nie en sal die verdrukking beleef; hulle het inderdaad iets om te vrees. Gelowiges vrees nie die eindtyd nie, want ons streef om te leef in ooreenstemming met die roeping wat ons in Christus het, sien uit na Jesus se wederkoms en rus in die wete dat ons tye in Sy hande is (Ps 31:16).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek my vrees vir die laaste dae oorkom?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries