Vraag
Kan ‘n vreemde misleiding (aliens) deel van die eindtyd wees?
Antwoord
Ons weet dat die gebeure rondom die eindtye, soos in die Bybel beskryf, ‘n kragtige misleiding sal insluit (Matt 24:24). Onlangs het belangstelling toegeneem in die teorie dat hierdie misleiding “aliens” van ‘n ander planeet sal insluit. So raar soos dit mag klink, hierdie teorie is heeltemal aanneemlik vanuit ‘n Christelike perspektief. Alhoewel die Bybel nie daaroor woord gee of “aliens” bestaan of nie – daar is geen insluiting van hulle in die skeppingsverhaal in Genesis nie en nêrens word hulle genoem nie – die Bybel vertel ons van besoekers vanuit ‘n ander wêreld – die geesteswêreld.
Sedert die begin, is gevalle van demone (gevalle engele) wat die aarde besoek, waargeneem en is dit opgeteken. Ons weet van Eva se voorbeeld met Satan, dat demone geïnteresseerd is om die vooruitgang van die mensdom te monitor (en te verander). Hulle wil betrokke wees, met die doel om die mensdom weg te lei van die aanbidding van God en om eerder die mens se aandag te draai na hulle toe. ‘n Ander voorbeeld van hul interaksie met ons word gevind in Gen 6:4 met die koms van die “hemelwesens.” Die Genesis-verhaal sê dat hierdie sterk wesens seksuele omgang met vroue gehad het en ‘n superras, bekend as die Nephilim voortgebring het. Hierdie klink soos ‘n soort wetenskapfiksie, tog is dit in die Bybel geskryf. Daar is treffende ooreenkomste tussen hierdie opgawe en die opgawes van ander antieke kulture. Die geskrifte van die antieke Sumeriërs, byvoorbeeld (wat die eerste was om ‘n geskrewe taal na vore te bring) noem die teenwoordigheid van die “Anunnaki,” wat gode was wat vanuit die hemel gekom het om op die aarde saam met mense te kom woon. Dit is ook interessant om te let dat die Sumeriërs se gode dikwels in die vorm van slange gekom het.
Hierdie weergawes, gesien saam met die verbasende dinge wat deur die antieke mens geskep was, maak dit moontlik om te teoretiseer dat demone, in die vorm van wesens, komende vanuit ‘n ander wêreld aarde toe, deur skitterende wysheid en kennis aan mense te bring en met hul dogters te“ondertrou” in ‘n poging om die mense van God af weg te dryf. Ons sien reeds van Eva se ondervinding met die slang, dat demone die versoeking van buitengewone wysheid wil gebruik om die mens in ‘n val te lok en dat die mens baie vatbaar is daarvoor.
Kan die eindtyd ‘n soortgelyke “alien”-verleiding insluit? Die Bybel spreek nie hierdie kwessie direk aan nie, maar dit is sekerlik aanvaarbaar, vir verskeie redes. Eerstens, vertel die Bybel ons dat die wêreld sal verenig onder die mag van die Antichris. Om sodoende ‘n ooreenkoms tussen al die wêreldgodsdienste te verkry, maak dit sin vir die “vereniger” om te kom vanaf ‘n heeltemal nuwe afkoms – ‘n ekstra-ondermaanse afkoms. Dit is moeilik om jou voor te stel dat een godsdiens hoof oor al die ander word, tensy nuwe, bonatuurlike kennis die bron van die voorkoms en mag van die nuwe “godsdiens” was. Dit sou wees in pas met misleidings van die verlede en sou ‘n baie effektiewe manier wees om ‘n groot aantal mense te mislei. Tweedens, hierdie misleiding kan ‘n antwoord wees vir die probleem aangaande die aarde se oorspronge. Hierdie wetenskaplike teorie dat die evolusie van lewe op aarde spontaan ontstaan het, het steeds geen antwoord vir die begin van lewe nie. Daar is bewys vir ‘n “big bang,” maar dit verduidelik steeds nie wat die big bang se oorsaak was om te gebeur nie. Indien “alien”-wesens gearriveer het en ons ‘n ekstra-ondermaanse verduideliking vir lewe op aarde gegee het, die oorspronge van die wêreldgodsdienste en selfs die oorspronge van ons planeet, sou dit baie oortuigend wees.
Dit gesê, moet ons nie vrees nie. Die Here het gesê dat Hy ons nie sal begewe of verlaat nie en dat Hy ons sal beskerm (1 Kon 8:57; Matt 10:31; Jes 41:10). Demone/engele is nie alwetend nie en ook nie alomteenwoordig nie. Jesus het gesê dat in die eindtyd Sy verskyning soos ‘n weerligstraal sal wees – maklik sigbaar vir almal. Hy het gesê dat ons verdags moet wees vir enige wese wat sê “Kyk, hier is die Christus” of enige groep wat gesê het “Kyk, Hy is in die woestyn” of “Hy is in die slaapkamer” (Matt 24:23-26). Hy het gesê dat aasvoës vergader rondom ‘n dooie liggaam: dit beteken dat as jy ‘n groep mense sien vergader rondom iemand wat verkondig dat hy Christus is, daardie persoon dood is en ‘n valse profeet is.
Ons moet versigtig wees vir enigeen of ‘n wese wat tekens gee en wonders doen sonder bybelse getrouheid of sonder die teenwoordigheid van gehoorsaamheid aan die Here Jesus, enigeen wat ‘n wyse voorhou om die wêreldgodsdienste of regerings te verenig (Openbaring 13:5-8), enige wese wat onnatuurlike seksuele verhoudings bekend maak (Gen 6:4; Judas 1:6-7), en natuurlik enige persoon wat ontken dat Jesus God is (2 Joh 1:7). Verderaan, enigeen wat ‘n “plaasvervanger” Jesus voorstel, wat Hom verteenwoordig as “’n god, maar nie die God” nie of wie verkondig dat Hy meerendeels ‘n goeie leermeester was, eenvoudig ‘n mens, of selfs ‘n supermens of ‘n “alien”-wese, is ‘n bedrieër.
Laastens, indien demone openbaar dat “aliens” deel van die eindtyd is, moet ons onthou dat hulle, ook geskape wesens is, ondergeskik aan ‘n soewereine God en uiteindelik verantwoordbaar is aan Hom. Of dit ‘n “alien”-voorkoms is of nie, die beskrywings van demone in Openbaring is skrikwekkend (Openbaring 9:1-12), maar ons moet hulle nie vrees wat die liggaam kan doodmaak nie, maar slegs Hom wat die liggaam en die siel doodmaak en in die helse vuur werp (Matt 10:28). Dit maak nie saak wat met ons op aarde gebeur nie, ons moet op die Here vertrou, op Hom wat die Verlosser, die Redder en Beskermer van die siele is van hulle wat in Hom glo (Ps 9:10; 22:5).
English
Kan ‘n vreemde misleiding (aliens) deel van die eindtyd wees?