settings icon
share icon
Vraag

Vrae oor Adam en Eva

Antwoord


Was Adam en Eva gered? Die Bybel praat nie spesifiek van hul redding nie. Adam en Eva was die enigste twee menslike wesens wat God geken het, voordat hulle met sonde besmet geraak het. As gevolg daarvan , het hulle God waarskynlik beter geken ná hul val as enige van ons vandag. Hulle het baie beslis in God geglo en was op Hom aangewys.God het aanhou praat met Adam en Eva en na die val ook vir hulle voorsien. Hulle het geweet van God se belofte dat Hy ‘n Verlosser sou voorsien (Gen 3:15). God het klere van vel vir hulle gemaak na die val (Gen 3:21). Baie geleerdes verstaan dit as die eerste diere-offer, wat die uiteindelike kruisdood van Christus vir die wêreld se sondes, voorafgegaan het. Deur hierdie feite saam te vat, sou dit lyk asof Adam en Eva gered was en hemel/paradys toe gegaan het, toe hulle gesterf het.

Hoe baie kinders het Adam en Eva gehad? Die Bybel is nie spesifiek daaroor nie. Hulle het wel vir Kain gehad (Gen 4:1), Abel (Gen 4:2), Set (Gen 4:25) en baie ander seuns en dogters (Gen 5:4). Met waarskynlik honderde jare om te kon swanger raak, het Adam en Eva ongeveer 50+ kinders in hul leeftyd gehad.

Wanneer is Adam en Eva geskep? As die geskiedenis van die Ou Testament en die eeue in Gen 5 nagespoor word, was hulle waarskynlik ongeveer in 4000 v C geskep.

Was Adam en Eva grotbewoners? Gen 3 beskik oor ‘n ten volle intelligente gesprek met God. Adam en Eva was dalk “primitief” in hul begrip van baie konsepte, maar was glad nie “aapmense” of intellektueel gebrekkig nie. Hulle was die mees volmaakte menslike wesens in die wêreld se geskiedenis.

Hoe lank was Adam en Eva in die Tuin van Eden voordat hulle gesondig het? Die Bybel is ook nie hieroor duidelik nie. Dit wil voorkom asof hulle vir ‘n kort periode in die Tuin was, moontlik so min as ‘n dag of twee. Hulle het geen kinders na die sondeval in die wêreld gebring, tydens hul verblyf in die tuin nie (Gen 4:1-2), dus, was dit onwaarskynlik dat hulle lank in die Tuin van Eden was.

Het Adam en Eva naeltjies (bellybuttons) gehad? ‘n Naeltjie word gevorm deur die naelstring wat met die baba verbind is in die moeder se baarmoeder. Adam en Eva is direk deur God geskep en het nie deur die normale geboorteproses gegaan nie. Dus, hulle sou waarskynlik nie “bellybuttons” gehad het nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Vrae oor Adam en Eva
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries