settings icon
share icon
Vraag

Wat is vooronderstellings-apologetiek?

Antwoord


Voorveronderstellings-apologetiek is 'n benadering tot apologetiek wat daarop gemik is om 'n rasionele grondslag vir die Christelike geloof te bied en dit teen besware te verdedig deur die logiese gebreke van ander wêreldbeskouings bloot te lê en sodoende te demonstreer dat Bybelse teïsme die enigste wêreldbeskouing is wat werklikheid konsekwent sinvol kan verklaar.

Voorveronderstellings-apologetiek maak nie die gebruik van bewyse af nie, maar sulke bewyse word nie op die tradisionele wyse gebruik nie — dit wil sê 'n beroep op die gesag van die ongelowige se outonome rede. Vooronderstellings-apologetiek verklaar dat sonder 'n Christelike wêreldbeskouing, daar geen konsekwente grondslag is om die moontlikheid van outonome rede aan te neem nie. Wanneer die materialis probeer om die Christendom te weerlê, deur te beroep op deduktiewe rede, leen hy in werklikheid van die Christelike wêreldbeskouing en is hy dus inkonsekwent met sy verklaarde vooronderstellings.

Die vooronderstellings-benadering tot apologetiek vereis dat die Christen en die nie-Christen 'n interne ondersoek na hul onderskeie wêreldbeskouings doen en sodoende bepaal of hulle intern konsekwent is. Die kern van die vooronderstelling-sapologetiek is 'n poging om aan te toon dat die nie-Christen se wêreldbeskouing hom dwing tot 'n toestand van subjektiwiteit, irrasionalisme en morele anargie.

Aangesien die ongelowige se wêreldbeskouing objektief vals is, bevat dit noodwendig aantoonbare teenstrydighede (bv. hy maak morele veroordelings, maar hy kan nie morele absolute verduidelik sonder die Christelike/teïstiese wêreldbeskouing nie). Die gelowige, binne die Christelike raamwerk, kan dinge soos rasionaliteit, logika, eenvormigheid van die natuur, moraliteit, wetenskap, ens. verklaar, omdat die Christelike wêreldbeskouing ooreenstem met 'n transendente werklikheid.

In opsomming voer die vooronderstellings-apologeet 'n interne kritiek op 'n gegewe wêreldbeskouing uit, om aan te toon dat dit willekeurig, inkonsekwent in homself is en nie oor die voorwaardes vir epistemologie beskik nie. Die vooronderstellings-apologeet kan dus 'n bepaalde waarde, wat deur die ongelowige gehuldig word, neem en vir hom aantoon dat sy eie wêreldbeskouing waar sou wees, daardie geloof self inkonsekwent en/of sinloos sou wees. Vooronderstellings-apologetiek poog om die Christendom te bewys deur verwysing na die onmoontlikheid van die teenoorgestelde. Met ander woorde, tensy die Christelike wêreldbeskouing vooronderstel word — hetsy op 'n bewuste of onderbewuste vlak — is daar geen moontlikheid om enigiets te bewys nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is vooronderstellings-apologetiek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries