settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor voorvader-aanbidding?

Antwoord


Voorvader-aanbidding sluit godsdienstige oortuigings en praktyke in wat bestaan uit gebede en offergawes aan die geeste van gestorwe familielede. Dit word gevind in baie kulture regoor die wêreld. Gebede en offerandes word gedoen, omdat dit geglo word dat die geeste van voorvaders in die natuurlike wêreld voortleef en is dus by magte om die toekomste en voorspoed van die familie wat nog lewe, te beïnvloed. Hierdie geeste tree blykbaar ook op as tussengangers tussen die lewendes en die Skepper.

Die dooies was nie die enigste kriteria om as ‘n voorvaders aanbid te word nie. Die mens moet ‘n morele lewe gelei het, met groot sosiale onderskeiding om hierdie status te verkry. Voorvaders, so word daar geglo, beïnvloed die lewens van latere generasies deur hulle te seën of te vervloek, in wese tree hulle as gode op. Deur tot hulle te bid, geskenke te gee en offerandes te bring, bevredig hul en geniet jy hul voorkeur.

Bewyse van voorvader-aanbidding is op plekke in die Midde Ooste in Jerigo gevind, gedateer tot die 7de eeu voor Christus. Dit het bestaan in antieke Griekse en Romeinse kulture ook. Voorvader-aanbidding het die grootste invloed op Chinese en Afrika-godsdienste gehad en word gevind in Japanese en “Native American” godsdienste, waar dit beter bekend staan as voorvaderverering.

Wat sê die Bybel daaroor? Eerstens vertel die Bybel ons dat die dooies se geeste óf hemel óf hel toe gaan en nie in die natuurlike wêreld bly nie (Luk 16:20-31; 2 Kor 5:6-10; Hebr 9:27; Openbaring 20:11-15). Die oortuiging dat geeste aanhou om op aarde rond te dwaal ná die dood en ander se lewens beïnvloed, is nie volgens die Skrif nie.

Tweedens, nêrens in die Bybel staan daar dat die dooies as bemiddelaar tussen God en die mens optree nie. Ons word wel geleer dat Jesus Christus daardie rol vervul. Hy is gebore, het ‘n sondelose lewe gelei, is gekruisig vir ons sondes, begrawe in ‘n graf, deur God opgewek, is gesien deur ‘n menigte getuies, opgeneem in die hemel en sit nou aan die regterhand van die Vader, waar Hy intree vir hulle wat hul geloof en vertroue in Hom geplaas het (Hand 26:23; Rom 1:2-5; Hebr 4:15; 1 Pet 1:3-4). Daar ia net een Middelaar tussen God en die mens en dit is die Seun van God, Jesus Christus (1 Tim 2:5-6; Hebr 8:6, 9:15, 12:24). Nét Christus kan daardie rol vervul.

Die Bybel sê in Eks 20:3-6 dat ons geen ander god as die Here God mag aanbid nie. Verderaan, alhoewel waarsêers en towenaars geleer was om die dooies te kontak, was hulle ook uitdruklik deur God verbied om dit te doen (Eks 22:18; Lev 19:32, 20:6, 27; Deut 18:10-11; 1 Sam 28:3; Jer 27:9-10).

Satan het altyd gesoek om God te onderkruip en hy gebruik leuens aangaande die aanbidding van ander gode en selfs voorvaders, om te probeer om mense weg te lei van die waarheid dat God bestaan. Voorvader-aanbidding is verkeerd, omdat dit indruis teen God se spesifieke waarskuwings oor sulke aanbidding en dit probeer om Jesus Christus te vervang as die Goddelike Middelaar tussen God en die mensdom.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor voorvader-aanbidding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries