settings icon
share icon
Vraag

Wat is die volle wapenrusting van God?

Antwoord


Die frase “volle wapenrusting van God” kom uit Ef 6:13-17: “Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.”

Ef 6:12 dui baie duidelik aan dat die konflik met Satan geestelik van aard is en dus kan geen tasbare wapens effektief teen hom en sy trawante aangewend word nie. Daar word nie vir ons ‘n lys van spesifieke taktieke gegee om teen Satan te gebruik nie. Tog is die gedeelte heeltemal duidelik dat, indien ons al die aanwysings getrou volg, sal ons kan staande bly en oorwinning behaal, ongeag Satan se strategie.

Die eerste element van ons wapenrusting, is waarheid (vers 14). Dit is maklik verstaanbaar, aangesien Satan die “vader van die leuen” (Joh 8:44) is. Versoeking is hoog op God se lys van afsku. ‘n “Tong wat lieg” is een van die dinge wat Hy as afskuwelik beskryf (Spreuke 6:16-17). Ons is dus gemaan om waarheid vir ons eie heiligmaking en bevryding op te neem, sowel as tot voordeel van diegene teenoor wie ons getuig.

Ook in vers 14 word ons aangesê om die borsharnas van die vryspraak aan te sit. ‘n Borsharnas beskerm ‘n soldaat se lewensorgane van aanslae wat andersins fataal sou wees. Hierdie vryspraak of regverdigheid is nie werke wat deur mense gedoen is nie, maar deur die regverdigheid van Christus, deur God bewerkstellig en deur geloof ontvang. Dit bewaak ons harte teen die beskuldigings en skuldlaste van Satan en beskerm ons innerlike wese teen sy aanvalle.

Vers 15 praat van die voorbereiding van die voete vir geestelike konflik. Tydens oorlogvoering plaas die vyand soms gevaarlike struikelblokke in die pad van die aankomende soldate. Die idee van die voorbereiding van die Evangelie van vrede as skoene, wil ons daarop attent maak dat ons nodig sal hê om Satan se grondgebied te nader, om bedag te wees op vangstrikke, met die genadeboodskap wat so belangrik is om siele vir Christus te wen. Satan het baie struikelblokke in die pad geplaas om die verkondiging van die Evangelie in die wiele te ry.

Die skild as geloof keer dat twyfel oor die getrouheid van God en Sy Woord as ondoeltreffend, gesaai word. Ons geloof – waarvan Christus “die Begin en Voleinder” is (Hebr 12:2) – is soos ‘n goue skild, kosbaar, solied en substansieel.

Die helm van verlossing in vers 17 is beskerming vir die kop en beskerm ‘n kritiese deel van die liggaam. Ons kan sê dat ons manier van dink bewaring nodig het. Die kop is waar die verstand geleë is, wat, as die Evangelie van goeie hoop op die ewige lewe daar posgevat het, dit nie valse lering kan ontvang of aan Satan se verleidinge sal toegee nie. Die ongeredde persoon het nie hoop om die aanvalle van valse lering af te weer nie, omdat hy sonder die helm van verlossing is en sy verstand is nie by magte om te onderskei tussen geestelike waarheid en geestelike versoekinge nie.

Vers 17 interpreteer die swaard van die Gees as die Woord van God. Terwyl al die ander stukke van die geestelike wapenrusting van nature verdediging bied, is die swaard van die Gees die enigste offensiewe wapen in die wapenrusting van God. Dit praat van die heiligheid en krag van die Woord van God. ‘n Groter geestelike wapen is nie denkbaar nie. Toe Jesus in die woestyn verlei is, was die Woord van God elke keer Sy oorweldigende antwoord vir Satan. Wat ‘n voorreg en seën dat dieselfde Woord vir ons ook toeganklik is!

In vers 18 word aan ons gesê om in die Gees te bid (dit is met die verstand van Christus, met Sy hart en Sy voorkeure) en daarmee saam moet ons die volle wapenrusting van God aantrek. Ons kan nie gebed afskeep nie, want daardeur ontvang ons geestelike sterkte van God. Sonder gebed, sonder afhanklikheid van God is ons geestelike oorlogvoering leeg en tevergeefs. Die volle wapenrusting van God – waarheid, regverdigheid, die Evangelie, geloof, verlossing, die Woord van God en gebed – dit is die gereedskap wat God ons gegee het om geestelik te oorwin en dus Satan se aanvalle en versoekings te kan oorkom. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die volle wapenrusting van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries