settings icon
share icon
Vraag

Wat is ‘n vleeslike Christen?

Antwoord


Kan ‘n ware Christen vleeslik wees? Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons eers die term “vleeslik” (carnal) bestudeer. Vleeslik is afkomstig van die Griekse woord “sarkikos”, wat letterlik “vleeslik” beteken. Hierdie woord kom voor in die konteks van 1 Kor 3:1-3. Hier praat die apostel Paulus met die lesers as “broeders”, wat hy feitlik altyd gebruik het, indien hy na ander Christene verwys het; hy gaan dan voort om hulle as “vleeslik” te beskryf. Ons kom dus tot die slotsom dat Christene wel vleeslik kan wees. Die Bybel is absoluut duidelik daaroor dat niemand sonder sonde is nie (1 Joh 1:8). Elke keer wanneer ons sondig, tree ons vleeslik op.

Die belangrike ding om te verstaan, is terwyl ‘n Christen vir ‘n tydlank vleeslik kan wees, sal ‘n ware Christen nie lewenslank vleeslik bly nie. Sommige het die betekenis van ‘n “vleeslike Christen” verkrag, deur te sê dat dit vir mense moontlik is om tot geloof in Christus te kom en dan voort te gaan om vir die res van hul lewe heeltemal vleeslik te handel, met geen bewys van wedergebore te wees of ‘n nuwe skepping nie (2 Kor 5:17). So ‘n aanname is totaal onbybels. Jakobus 2 maak dit baie duidelik dat opregte geloof altyd op goeie werke sal uitloop. Ef 2:8-10 verklaar dat aangesien ons uit genade, deur geloof alleenlik gered is, redding tot goeie werke lei. Kan ‘n Christen in ‘n tyd van mislukking en/of rebellie vleeslik voorkom? Ja. Sal ‘n ware Christen vleeslik bly? Nee.

Van ewigheid af is sekerheid ‘n feit in die Skrif, selfs die vleeslike Christen is gered. Verlossing kan nie verlore raak nie, aangesien redding ‘n gawe van God is, wat Hy nie weer sal wegneem nie (Joh 10:28; Rom 8:37-39; 1 Joh 5:13). Selfs in 1 Kor 3:15 is die vleeslike Christen verseker van redding; “as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie en tog sal hy gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.” Die vraag is nie of ‘n persoon wat homself as ‘n Christen voordoen, sy redding verloor, indien hy vleeslik lewe nie, maar of daardie persoon in die eerste plek werklik gered was (1 John 2:19).

Christene wat vleeslik optree, kan verwag dat God hulle liefdevol sal dissiplineer (Heb 12:5-11), sodat hulle weer in ‘n noue vriendskapsband met Hom kan leef en aan Hom gehoorsaamheid bewys. God se begeerte vir ons redding is dat ons steeds nader na die beeld van Christus sal groei (Rom 12:1-2), steeds geestelik sal groei en minder vleeslik sal optree. Hierdie proses staan bekend as heiligmaking. Totdat ons van ons sondige vlees verlos is, sal daar altyd maar vleeslikheid na vore kom. Vir die ware gelowige in Christus is hierdie vleeslike voorvalle die uitsondering en nie die reël nie. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is ‘n vleeslike Christen?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries