settings icon
share icon
Vraag

Hoe beïnvloed die vertalingsproses die inspirasie, foutloosheid en onfeilbaarheid van die Bybel?

Antwoord


Hierdie vraag handel oor 3 baie belangrike kwessies: inspirasie, bewaring en vertaling.

Die doktrine of die inspirasie van die Bybel leer dat die Skrif “deur God geïnspireer” is; dit beteken dat God persoonlik toesighoudend oor die skryfproses gelei het, deurdat Hy die menslike skrywers sodanig gelei het dat Sy algehele boodskap vir ons neergeskryf word. Die Bybel is werklik God se Woord. Gedurende die skryfproses, was die uitdrukking van persoonlikheid en skryfstyl van elke outeur toegelaat; tog het God die skrywers so gelei dat die 66 boeke wat hulle geskryf het, vry was van foute en presies was wat God wou hê vir ons (2 Tim 3:16; 2 Pet 1:21).

Wanneer ons natuurlik praat van “inspirasie,” dan verwys ons slegs na die proses waardeur die oorspronklike dokumente saamgestel was. Daarna neem die doktrine of die bewaring van die Bybel oor. As God na sulke groot hoogtes gereik het om vir ons Sy Woord te gee, sou Hy sekerlik ook stappe geneem het om daardie Woord onveranderd te bewaar. Wat ons in die geskiedenis sien, is dat God presies dit gedoen het.

Die Ou Testamentiese Hebreeuse geskrifte was sorgsaam gekopieer deur Joodse skrywers. Groepe soos die Sopherim, die Zugoth, die Tannaim en die Masoretes het ‘n diep agting vir die teksgedeeltes gehad wat hulle gekopieer het. Hul agting was gekoppel aan streng reëls wat hul werk beheer het: die tipe perkament wat gebruik was, die kolomgrootte, die soort ink en spasiëring van woorde was alles voorgeskryf. Om enigiets vanuit geheue te skryf, was uitdruklik verbode en die lyne, woorde en selfs die individuele letters was sistematies getel as ‘n manier om die akkuratheid dubbeld seker te maak. Die resultaat van alles was dat die geskrewe woorde deur Jesaja se pen huidig nog beskikbaar is. Die ontdekking van die Dooie See perkamente bevestig duidelik die presiesheid van die Hebreeuse teks.

Dieselfde is waar van die Nuwe Testamentiese Griekse teks. Duisende van Griekse tekste, sommige dateer sover terug as byna 117 AD, is beskikbaar. Die effense verskille tussen die tekste – nie een daarvan affekteer enigsins ‘n gedeelte van geloof nie – is maklik versoenbaar. Geleerdes het tot die slotsom geraak dat die Nuwe Testament wat ons nou het, feitlik onveranderd is van die oorspronklike geskrewe teks. Tekstuele vakkundige, Sir Frederic Kenyon, het aangaande die Bybel gesê, “It is practically certain that the true reading of every doubtful passage is preserved……This can be said of no other ancient book in the world.” Dit bring ons by die vertaling van die Bybel. Vertaling is ‘n verklarende (vertolkende) proses, in ‘n sekere mate. Wanneer vertaal word vanuit die een taal na die ander, moet keuses gemaak word. Moet dit die meer presiese woord wees, selfs as die betekenis van daardie woord onduidelik is aan die moderne leser? Of moet dit ‘n ooreenstemmende gedagte wees, ten koste van ‘n meer letterlike lesing van die teks?

Neem Kol 3:12 as voorbeeld, waar sommige vertalings verwys na “bowels of mercies.” Die Griekse woord vir “bowels,” wat letterlik “intestines” (ingewande) beteken, kom van ‘n grondwoord wat “spleen” (milt of swaarmoedigheid) beteken. Ander vertalers het ‘n nie-letterlike bewoording gekies: “heart of compassion” (die “hart” is wat die hedendaagse leser dink as die plek van emosies) of “tenderhearted pity and mercy” of eenvoudig net “medelye.” Die Afrikaanse teks in vers 12 praat van: ”meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam.” Dus is sommige vertalings meer letterlik as ander, maar hulle almal laat reg geskied aan die vers. Die kernbetekenis van die opdrag in Kol 3:12 is om medelydende gevoelens te koester.

Die meeste vertalings in die Bybel word gedoen deur komitees. Dit help om te waarborg dat geen individuele vooroordeel of teologie die besluite van woordkeuse sal affekteer, ensovoorts, nie. Om ‘n goeie eerlike vertaling van die Bybel te hê, is belangrik. ‘n Goeie vertalingspan sal toegewyd wees en sorg dat die Bybel vir homself praat.

As ‘n algemene reël is dit so dat die meer letterlike vertalings minder “interpretasiewerk”vereis. Hoe “vryer” die vertalings, hoe meer is “interpretasie” van die teks nodig, maar is gewoonlik makliker leesbaar. Dan is daar die parafrases wat nie werklik vertalings is nie, maar alles een persoon se oorvertelling van die Bybel.

Dus, met hierdie alles in gedagte, is Bybelvertalings geïnspireerd en foutloos? Die antwoord is nee, dit is nie. Nêrens brei God uit aangaande die belofte van inspirasie ten opsigte van vertalings van Sy Woord nie. Baie van die beskikbare vertalings vandag is puik kwaliteit, alhoewel hulle nie deur God geïnspireer is en dus nie perfek is nie. Beteken dit dat ons nie ‘n vertaling kan vertrou nie? Weer is die antwoord nee. Deur versigtige bestudering van die Skrif, met die Heilige Gees se leiding, kan ons goed verstaan, interpreteer en die Skrif toepas. Weereens, toe te skryf aan die geloofwaardige pogings van toegewyde Christelike vertalers (en natuurlik saam met die Heilige Gees se oorsigtelikheid), is die huidige vertalings puik en betrouenswaardig. Die feit dat ons nie foutloosheid aan ‘n vertaling kan toeskryf nie, moet ons nog meer gemotiveerd voel om die Woord van naderby te bestudeer en weg te bly van blinde verknogtheid aan enige spesifieke vertaling.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe beïnvloed die vertalingsproses die inspirasie, foutloosheid en onfeilbaarheid van die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries