settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is die verstaan van die Bybel so belangrik?

Antwoord


Om die Bybel te verstaan, is belangrik, omdat die Bybel God se Woord is. As ons die Bybel oopmaak, lees ons God se boodskap aan ons. Wat kan belangriker wees as om te verstaan wat die Skepper aan die heelal te sê het?

Ons soek daarna om die Bybel te verstaan om dieselfde rede as wat 'n man daarna soek om 'n liefdesbrief van sy geliefde te verstaan. God is lief vir ons en begeer om ons verhouding met Hom te herstel (Matt 23:37). God kommunikeer Sy liefde aan ons in die Bybel (Joh 3:16; 1 Joh 3:1; 4:10).

Ons soek daarna om die Bybel te verstaan om dieselfde rede as wat 'n soldaat soek om 'n rapport van sy bevelvoerder te verstaan. Om God se gebooie te gehoorsaam, bring eer aan Hom en gee leiding op die lewenspad (Ps 119). Daardie gebooie word in die Bybel gevind (Joh 14:15).

Ons soek om die Bybel te verstaan om dieselfde rede as wat 'n werktuigkundige soek om sy handleiding te verstaan. Dinge loop verkeerd in hierdie wêreld en die Bybel diagnoseer nie net die probleme nie (sonde), maar wys ook die oplossing uit (geloof in Christus). "Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here" (Rom 6:23).

Ons soek daarna om die Bybel te verstaan om dieselfde rede as wat 'n bestuurder soek om die verkeerstekens te verstaan. Die Bybel gee vir ons leiding deur die lewe en wys ons die pad van veiligheid en wysheid aan (Ps 119:11, 105).

Ons soek om die Bybel te verstaan om dieselfde rede as iemand in die pad van 'n storm soek om die weervoorspelling te verstaan. Die Bybel voorspel hoe die eindtye gaan wees, deur 'n duidelike waarskuwing van dreigende oordeel (Matt 24-25) en hoe om dit te vermy (Rom 8:1).

Ons soek om die Bybel te verstaan om dieselfde rede as wat 'n ywerige leser soek om te verstaan wat in sy geliefde skrywer se boeke geskryf is. Die Bybel openbaar aan ons die persoon van God en ook eerbetoon aan God, soos in Sy Seun Jesus Christus, uitgedruk word (Joh 1:1-18). Hoe meer ons die Bybel lees en verstaan, hoe meer intiem ken ons die Skrywer.

Toe Filippus na Gasa gereis het, het die Heilige Gees hom na 'n man gelei, wat besig was om uit die boek Jesaja te lees. Filippus het nader gegaan en gesien wat hy lees. Toe vra hy dié belangrike vraag: "Verstaan u wat u lees?" (Hand 8:30). Filippus het geweet dat "verstaan" die beginpunt vir geloof is. Sonder om te verstaan wat die Bybel sê, kan ons dit nie toepas, gehoorsaam of glo nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is die verstaan van die Bybel so belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries