settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskil tussen die koninkryk van God en die koninkryk van die hemel?

Antwoord


"Wat is die verskil tussen die koninkryk van God en die koninkryk van die hemel?"

Antwoord: Aangesien sommige glo dat die koninkryk van God en die koninkryk van die hemel na verskillende dinge verwys, is dit duidelik dat beide na dieselfde ding verwys. "Koninkryk van God" verskyn 68 keer in 10 verskillende Nuwe Testamentiese boeke, terwyl die "koninkryk van die hemel" slegs 32 keer voorkom en net in die Evangelie van Matteus. Gebaseer op Matteus se eksklusiewe gebruik van die frase en die Joodse aard van sy Evangelie, het sommige interpreteerders tot die slotsom geraak dat Matteus aangaande die duisendjarige koninkryk geskryf het, terwyl die ander Nuwe Testamentiese outeurs na die universele koninkryk verwys. Tog openbaar 'n nadere studie dat hierdie interpretasie verkeerd is.

Byvoorbeeld, waar Christus met die ryk jongman praat, gebruik Hy "koninkryk van die hemel" en "koninkryk van God" as gelykstaande. "Jesus het toe vir Sy dissipels gesê: 'Dit verseker Ek julle: 'n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom'" (Matt 19:23). Net in die volgende vers, sê Christus, "Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom, as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom" (vers 24). Jesus maak geen onderskeid tussen die twee terme nie, maar dit lyk asof Hy dit as sinonieme sien.

Markus en Lukas het die "koninkryk van God" gebruik, waar Matteus die "koninkryk van die hemel" herhalend in parallelle weergawes van dieselfde gelykenis gebruik het (vergelyk Matt 11:11-12 met Lukas 7:28; Matt 13:11 met Markus 4:11 en Lukas 8:10; Matt 13:24 met Markus 4:26; Matt 13:31met Markus 4:30 en Lukas 13:18; Matt 13:33 met Lukas 13:20; Matt 18:3 met Markus 10:14 en Lukas 18:16; en Matt 22:2 met Lukas 13:29. Elke keer waar Matteus die frase "koninkryk van die hemel" gebruik het, het Markus en/of Lukas die "koninkryk van God" gebruik. Dit is duidelik dat hierdie twee frases na dieselfde ding verwys.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskil tussen die koninkryk van God en die koninkryk van die hemel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries