settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskil tussen in ‘n verhouding wees en hofmakery?

Antwoord


Om ‘n verhouding te begin met die teenoorgestelde geslag is daar twee metodes: liefdesverhouding en hofmakery. Daar is nie-Christene wat “date” met die intensie om ‘n reeks intieme fisiese verhoudings te hê, maar vir die Christen is dit nie aanvaarbaar nie en moet dit nooit die rede wees om ‘n liefdesverhouding te hê nie. Baie Christene sien “dating” as ‘n bietjie meer as net vriendskap en behou die vriendskapsaspek totdat beide persone gereed is om saam te stem dat trou die volgende stap sou wees. Die eerste en belangrikste is dat “dating” ‘n tyd is wanneer ‘n Christen uitvind of sy/haar potensiële huweliksmaat ook ‘n gelowige in Christus is. Die Bybel waarsku ons dat gelowiges en ongelowiges nie met mekaar moet trou nie, omdat hulle wat in die lig lewe (van Christus) en hulle wat in duisternis lewe, kan nie in harmonie saam lewe nie (2 Kor 6:14-15). Soos reeds vantevore gesê is, hierdie tyd moet daar min of geen fisiese kontak wees nie, omdat dit iets is wat kan wag tot die troue plaasgevind het (1 Kor 6:18-20).

Gedurende hofmakery het die twee persone geen fisiese kontak nie (geen aanraking, geen handjies vashou, geen soenery nie) tot die troue plaasvind. Baie in so ‘n verhouding sal nie enige tyd saam spandeer, tensy familielede, verkieslik ouers, te alle tye teenwoordig is nie. Buitendien, sulke paartjies besluit vooraf dat hulle bedoelings is om te sien of die ander ‘n pasmaat is vir die huwelik. Advokate in hierdie rigting beweer dat hofmakery twee mense toelaat om regtig mekaar op ‘n platoniese wyse te leer ken, sonder die druk van fisiese intimiteit of emosies wat hul siening belemmer.

Daar is aan beide kante inherente probleme. Vir persone wat tyd saam alleen spandeer met die teenoorgestelde geslag en hom/haar aantreklik vind, kan versoekings moeilik wees om te weerstaan. Die Christen “dating” paartjie moet grense in plek hê en hulself verbind om dit nie te verbreek nie. Indien hulle dit moeilik vind om te doen, moet hulle planne in plek hê om seker te maak dat Christus altyd gedurende hul “saamtye” geëer word en dat sonde nooit kans kry om oorhand te kry in hul verhouding nie.

Die hofmakery het sy eie probleme.Terwyl baie advokate op daardie gebied dit as die enigste keuse sien om ‘n maat te vind, is dit vir ander onderdrukkend en oormatige beheer. Dit is so dat dit moeilik kan wees om die “regte” persoon in die teenwoordigheid van die hele familie te vind. Niemand is dieselfde in ‘n groep, soos hy/sy een-tot-een is nie. As ‘n paartjie nooit alleen is nie, het hulle nooit daardie een-tot-een geleentheid om mekaar te leer ken in emosionele en geestelike intimiteit nie. Sommige situasies het al gelei tot troues wat deur die ouers “gereël” is en loop dan uit op gegriefdheid van een of beide die jongmense.

Dit is belangrik om te onthou dat nie “dating” of hofmakery in die Skrif voorkom nie. Op die einde is die Christelike karakter en geestelike volgroeidheid van die paartjie baie belangriker as die presiese aard van hoe en wanneer hulle tyd saam spandeer. Volgens die Skrif is die resultaat van die proses – waar godvresende Christen mans en vrouens trou en families tot die eer van God grootmaak – by verreweg belangriker as die metode om daardie resultaat te bereik. “Of julle eet of drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” (1 Kor 10:31).

Uiteindelik moet ons versigtig wees en vermy om jou eie persoonlike voorkeure te glo – “dating” of hofmakery – deur te glo dat dit die enigste manier is en neer te sien op ander wat die teenoorgestelde keuse maak. Soos in alle dinge waaroor die Bybel stilbly, moet die eenheid van die liggaam van Christus van die uiterste belang in ons gedagtes wees, ongeag persoonlike keuses wat ander maak.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskil tussen in ‘n verhouding wees en hofmakery?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries