settings icon
share icon
Vraag

Wat moet Christen ouers doen wanneer hulle ‘n verlore seun het?

Antwoord


Daar is sekere beginsels in die storie van die verlore seun (Lukas 15:11-32) wat gelowige ouers kan toepas wanneer kinders anders uitdraai as wat hulle groot gemaak was. Ouers moet wel besef dat sodra hulle kinders volwassenheid bereik het dan is hulle nie meer onder die toesig van die ouer nie.

In die storie van die verlore seun, neem die jonger seun sy erf porsie en vertrek na ‘n ander land waar hy al sy erf geld verkwis. In hierdie geval is hierdie seun nie ‘n wedergebore Christen nie omrede hy doen net wat die self smag om te doen (soos die “wereld” gewoonlik doen). In die geval waar ‘n kind tydens sy grootmaak wel sy / haar geloof in Christus mondelings getuig het, maar dan wanneer hulle die huis verlaat nie in geloof loop en handel nie, dan noem ons so ‘n kind ‘n verlore (prodical) kind. Al die jare wat die ouer sorg, liefde betoon, leiding gee, Christelike leiding ... ens word dan agterwee gelaat, so ‘n kind rebelleer dan ook teen God. Ons moet in gedagte hou dat alle rebelsheid is eerstens teen God en dan teen ander.

Daar moet gelet word dat die vader in die storie nie die seun belet om die huis te verlaat nie. Die vader volg ook nie die kind om hom te beskerm nie. Maar wat die vader wel doen is om vir sy kind te bid en wanneer die kind tot sy sinne kom en terug keer na sy ouer huis dan wag die ouer hom in en verwelkom hy die kind met ope arms.

Wanneer ons seuns en dogters op hulle eis gaan – indien hulle wel die regte ouderdom bereik het – en keuses maak wat hulle benadeel dan moet die ouers terug staan en hulle toelaat om uit die huis te gaan. Die ouer moet nie agterna volg nie, die ouer moet nie inmeng met die gevolg van hierdie verkeerde besluite nie. Die ouer moet by die huis bly en aanhou bid vir die kind en kyk vir tekens van berou en verandering in lewenswyse. Totdat hierdie gebeur moet die ouer geduldig wag. Die ouer moet geensins die rebelsheid goedkeur nie, net so ook nie betrokke raak in enige rebelsheid nie.

Wanneer ‘n kind die ouderdom van volwassenheid bereik is hulle aan God se outoriteit onderwerp asook aan die reels en regulasies van die regering (Romeine 13:1-7). As ouers kan ons, ons verlore kinders ondersteun met liefde asook in gebed en hulle ondersteun wanneer hulle hulself tot God keer. God gebruik somtyds teenstyd (wat op die self begring word) om sodoende wysheid te bring. Ouers kan nie hul kinders red (Christelike redding) nie – net God kan dit doen. Tot en met daardie tyd moet ouers gereeld bid en dit in die hande van God los. Ja, dit is moeilik maar indien ons die Bybel se raad volg sal dit vir die ouer gerustheid bring. Ons kan nie ons kinders veroordeel nie, net God kan. Met hierdie is daar ‘n groot rustigheid “Sal die regter van die hele aarde dan nie reg laat geskied nie?” (Genesis 18:25b)

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat moet Christen ouers doen wanneer hulle ‘n verlore seun het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries