settings icon
share icon
Vraag

Hoe balanseer kleef en skeiding met “eer” jou ouers?

Antwoord


Beide Christenouers en hul getroude kinders kan ‘n probleem hê met die balans tussen die konsep van “klewing en skeiding” en om ouers te eer. Sommige gepaste Bybelgedeeltes sê:

“Daarom sal ‘n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle sal een word” (Gen 2:24).

“Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis” (Ef 6:1).

“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee” (Eks 20:12).

Daar is drie aspekte volgens Gen 2:24:

Verlaat – Dit dui aan dat in ‘n familie daar twee tipes verhoudings bestaan. Die ouer-kindverhouding is die tydelike een en dan sal daar ‘n “skeiding” wees. Die man-vrouverhouding is die permanente een – “Wat God dan saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie” (Matt 19:6). Probleme ontstaan in die familielewe as daardie twee rolle omgeruil word en die ouer-kindverhouding gesien word as die primêre verhouding. Wanneer ‘n volwasse kind dan trou en sy/haar ouer-kindverhouding bly primêr, word die nuutgevormde eenheid bedreig.

Aankleef – die Hebreeuse woord vir “cleave” verwys na: eerstens,intense navolging van iemand anders en tweedens gegom of vaskleef aan iets of iemand. So moet ‘n man agter sy vrou na die troue aanloop (die hofmakery moenie eindig na die troubeloftes nie) en is verkleef aan haar soos “gom.” Hierdie aanklewing dui op die innigheid wat daar behoort te wees tussen die twee eggenotes, nie met enige vorige vriend of met enige ouer nie.

En hulle sal een vlees word – Die huwelik neem twee individue en skep ‘n nuwe enkel eenheid. Daar moet mededeelsaamheid en eenheid wees in elke aspek (fisies, emosioneel, intellektueel, finansieel, sosiaal), sodat die uitendelike eenheid die beste beskryf kan word as “een vlees.” Weereens, waar daar groter deelname en emosionele ondersteuning is, gekry vanuit die voortdurende ouer-kindverhouding, eerder as vanaf die man-vrouverhouding, is die eenheid binne die huwelik bedreig en loop dit uit op ‘n onbybelse wanbalans.

Met hierdie drie aspekte van Gen 2:24 in gedagte, is daar ook die skriftuurlike vermanings om ouers te gehoorsaam. Dit sluit in om hulle met respek te behandel (Spreuke 30:11,17), om hulle te gehoorsaam as hul opdragte in lyn met God se wette is (“dit is wat die wet van God vereis” Ef 6:1) en om na hulle om te sien as hulle begin ouer raak (Mark 7:10-12; 1 Tim 5:4-8).

Wanneer die bemoeienis van ‘n ouer die “skeiding” strem, omdat dit die ouer-kindverhouding as primêr behandel (gehoorsaamheid beveel, afhanklikheid of emosionele eenheid oor die wense van, afhanklikheid teenoor of eenheid met die eggenoot), moet dit met respek verwerp word en die eggenoot se wense geëer word. Wanneer daar egter opregte behoeftes van ‘n ouerwordende ouer is (fisies of emosioneel, indien egter die emosionele “behoefte” nie die “skeidingsbeginsel oorskry nie) moet dit nagekom word, selfs as die een eggenoot nie van die skoonouer hou nie. Bybelse liefde teenoor so ‘n ouerwordende ouer is gebaseer op die keuse wat daarop dui, om die liefdevolle ding te doen, selfs al voel jy nie om dit te doen nie.

Die balans tussen die Skrif se mandate van “skeiding” en “aankleef” is soortgelyk aan die opdrag om die owerheid te gehoorsaam (Rom 13) en die apostels se verbreking van daardie beginsel, toe die owerheid beveel dat hulle nie volgens God se opdragte handel nie. In Hand 4:5-20 verwerp die apostels die Joodse owerhede se opdrag om op te hou om die evangelie te verkondig ten gunste van God se opdrag, maar die apostels het dit op ‘n respekvolle manier gedoen. Soortgelyk hieraan sê Jesus dat ons ons ouers moet eer, maar die ouer-kindverhouding is sekondêr ten opsigte van ons verhouding met Christus (Luk 14:26). Wanneer ouers die beginsels in Gen 2:24 verbreek, moet hulle respekvol gehoorsaam word. Tog moet ‘n eggenoot se wense oor die hoof gesien word as hy/sy onwillig is om die tyd, energie en finansies te bestee om die ouerwordende ouer se behoeftes aan te spreek; dit moet ook in gedagte gehou word dat ‘n mens ware fisiese en emosionele behoeftes moet onderskei van die bevele van ‘n oorheersende ouer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe balanseer kleef en skeiding met “eer” jou ouers?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries