settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om te verlaat en aan te kleef?

Antwoord


“Daarom sal ‘n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle sal een word” (Gen 2:24). Ander vertalings sit “verlaat en aankleef” oor as “verlaat en “word een” en verlaat en “hou vas”. Dus, wat presies beteken dit ?

Soos geskryf is in Gen 2, het God eerste vir Adam geskep en daarna vir Eva. God self het vir Eva na Adam toe gebring. God het self bepaal dat hulle saamgevoeg sal word in die heilige eg. Hy het gesê dat die twee van hulle een vlees sal word. Dit is die beeld van huweliks-intimiteit - die daad van liefde wat nooit enigiemand anders insluit nie. Om te “kleef” beteken “om aan te hang, vashou aan of verbind met.” Dit beteken dat ons nie tou opgooi as dinge nie reg verloop nie. Dit sluit in om dinge uit te praat, te bid oor dinge, om geduldig te wees en God te vertrou om in jul albei se harte te werk, om gewillig te wees om te erken wanneer jy verkeerd was en vergifnis te vra en om gereeld in God se Woord raad te soek.

Indien een van die eggenote misluk om te verlaat en te kleef, sal daar in ‘n huwelik probleme ontstaan. Indien eggenote weier om werklik hul ouers te verlaat, sal konflik en spanning na vore kom. Om jou ouers te verlaat, beteken nie om hulle te ignoreer of om nie tyd met hulle te spandeer nie. Dit beteken net dat jou huwelik ‘n nuwe familie geskep het en dat hierdie nuwe familie hoër prioriteit dra as jou vorige familie. Indien eggenote nalaat om mekaar aan te kleef, is die gevolg ‘n tekort aan intimiteit en eenheid. Om jou eggenoot aan te kleef, beteken nie om elke oomblik met hom/haar te wees nie of om nie betekenisvolle vriendkappe buite jou huwelik te hê nie. Om aan te kleef beteken om te erken dat julle aan mekaar behoort, hoofsaaklik “gegom” aan mekaar. Om aan te kleef, is die sleutel om ‘n huwelik te bou wat sal uithou tydens moeilike tye en die mooi verhouding sal wees wat God beplan het dit moet wees.

Die “verlaat en aankleef” in die huweliksband is ook ‘n beeld van die eenheid wat God wil hê met ons. “Jy moet getrou bly aan die Here jou God en Hom eer, jy moet Sy gebooie gehoorsaam en na Sy bevele luister, jy moet Hom dien en aanhang” (Deut 13:4). Dit beteken dat ons alle ander gode moet nalaat, wat hul ookal mag vra en Hom alleen as ons God aanhang. Ons kleef aan Hom wanneer ons Sy Woord lees en ons ondergeskik stel aan Sy gesag oor ons. Dan, wanneer ons Hom intiem volg, sal ons vind dat Sy opdrag om vader en moeder te verlaat en sodoende ons eggenoot aan te kleef, sal ons verbondenheid en sekuriteit ontdek, netsoos Hy dit beplan het. God is ernstig oor Sy ontwerp vir die huwelik. Om te verlaat en aan te kleef is God se plan vir getroudes. Wanneer ons God se plan volg, sal ons nooit teleurgesteld wees nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om te verlaat en aan te kleef?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries