settings icon
share icon
Vraag

Is dit moontlik om jou siel aan die duiwel te verkoop?

Antwoord


In die grillige verhaal van Dr Faustus doen 'n man sake met die duiwel: in ruil vir sy liggaam en siel, ontvang hy bonatuurlike krag en plesier vir 24 jaar lank. Die duiwel stem in vir die transaksie en dr Faustus geniet die sondige plesiere vir 'n seisoen, maar sy ondergang is gewaarborg. Teen die einde van 24 jaar, probeer Faustus die duiwel se planne dwarsboom, maar hy begroet 'n angsvolle ontslag, ongeag. Hierdie legende werk goed as moraliteitsverhaal en as 'n metafoor vir die straf van sonde, maar die besonderhede is nie Bybels nie.

Die Bybel het geen weergawe van iemand wat "sy siel verkoop" aan Satan nie en nooit impliseer dit dat 'n bedinging met die duiwel moontlik is nie. Hier volg 'n paar waarhede wat die Skrif oor Satan openbaar:

Satan het genoeg mag om selfs die engele teen te staan (Judas:9; Dan 10:12-13).

Satan is daarop uit om te mislei deur homself te vermom as 'n engel van die lig (2 Kor 11:14-15).

God het 'n manier voorsien hoe ons onsself teen Satan se aanslae kan verdedig (Ef 6:11-12).

Satan se mag is beperk deur God se wil (Job 1:10-12; 1 Kor 10:13).

As die "god van hierdie wêreld," het Satan beheer oor hulle wat sonder Christus in die wêreld lewe (2 Kor 4:4).

Daar is sekerlik diegene wat lei onder direkte sataniese beheer, soos die jong medium van Filippi (Hand 16:16-19). Daar is ook hulle wat hulself gewy het aan die duiwel se werk, soos die towenaars, Simon (Hand 8:9-11) en Elimas (Hand 13:8). Tog is dit so dat in elk van hierdie drie voorbeelde, die God se krag geseëvier het oor Satan se slawerny. Simon is feitelik 'n kans gegun om te bely (Hand 8:22). Dis duidelik dat daar geen onherroeplike "verkoop" van Simon se siel plaasgevind het nie.

Sonder Christus is ons almal onder die vloek van die dood (Rom 3:23). Voordat ons gered is, was almal gevangenisse van die duiwel, soos 1 Joh 5:19 uitspel dat "die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is." Loof die Here, ons het 'n nuwe Meester, Een wat die kettings van enige sonde kan breek en ons kan vrylaat (1 Kor 6:6-11; Mark 5:1-15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit moontlik om jou siel aan die duiwel te verkoop?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries